SuperSport Schools Plus

Bishops meeste verteenwoordigers in Curriebekereindstryd van 2015

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2015-10-23

News BishopsDie skool waar alles vir Suid-Afrikaanse rugby begin het, Diocesan College in Kaapstad, oftewel Bishops het vanjaar die meeste verteenwoordigers in die eindstryd van die Curriebeker-reeks. Vier oud-leerlinge van dié skool – Dillyn Leyds, Johnny Kotze, Nizaam Carr en Oli Kebble sal vir Westelike Provinsie in die eindstryd in aksie wees.

Die Streeptruie kom teen die onoorwonne Goue Leeus in die eindstryd van die oudste provinsiale reeks op Ellispark in Johannesburg te staan. Monument van Krugersdorp spog met die tweede meeste verteenwoordigers in die wedstryd. Die twee voorrymanne Julian Redelinghuys en Ruan Dreyer is saam met die losskakel, Jako van der Walt, oud-leerlinge van Monnas.

Suid-Afrika se grootste rugbyfabriek, Grey-kollege van Bloemfontein, se invloed in die land se rugby word onderstreep deur die feit dat vir die eerste keer sedert 2002 se eindstryd tussen die Blou Bulle en die Goue Leeus op Ellispark sal daar nie ‘n oudleerling van dié skool in aksie wees nie. Die Ligbloues het destyds dié eindstryd met 31-7 gewen waarin ‘n 19-jarige Derick Hougaard die rekord vir die meeste punte in ‘n eindstryd van die kompetisie met 26 punte verbeter het.

Daar is wel vyf spelers van Grey-kollege in more se halfeindstryde van die Wêreldbeker-toernooi op Twickenam in aksie. Hulle is die broers Bismarck en Jannie du Plessis, Adriaan Strauss, Ruan Pienaar en Jan Serfontein. In 2002 se eindstryd was daar wel ‘n oud-leerling van Grey, wyle Steve Strydom, as televisie-skeidsregter betrokke.

Die Streeptruie se Jurie van Vuuren wat sy skoolloopbaan aan Oakdale Landbou net buite Riversdal voltooi het, was wel ‘n leerder aan Grey-kollege primêr.

Die Leeus se kaptein en flank, Jaco Kriel, het aan die Hoërskool Standerton gematrikuleer. Hy en die span se senter Howard Mnisi het in dieselfde skoolspan uitgedraf. Verskeie skole het twee oud-leerlinge wat more in die eindstryd in aksie sal wees. Die ander skole is die HTS Middelburg (Andries Coetzee en Kwagga Smith), Rondebosch Boys’ High (Chris van Zyl en Nic Groom), Brackenfell (Courtnall Skosan en Cheslin Kolbe), Grey PE (Kurt Coleman en Michael Willemse) en HTS Drostdy (Sampie Mastriet en Wilco Louw).

Die spanne is:

Goue Leeus: 15 Andries Coetzee (HTS Middelburg), 14 Courtnall Skosan (Brackenfell), 13 Rohan Janse van Rensburg (Waterkloof), 12 Howard Mnisi (Standerton), 11 Anthony Volmink (Bredasdorp), 10 Marnitz Boshoff (Nelspruit), 9 Ross Cronjé (Michaelhouse), 8 Warren Whiteley (Glenwood), 7 Kwagga Smith (HTS Middelburg), 6 Jaco Kriel (Standerton – captain), 5 Franco Mostert (Brits), 4 Lourens Erasmus (Garsfontein), 3 Julian Redelinghuys (Monument), 2 Robbie Coetzee (Eldoraigne), 1 Jacques van Rooyen (Pretoria-Noord). Plaasvervangers: 16 Malcolm Marx (King Edward VII), 17 Ruan Dreyer (Monument), 18 Fabian Booysen (Florida), 19 Stephan de Witt (Transvalia), 20 Jako van der Walt (Monument), 21 Stokkies Hanekom (Paarl Gimnasium), 22 Sampie Mastriet (HTS Drostdy).

Westelike Provinsie: 15 Cheslin Kolbe (Brackenfell), 14 Dillyn Leyds (Diocesan College), 13 Johnny Kotze (Diocesan College), 12 Juan de Jongh (Hugenote, Wellington – captain), 11 Seabelo Senatla (Riebeeckstad), 10 Robert du Preez (Kearsney College), 9 Nic Groom (Rondebosch Boys’ High), 8 Nizaam Carr (Diocesan College), 7 Sikhumbuzo Notshe (Wynberg Boys’ High), 6 Rynhardt Elstadt (Montagu), 5 Ruan Botha (Jeugland), 4 Jean Kleyn (Linden), 3 Wilco Louw (HTS Drostdy), 2 Bongi Mbonambi (St. Alban’s College), 1 Steven Kitshoff (Paul Roos Gimnasium). Plaasvervangers: 16 Michael Willemse (Grey PE), 17 Oli Kebble (Diocesan College), 18 Chris van Zyl (Rondebosch Boys’ High), 19 Jurie van Vuuren (Oakdale Landbou), 20 Jano Vermaak (HTS Vereeniging), 21 Kurt Coleman (Grey PE), 22 Huw Jones (Millfield).

 

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.