SuperSport Schools Plus

Boland Landbou – 2000

By Hannes Nienaber , in Results Rugby | News , at 2015-05-15 Tags:

Results 

Boland Landbou 40,  Bellville HS 0
Boland Landbou 73,  Duineveld 7

Players: Stefan Basson, Bennie Booysen, 

 

 

 

Die Boland Hoër Landbouskool se o.19-A rugbyspan het Saterdag op sy tuisveld amok gemaak in ‘n wedstryd teen Duineveld (Upington) en 11 drieë ingeryg vir ‘n weghol-sege van 73-7.

Die span van die Agter-Paarl het sake voorlangs geheel en al oorheers en deur middel van uitstekende tweedefase-spel die besoekers deurentyd op die agtervoet gehou. As gevolg van hierdie aanhoudende druk en met behulp van pragtige, konstruktiewe spel was Duineveld net nie in staat om al die gate toe te stop nie.

Stefan Basson, skrumskakel, het 23 van sy span se punte aangeteken deur middel van ‘n drie en 9 doelskoppe. Bennie Booysen (flank) was verantwoordelik vir 3 van sy span se 11 drieë. Die ander driedrukkers was Brown (vleuel), Esterhuyse (haker), Visser (senter), Hugo (stut), Volgraaff (heelagter) en Van der Speck (flank, 2).

Op Boland Landbouskool se Sentrasure Rugbydag verlede Dinsdag was die Paarliete in die hoofwedstryd ook gans te sterk vir Bellville Hoër. Die gasheerskool het met 40-0 geseëvier.

 

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.