SuperSport Schools Plus

Bepalings vir die Kwagga-week van 2020 bekend

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2020-02-11 Tags:

KwaggaWeekSedert 1995 trek meeste van die land se voorste o.14-rugbyspanne jaarliks saam in George om sake teen mekaar tydens die Kwagga-week uit te spook. Vanjaar sal dit weer die geval wees wanneer die Hoërskool Outeniqua die gesogte week van 21 tot 25 Maart aan die Suidkus aanbied. 

Altesaam 23 Suid-Afrikaanse o.14-spanne wat skole soos die Hoër Jongenskool Paarl, Afrikaanse Hoër Seunskool van Pretoria, Paul Roos Gimnasium, Waterkloof, Helpmekaar, Boland Landbou, Monument, Menlopark en Framesby van Port Elizabeth insluit sal op die week in aksie wees. Windhoek Gimnasium se o.14’s sal ook in George sy staal toon. 

Daar is ook o.15-spanne wat aan die week deelneem en daar is 15 van hulle wat mekaar die stryd sal aansê. 

Daar wag ‘n liplekker wedstryd op die eerste dag tussen die o.14-spanne van die Hoërskool Outeniqua en Menlopark. Die wedstryd word wel op die B-veld beslis, maar die Junior Kwaggas en die Parkies tel jaarliks onder die voorste o.14-spanne in die land. Op die A-veld kan daar ook na die kragmeting tussen Affies en Paul Roos Gimnasium se o.14-spanne uitgesien word. 

Paarl Boishaai en HTS Middelburg se o.14-spanne se kragmeting behoort ook vir heelwat vuurwerk te sorg. Monument en Oakdale Landbou se spanne behoort mekaar ook behoorlik les te laat opsê. 

In die hoofwedstryd op die eerste dag van die week sal die o.15-spanne van die gasheer, Outeniqua, en Wynberg Boys’ High mekaar die stryd aansê. Die bepalings van die tweede wedstryddag word eers na afloop van die eerste dag se spel aangekondig. 

Meeste van die wedstryde sal regstreeks op DigiTV.co.za gebeeldsend word op Kwagga TV

Die bepalings is: 

A-veld

08:30 – o.14 – Waterkloof vs Wynberg Boys’ High
09:30 – o.14 – Boland Landbou vs Helpmekaar
10:30 – o.14 – Affies vs Paul Roos Gimnasium
11:30 – o.15 – Parel Vallei vs Jeugland
12:30 – o.15 – Diamantveld vs Pearson
13:30 – o.14 – Monument vs Oakdale Landbou
14:30 – o.14 – Hoër Jongenskool Paarl vs HTS Middelburg
15:30 – o.15 – Framesby vs Durbanville
16:30 – o.15 – Outeniqua vs Wynberg Boys’ High

B-veld 

08:30 – o.14 – Jeugland vs Pearson
09:30 – o.14 – Ellisras vs Parel Vallei
10:30 – o.14 – Stellenberg vs Diamantveld
11:30 – o.14 – Outeniqua vs Menlopark
12:30 – o.14 – Durbanville vs Framesby
13:30 – o.14 – Kempton Park vs Hugenote (Wellington)
14:30 – o.15 – Bredasdorp vs Ellisras
15:30 – o.15 – Hugenote (Wellington) vs Windhoek Gimnasium
16:30 – o.15 – Hoërskool Bellville vs Heidelberg Volkskool

C-veld

08:30 – o.14B – Monument vs Stellenberg
09:30 – o.14B – Menlopark vs Outeniqua
10:30 – o.14 – Windhoek Gimnasium vs Heidelberg Volkskool
11:30 – o.14B – HTS Middelburg vs Wynberg Boys’ High
12:30 – o.15 – Outeniqua o.15B vs Glenwooidhouse o.15A

LEES MEER: 

Outeniqua en Boishaai sluit Kwagga-week onoorwonne af
Results from Day 2 of the Kwagga u14 Week of 2019 
Results from Day 1 of the Kwagga u14 Week of 2019 
Bepalings vir die Kwagga-week van 2019 bekend

[powr-comments id=”386371ab_1581398191041″]

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.