SuperSport Schools Plus

Beste sewesspanne in die Noordvaal pak mekaar Vrydag op Monnas

By Willem Louw , in Rugby | News , at 2023-09-22

FOTO: Frans Lombard/Actionpix

Die Frogfoot Noordvaal sewestoernooi skop Vrydag op die Ras van Rooyen veld by Hoërskool Monument af waar die beste sewesspanne in die streek gaan meeding vir die titel.

Volg al die aksie regstreeks op SuperSport Schools – Registreer nou Skakel na die toernooi

Monument kon verlede jaar albei titels terugneem in die o.15 en o.17 toernooie nadat EG Jansen in 2021 met die louere kon wegstap.

Verlede naweek was dit egter Noordheuwel wat die pas gestel het by die Monument-been van die Darryl Weir sewesreeks. Die Nories kon in die eindstryd teen Helpmekaar-kollege die loef afsteek met ‘n 28-19 sege.

Secunda was die algehele wenners laas jaar en die span van Mpumalanga het verlede naweek weer witwarm gelyk by die Hoërskool Middelburg sewestoernooi.

Hulle kon deur al ‘n groepswedstryde en die kwarteindstryd kom sonder om ‘n enkele punt af te staan, en kon toe ook die titel neem deur om Ligbron in die eindstryd met 19-12 te verslaan.

Zander Scheepers en Divan Mulder het uitgeblink by daardie byeenkoms, en sal definitief twee spelers wees om hierdie naweek dop te hou.

Waterkloof en Garsfontein lyk albei ook sterk.

Riwan van Aswegen uit Waterkloof is onlangs gekies vir die Blou Bulle sewesspan wat by die nationale kompetisie gaan deelneem.

Die Klofies kon by Montana se sewestoernooi tot by die halfeindronde deurdruk, waar hulle teen Garsfontein vasgeloop het.

Die Blitzbere het daardie trofee gewen deur om vir Affies in ‘n epiese eindstryd met 29-26 weg te sien .

Brooklyn Newman, Garsies se haastige eerstespan skrumskakel was vroeër die jaar al deel van die SA A span en Luann Olivier het die land verteenwoordig by die Statebond Jeugspele in Trinidad en Tobago, waar die SA o.18 sewesspan ‘n derde plek kon losspeel.

Ligbron, uit die Puma-streek, het onttrek uit Poel A, en los vir Garsies dan met ‘n loslootjie, maar hulle sal steeds verby Tom Naude en Wesvalia moet kom.

Hoërskool Pietersburg het hul plek bo-aan die sewesranglys in Limpopo vasgemaak na hulle vir Ben Voster van Tzaneen met 29-7 pakslae kon gee vir die streektitel.

Hierdie naweek kan die beste spanne uit die verskillende streke in die Noordvaal gebied dan ‘n laaste keer hulself meet, voor die groot Kampioen-van-kampioene toernooi wat die 14e Oktober in Pretoria plaasvind.

Die groepwedstryde word almal Vrydag afgehandel voor die uitkloprondes Saterdag oggend begin.

Die groepe:

Poel A – Garsfontein, Tom Naude, Wesvalia.

Poel B – Noordheuwel, Menlopark, Transvalia, Pietersburg.

Poel C – EG Jansen, Dinamika, Waterkloof, Lichtenburg.

Poel D – Secunda, Hugenote, Marais Viljoen, Monument.

Die bepalings

Vrydag: 11:00 – Garsfontein t. Wesvalia; 11:20 – EG Jansen t. Lichtenburg; 11:40 – Dinamika t. Waterkloof; 12:00 – Noordheuwel t. Pietersburg; 12:20 – Transvalia t. Menlopark; 12:40 – Secunda t. Monument; 13:00 – Marais Viljoen t. Hugenote; 13:20 – Tom Naude t. Wesvalia; 13:40 – Menlopark t. Noordheuwel; 14:00 – Transvalia t. Pietersburg; 14:20 – EG Jansen t. Dinamika; 14:40 – Waterkloof t. Lichtenburg; 15:00 – Secunda t. Hugenote; 15:20 – Monument t. Marais Viljoen; 17:00 – EG Jansen t. Waterklood; 17:20 – Dinamika t. Lichtenburg; 17:40 – Secunda t. Marais Viljoen; 18:00 – Hugenote t. Monument; 18:20 – Noordheuwel t. Transvalia; 18:40 – Menlopark t. Pietersburg; 19:00 – Garsfontein t. Tom Naude.

Willem Louw
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.