SuperSport Schools Plus

Blou Bulle se voorlopige spanne vir SARU se nasionale weke

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2019-05-28 Tags: , ,

BlouBulleDie Blou Bulle se keurders sal na Dinsdag se proefwedstryde teen die Goue Leeus ‘n goeie idee hê oor hoe hulle span vir die Cravenweek later vanjaar in Bloemfontein sal lyk. Die wedstryde teen die Leeus vind op Monument in Krugersdorp se velde plaas. 

Slegs twee spelers, Jurich Claassens (skrumskakel) en Nsuku Baloyi (vleuel), wat verlede jaar vir die Ligbloues se uitsoekspan op die toernooi in aksie was het vanjaar weer die span gehaal. Claassens het verlede ook die Suid-Afrikaanse Skole-span verteenwoordig. 

Daar is wel sewe spelers wat verlede jaar tydens die toernooi vir die Blou Bulle XV-tal uitgedraf het, wat vanjaar ‘n verhoging tot ‘n plek in die uitsoekspan gekry het. Hulle is Dieter Crafford (heelagter), Geraldo Flusk (vleuel), Divan Roelofse (skrumskakel), Enrique Courtriers (haker), Simon Miller (slot/flank), Adolph Visser (losvoorspeler) en Nolan Pienaar (stut). 

Visser draf Dinsdag as agtsteman uit en Miller skuif na die kant van die skrum na die Garsfontein se Jarryd Scheepers hom weens ‘n skouerbesering aan die wedstryd moes onttrek. Die Ligbloues sal na dié wedstryd teen die Leeus slegs nog op die jaarlikse Noordvaal Bondedag by die Hoërskool Bekker buite Magaliesburg voor die Cravenweek in aksie wees. 

Die Ligbloues spog met ‘n sterk senterpaar in AJ Johnson en Zeilinga Strydom van Garsfontein. Strydom het verlede jaar vir die Valke aan die Cravenweek in die Paarl deelgeneem. Strydom beman vir sy skoolspan die laaste vesting, maar is ewe gemaklik in die middelveld. 

Die spanne is: 

Cravenweek: 15 Dieter Crafford (Affies), 14 Nsuku Baloyi (Menlopark), 13 Zeilinga Strydom (Garsfontein), 12 AJ Johnson (Garsfontein), 11 Geraldo Flusk (Garsfontein), 10 Justin Cross (Pretoria Boys’ High), 9 Jurich Claassens/Divan Roelofse (Garsfontein/Waterkloof), 8 Jarryd Scheepers (Garsfontein), 7 Adolf Visser (Affies), 6 Trevor Shihlane (CR Swart), 5 Simon Muller (St Alban’s College), 4 Gyu-Flori Kibongo (CR Swart), 3 Gerhard van der Merwe (Garsfontein), 2 Jacques-Lois du Toit (Affies), 1 Dimo Lebelo (Waterkloof). Plaasvervangers: 16 Enrique Courtriers (Menlopark), 17 Nolan Pienaar (Menlopark), 18 Sbewu Fipaza (St Alban’s College), 19 Reinhard Roets (Garsfontein), 20 Kabelo Mushimane (CR Swart), 21 Lincoln Adams (Menlopark), 22 Manyehuiso (Pretoria Boys’ High), 23 Roland Visagie (Oos-Moot). 

Cravenweek XV: 15 Keanon Damons (Overkruin), 14 Malcolm Langa (Waterkloof), 13 Carlton Bannies (Garsfontein), 12 Theunis Pretorius (Waterkloof), 11 N Flepu (St Alban’s College), 10 Wikus Basson (Garsfontein), 9 Rowan Cloete (Garsfontein), 8 Willie Potgieter (Affies), 7 Lohan Potgieter (Menlopark), 6 Jacobus Rashelo (CR Swart), 5 Reinhardt Ludwig (Affies), 4 Christiaan Campher (Affies), 3 Werner Kruger (Affies), 2 Manie Potgieter (Garsfontein), 1 Isaac Khelo (St Alban’s College). Plaasvervangers: 16 Tiaan Lange (Menlopark), 17 Omphile Makhafola (Pretoria Boys’ High), 18 Reinhardt Nel (Pretoria Boys’ High), 19 Renaldo Lawrence (CR Swart), 20 MJ Janse van Rensburg (Affies), 21 Chad-Lee Valentino (Garsfontein), 22 H Mashebane (Pretoria Boys’ High), 23 Uvion van der Colf (Pretoria-Noord). 

Akademie-week: 15 Thabang May (St Alban’s College) 14 BT Bere (CR Swart), 13 Niel Beukes (Menlopark), 12 Ruan Oosthuizen (Menlopark), 11 B Manyehiso (Pretoria Boys’ High), 10 Jooste Nel (Montana), 9 J Zeeland (Overkruin), 8 Jurgen van Zyl/Armand Fleidl (Menlopark/Waterkloof), 7 Erik Knoetze (Menlopark), 6 Bradley Buys/Knowledge Chaira (Eldoraigne/CR Swart), 5 Theo Daly (Menlopark), 4 S Konka (Pretoria Boys’ High), 3 Gerhard Viljoen (Menlopark), 2 AC Arinzo (CR Swart), 1 Wandile Manadonka (Pretoria Boys’ High). Plaasvervangers: 16 Kwagga van der Nest (Garsfontein), 17 J Jones (Pretoria Boys’ High), 18 Franco Groenewald (Waterkloof), 19 Tino Kwana (St Alban’s College), 20 Luanda Mpufo (CR Swart), 21 J Masaba (HTS John Vorster), 22 JD Makena (CR Swart), 23 Ruan de Lange (Menlopark). 

Akademie-week XV: 15 Tendo Hendriks (Die Wilgers), 14 Lesego Thukwane (Pretoria THS), 13 Garreth Fitzgerald (Die Wilgers), 12 Ryan Altenroxel (Southdowns College), 11 Bongani Ndlovu (FH Odendaal), 10 George van der Merwe (Maragon Mooikloof), 9 Wihan Strauss (Die Wilgers), 8 Malique Benette (Lyttleton Manor), 7 Charles Luhanga (Curro Hazeldean), 6 Xander Nel (Akasia), 5 Christopher Kachungunu (Hendrik Verwoerd), 4 Ruan Venter (Sutherland), 3 Mike Chawasarira (Erasmus), 2 Buyiswa Mdluli (Lyttleton Manor), 1 Heindro Eloff (Hendrik Verwoerd). Plaasvervangers: 16 Henrico Erasmus (Die Wilgers), 17 Matseka Monakisi (Southdowns College), 18 Kelvin van Deventer (Eduplex), 19 George Neuhoff (Erasmus), 20 Wilson Ganyane (Voortrekkerhoogte), 21 Ruben Behrens (Curro Roodeplaat), 22 James-Matthew Smith (Curro Hazeldean), 23 Samuel Musungale (Southdowns College). 

Grant Khomo: 15 Tshilli Netshiombo (CHC), 14 Keanu Pieters (Affies), 13 Raynier Overweg (Menlopark), 12 Dillon Oppely (Garsfontein), 11 Junior Masilela (Affies), 10 Shaun Calitz (Menlopark), 9 Leighton Horn (Affies), 8 Jorim Bangue (Pretoria Boys’ High), 7 Damian Oosthuizen (Affies), 6 Thabang Mphela (Pretoria Boys’ High), 5 Francois Oosthuizen (Menlopark), 4 Mthomboyolo Buzani (Sutherland), 3 Kevin Locke (Menlopark), 2 Marno Grobbelaar (Waterkloof), 1 Thansville Mayman (Garsfontein). Plaasvervangers: 16 Nick Moketsi (Affies), 17 Bernie Bezuidenhout (Menlopark), 18 Shilo Maposa (Pretoria Boys’ High), 19 Justin Fourie (Menlopark), 20 Reinhardt Pretorius (Garsfontein), 21 Adam Makhari (Sutherland), 22 Kerneels Coetzer (Garsfontein), 23 Mfana Shabangu (Pretoria Boys’ High).

[powr-comments id=”7d6fd8ed_1559033335733″]

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.