SuperSport Schools Plus

Boland Landbou – 1999

By Hannes Nienaber , in Results Rugby | News , at 2015-05-15

Results 

Boland Landbou 36,  HLNK Jan Kempdorp 0
Boland Landbou 23,  Diocesan College 5
Boland Landbou 12,  Paarl Boys’ High 24
Boland Landbou 13,  Paarl Gimnasium 6

Players: 

 

 

Boland Landbouskool (3) 36, Noord-Kaap Landbouskool 0: Nadat geeneen van die spanne aan die begin op dreef kon kom nie, het Boland Landbou in die tweede helfte geleidelik in alle afdelings ‘n wurggreep gekry. Die gevolg was dat die Paarliete vyf keer die doellyn van die Jan Kempdorp span oorgesteek het.

Die tuisspan se driedrukkers was Coetzee (agsteman, 2), Engelke (senter), Kemp (slot) en Bodenstein (losskakel).Vier keer was Basson (skrumskakel) in die kol met die doelskoppe terwyl hy ook ‘n strafdoel behaal het.

 

Boland Landbou (6) 13, Paarl Gim (6) 6: In ‘n wedstryd waarin die spanne die bal lekker rondgegooi het en die manne mekaar goed opgekeil het, het Boland Landbou ‘n verdiende sege oor Paarl Gim behaal. Terwyl die Gimmies egter nie hul kanse benut het nie, het die landbouers in die tweede helfte die meeste aanvalswerk gedoen en in die proses ook die enigste drie in die wedstryd gedruk.

Wessels (senter) se drie is gedoel deur Basson (skrumskakel) wat net soos Geldenhuys (heelagter) ook met ‘n strafskop suksesvol was. Vir Gimnasium het Pottas (losskakel) twee strafdoele behaal.

 

HJS Paarl (6) 24, Boland Landbou (0) 12: In ‘n betreklike gelykop wedstryd wat uitstekende spel gelewer het, het die dringendheid van HJSP se voorspelers en die tuisspan se vermoë om makliker die voordeellyn oor te steek, HJSP in staat gestel om Boland Landbou te klop.

Daarby het die bal telkens net reggespring vir HJSP en dit het meegebring dat die tuisspan die meeste aanvalswerk kon doen.

Vir die wenspan is drieë gedruk deur Vlok (vleuel) en Kotzé (losskakel) wat ook met ‘n doelskop sowel as vier strafskoppe in die kol was. Vir Boland Landbou is drieë gedruk deur Coetzee (flank) en Engelke (senter) terwyl Basson (skrumskakel) met een doelskop geslaag het.

 

 

Boland Landbouskool (13) 23, Biskoppe (0) 5: Die stewige voorsprong wat Boland in die eerste helfte opgebou het toe Biskoppe in hul eie halfgebied vasgepen is, het die grondslag gelê vir die Paarliete se oortuigende sege. Dit was veral in die losspel dat die tuisspan vir Biskoppe ‘n les of twee geleer het.

Kemp (slot) en Brown (vleuel) het drieë vir die wenspan gedruk. Albei is deur Basson (skrumskakel) verdoel. Hy het ook met drie strafskoppe geslaag. Chambers (vleuel) het vir Biskoppe ‘n drie gedruk.

 

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.