SuperSport Schools Plus

Bepalings vir die TuksSkole-reeks van 2018

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2018-02-27 Tags: , , ,

TuksSkole reeksDie kampioen van die TuksSkole-reeks, die Hoërskool Monument van Krugersdorp, sal sy aanslag op vanjaar se titel in Vanderbijlpark teen Transvalia loots. Die wedstryd sou in die afgelope paar jaar nie Monumentare te veel slapelose nagte verskaf het nie, maar die span van Transvalia sal vanjaar nie ‘n maklike neut wees om te kraak nie. 

Monnas het verlede jaar vir EG Jansen met 50-13 in die eindstryd van die kompetisie verslaan. Die span van Krugersdorp sal vanjaar daarna mik om vir die derde agtereenvolgende jaar met die titel as kampioen weg te stap. Hy behoort sterk teenstand van Menlopark, Garsfontein en EG Jansen vir die titel te kry. Menlopark het vanjaar twee Virsekerbeker-kampioen groepe om sy eerstespan vanuit te kies. 

Menlopark se o.16- en o.14-spanne is die verdedigende kampioen in die onderskeie ouderdomsgroepe, terwyl Transvalia in die o.15-afdeling die verdedigende kampioen is. Monument se o.14-, o.15- en o.16-spanne het verlede jaar in die eindstryd oor die laaste hekkie gestruikel. 

Spanne is vanjaar in slegs twee groepe verdeel. Na die rondomtalie-fase van die kompetisie sal die spanne mekaar op 5 Mei in die eindstryd mekaar in die LC de Villiers-stadion pak. 

Die Groepe: 

Groep AGroep B
EG JansenHoërskool Garsfontein
MenloparkMonument
Hoërskool NelspruitHTS Middelburg
Hoërskool RustenburgTransvalia
EldoraigneHoërskool Pietersburg
 Kempton Park

Die bepalings is (tuisspanne eerste vermeld): 

10 Maart 2018 

EG Jansen vs Hoërskool Nelspruit
Menlopark vs Hoërskool Rustenburg
Garsfontein vs HTS Middelburg
Transvalia vs Monument
Hoërskool Pietersburg vs Kempton Park

17 Maart 2018 

Hoërskool Nelspruit vs Menlopark
Hoërskool Rustenburg vs Eldoraigne
Monument vs Hoërskool Pietersburg
HTS Middelburg vs Transvalia
Garsfontein vs Kempton Park

24 Maart 2018 

Eldoraigne vs Menlopark
EG Jansen vs Hoërskool Rustenburg
Kempton Park vs Monument
HTS Middelburg vs Hoërskool Pietersburg
Transvalia vs Garsfontein

14 April 2018

Eldoraigne vs EG Jansen
Hoërskool Rustenburg vs Hoërskool Nelspruit
Monument vs HTS Middelburg
Transvalia vs Kempton Park

21 April 2018

Menlopark vs EG Jansen
Hoërskool Nelspruit vs Eldoraigne
Hoërskool Pietersburg vs Transvalia
Monument vs Garsfontein
Kempton Park vs HTS Middelburg

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.