SuperSport Schools Plus

Bloemfontein maak reg vir sewes-aksie die naweek by Sentraal

By Willem Louw , in Rugby | News , at 2023-09-01

Die Hoërskool Sentraal bied Saterdag ‘n o.17 sewestoernooi vir skole uit die sentrale streek aan in Bloemfontein.

Volg die o.17 Frogfoot Sewes wedstryde regstreeks op SuperSport Schools – Registreer nou

Altesaam 16 spanne sal meeding in die Rosestad vir die spogregte meeding.

Dit belowe ‘n dag vol opwindende plattelandse rugby met spanne soos HTS Louis Botha wat spesialiseer in die vinniger formaat van die spel.

Die Bloemfonteinse spanne is die voorste aanspraakmakers op die titel indien mens hul 15-man rugby prestasies hierdie seisoen as ‘n indikasie vat, maar almal weet dat enige iets in die 14 minute van ‘n seweswedstryd kan gebeur, en die plattelandse spanne se gevaar lê gereeld by hul haastige manne in die agterlyn.

Jim Fouché en Fichardtpark is hierdie jaar die pasaangeërs in Bloemfontein (benewens Grey-kollege). Albei die spanne maak egter nog heel jaar staat op die groot manne in hul voorry om vir hulle op die voorvoet te kry, so dit sal interesant wees om te sien hoe hulle aanpas vir die sewes-spel.

Duineveld is ook ‘n buiteperd in die toernooi. Die skool van Upington het twee spanne wat deelneem die naweek. Kimberley Boys’ High het ook twee verteenwoordigers die naweek.

Die spanne wat deelneem:

Sentraal, Fichardtpark, Jim Fouché, HTS Louis Botha, Duineveld, Bultfontein, Aliwal Noord, Hangklip, Sand du Plessis, Zastron, Heatherdale, Kimberley Boys’ High, Hodisa, Burgersdorp, Duineveld II, Kimberley Boys’ High II.

Die bepalings:

A-veld: 08:30 – Sentraal t. Kimberley Boys’ High II; 08:50 – Duineveld t. Hodisa; 09:30 – Fichardtpark t. Burgersdorp; 09:50 – Jim Fouché t. Kimberley Boys’ High; 10:10 – Sentraal t. Bultfontein; 10:30 – Duineveld t. Aliwal Noord; 10:50 – Fichardtpark t. Duineveld II; 11:10 – Jim Fouché t. Hangklip; 11:50 – Sentraal t. HTS Louis Botha; 12:10 – Duineveld t. Sand du Plessis; 12:30 – Fichardtpark t. Zastron; 12:50 – Jim Fouché t. Heatherdale.

B-veld: 08:30 – Bultfontein t. HTS Louis Botha; 08:50 – Aliwal Noord t. Sand du Plessis; 09:30 – Duineveld II t. Zastron; 09:50 – Hangklip t. Heatherdale; 10:10 – HTS Louis Botha t. Kimberley Boys’ High II; 10:30 – Sand du Plessis t. Hodisa; 10:50 – Zastron t. Burgersdorp; 11:10 – Heatherdale t. Kimberley Boys’ High; 11:50 – Bultfontein t. Kimberley Boys’ High II; 12:10 – Aliwal Noord t. Hodisa; 12:30 – Duineveld II t. Burgersdorp; 12:50 – Hangklip t. Kimberley Boys’ High.

Willem Louw
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.