SuperSport Schools Plus

Bloem aan die gons met Sentraal Standard Bank-toernooi

By Willem Louw , in Rugby | Featured Rugby | News , at 2024-05-01 Tags: , , , , , ,

 

FOTO: Kulu Ferreira

Die Sentraal Standard Bank-toernooi skop Donderdag af en beloof om vir Bloemfontein te bederf met twee dae van opwindende skolerugby.

Beleef al die aksie regstreeks op SuperSport Schools – Registreer nou Skakel na die toernooi

Die eerste groot kragmeting gaan bepaal watter Leeus die hardste brul wanneer Fichardtpark vir Hoërskool Kalahari pak.

Die Kalahari-Leeus, uit Kuruman, sê die Fichie-Leeus Donderdagmiddag die stryd aan, voordat hulle Saterdag in die hoofwedstryd teen die gasheerskool, Hoërskool Sentraal, te staan kom. Sentraal sal ook Donderdagaand in aksie wees wanneer hulle en Duineveld sake uitspook.

Saterdag speel Goudveld ook teen Duineveld, terwyl Jim Fouché kragte meet met Hentie Cilliers in die voorlaaste wedstryd.

Met 21 wedstryde oor die twee dae behoort daar geen tekort aan rugby-aksie in die Rosestad te wees nie.

Al die bepalings: 

Donderdag, 2 Mei:

Sentraal A-veld: 09:00 – Sentraal o. 14 A t. Hoërskool Upington o. 14 A; 10:00 – Sentraal o. 15 A t. Duineveld o. 15 A; 11:00 – Sentraal o. 16 A t. Hoërskool Upington o. 16 A; 12:10 – Kalahari o. 14 A t. Grey-kollege o. 14 C; 14:10 – Fichardtpark o. 15 A t. Hoërskool Upington o. 15 A; 15:10 – Fichardtpark o. 16 A t. Kalahari o. 16 A; 16:20 – Fichardtpark 1ste XV t. Kalahari 1ste XV; 18:40 – Sentraal 1ste XV t. Duineveld 1ste XV.

Sentraal B-veld: 14:10 – Fichardtpark o. 14 A t. Duineveld o.14 A.

Saterdag, 4 Mei:

Sentraal A-veld: 08:00 – Sentraal o. 15 A t. Hoërskool Upington o. 15 A; 09:00 – Jim Fouché o. 16 A t. Hentie Cilliers o. 16 A; 10:10 – Sentraal o. 16 A t. Duineveld o. 16 A; 11:20 – Goudveld 1ste XV t. Duineveld 1ste XV; 12:40 – Jim Fouché 1ste XV t. Hentie Cilliers 1ste XV; 14:00 – Sentraal 1ste XV t. Kalahari 1ste XV.

Sentraal B-veld: 08:00 – Goudveld o. 14 A t. Hoërkool Upington o. 14 A; 09:00 – Sentraal o. 14 A t. Duineveld o. 14 A; 10:00 – Jim Fouché o. 14 A t. Kalahari o. 14 A; 11:00 – Goudveld o. 15 A t. Duineveld o. 15 A; 12:00 – Goudveld o. 16 A t. Hoërskool Upington o. 16 A; 13:10 – Jim Fouché o. 15 A t. Hentie Cilliers o. 15 A.

 

Willem Louw
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.