Bergsig wil wéér pronk in Rustenburg
Bergsig Akademie brand om hul giftige agterlyn op Hoërskool Driehoek los te laat wanneer dié twee spanne Saterdag in Rustenburg kragte meet.
Beleef die aksie regstreeks op SuperSport Schools. (www.supersportschools.com)
Die span van Rustenburg geniet tot dusver ‘n uiters voorspoedige seisoen, en het nog slegs een keer verloor, met ‘n skamele twee punte teen Hoërskool Frikkie Meyer in Thabazimbi. Bergsig se indrukwekkendste vertoning was hul oorwinning met 17-14 oor Hoërskool Lichtenburg.
Hul kookwater-losskakel, Simeon Botha, het tot dusver ‘n aansienlike aandeel in sy span se sukses gehad, met sy vermoë om spel te dikteer en oog vir ‘n gaping wat ‘n taamlike bedreiging inhou vir die besoekers.
Dit is egter nie slegs Botha wat lekker op dreef is nie. Aan sy binnekant skep skrumskakel, Paulo dos Santos, se effektiewe verspreiding die nodige ruimte vir Botha en die res van die agterlyn om vinnig op die voorvoet te kom.
Voorlangs sal die besoekers vir loskopstut, Tjaart Bernard, fyn moet dophou. Bernard, saam met sy kollega aan die vaskopkant van die krum, Dewald Potgieter, deins beslis nie terug vir die fisieke sy van sake nie.
Driehoek betree die stryd nietemin met heelwat selfvertroue, na ‘n goeie sege van 20-15 oor Hoërskool Alberton verlede naweek.
Agsteman, Enrico Farinha, sal nes verlede naweek die pap dik wil aanmaak onder die groot manne voor, en is ook geen vreemdeling vir die doellyn nie. Die Vanderbijlpark-span se skrumskakel, Zane Marais, hou ook gevaar in met sy vlymskerp breekslae na aan die doellyn.
As buitesenter, Juandre Hugo, boonop sy skopskoen aan het, kan Driehoek die lewe moeilik maak vir die tuisspan.
Hans Moore se strukture sal behoorlik getoets word wanneer hy, op tuisbodem, met Hoërskool Secunda swaarde te kruis. Die span van Mpumalanga beleef tot dusver ‘n wipplank seisoen en hul breier, Tiaan Moore, sal hoop dat sy span die nodige momentum kan begin opbou voordat die SDC Noordvaal Beker oor ‘n bietjie minder as twee weke afskop.
In Limpopo, ontvang Hoërskool Nylstroom vir die Ligbloues van Merensky Landbou Akademie. Die Plasies, nes Secunda, sal dit sien as finale voorbereiding vir wanneer hulle hul Noordvaal Bowl-veldtog teen Hoërskool Alberton afskop.
Die spanne:
Bergsig Akademie t. Hoërskool Driehoek om 12:45 in Rustenburg
Bergsig Akademie: 15 Siya Butelezi, 14 Lundro Scheepers, 13 MJ Pretorius, 12 TK Bagwase, 1 Alzandro dos Santos, 10 Simeon Botha, 9 Paulo dos Santos, 8 Jacques du Plooy, 7 Dewald Potgieter, 6 Christian de Abreu, 5 Taffa Luyanda, 4 Caleb Kihoro, 3 Henno du Preez, 2 Johandre Steyl, 1 Tjaart Bernard.
Driehoek: 15 Kyle Jordaan, 14 Alec Viljoen, 13 Juandre Hugo, 12 Franco Layer, 11 Guillaume Vermeulen, 10 AJ Viljoen, 9 Zane Marais, 8 Enrico Farinha, 7 Ettienne Crafford, 6 CJ Nel, 5 Jonathan Thomas, 4 Raymando Ferreira-Ramos, 3 Armand Greyling, 2 Thabang Diliwa, 1 Donovan Coetzee.
Hoërskool Secunda t. Hoërskool Hans Moore
Secunda: 15 Damian de Beer, 14 Nkanyiso Mashiteng, 13 Brink la Grange, 12 Bismarck Jansen, 11 Divan Mulder, 10 EJ Venter, 9 Jarno Haarhoff, 8 Bakkies Bezuidenhout, 7 Zander Scheepers, 6 Zander van der Merwe, 5 Franko Rossouw, 4 Zac Loock, 3 Jean Janse van Nuwenhuizen, 2 Rico Schoeman, 1 Stefan Bezuidenhout.
Hans Moore (moontlik): 15 Vincent Labuschagne, 14 Wikus Rossouw, 13 Warren Minnaar, 12 Stephan Kellerman, 11 Timothy Henstock, 10 Ruben van den Berg, 9 Dian Britz, 8 Keagen van Zyl, 7 Slade Mowbray, 6 Divan Stander, 5 Liam Diedericks, 4 Marnus van der Walt, 3 Jayden van Heerden, 2 Hanrique Cronje, 1 Liam Beukes
Hoërskool Nylstroom t. Merensky Lanbou Akademie om 13:20 in Nylstroom
Nylstroom: 15 Neo Seabi, 14 Junior Venter, 13 Thabang Mashaba, 12 Willie Kruger, 11 Shalom Molelekwa, 10 Franco Steenkamp, 9 Martiens Joubert, 8 Walter Pretorius, 7 Ryno Roux, 6 JP Putter, 5 Henru Botha, 4 Hendry van Staden, 3 Phenyo Tshisevhe, 2 MJ Botha, 1 Diederik Labuschagne.
Merensky: 15 Maritz Meintjies, 14 Andreas Honiball, 13 Ulrich Mare, 12 Jens Bezuidenhout, 11 Leon de Lange, 10 Byron Hendricks, 9 JD Boshoff, 8 Hardus Terblanche, 7 PG Botes, 6 Corne Swanepoel, 5 Lukas Pieterse, 4 Craig Walker, 3 Tirelo Mashapa, 2 Ruan Marcos,1 Ethan Maritz.