SuperSport Schools Plus

Boland bo-baas teen Griekwa-platteland

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2017-07-19

NewsGNakkieDuvenhageBoland het ‘n sege van 32-21 oor Griekwa-platteland op die derde dag van die Coca-Cola Cravenweek vir hoërskole op St Stithians College se Baytopp-veld in Johannesburg behaal. 

Die Wynboere het teen rustyd ‘n gerieflike voorsprong van 27-7 opgebou. Die plattelanders vanuit die Noord-Kaap het egter veggees getoon en in die tweede helfte teruggeveg. 

Die verloorspan se vleuel Sebastiaan Jobb was in sy rooi broek en kouse as gevolg van sy status as Coca-Cola se Held van die Dag na sy vertoning op die eerste dag in die Goudstad weer een van sy span se staatmakers.

Hy was veral op die dekverdediging vir sy span goud werd. Die leerling van Duineveld het ook op die aanval opgeduik asof hy losskakel, vleuel, senter en heelagter gespeel het.

Die span se agtsteman, Nakkie Duvenhage, het twee keer die doellyn oorgesteek. Boland se sterspeler was sy losskakel, Shaun Baxter. Boland se vleuel, Rene Lucas, is vir sy goeie spel ook met twee drieë beloon.  

Puntemakers

Boland 32 (27) – Drieë: Rune Lucas (2), PJ Boltman, Johan Geldenhuys, Lloyd April. Doelskoppe: Clint Buys (2). Strafdoel: Buys. Griekwa-platteland 21 (7) – Drieë: Nakkie Duvenhage (2), Sebastiaan Jobb. Doelskoppe: Iwan Lombard (3).

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.