SuperSport Schools Plus

Bepalings van Oakdale se rugbyweek vir 2017

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2017-02-22 Tags: ,

Oakdale LandbouDie Hoër Landbouskool Oakdale net buite Riversdal sal vanjaar vir die 38ste keer sy Mutual & Federal Agri-rubgyweek aan. Die rugbyweek is die oudste rugbyweek in die land met 30 eersterugbyspanne van regoor Suid-Afrika wat vanjaar aan die week van 1 tot 5 April sal deelneem. 

Die gasheer sal op die eerste dag in die hoofwedstryd onder spreiligte op De Eike-veld teen Kemptonpark sake uitspook. In die vernaamste voorwedstryd sal Diamantveld teen die Hoërskool Rustenburg te staan kom. Diamonds behoort tydens die week ook teen Oakdale Landbou kragte te meet. Die tweede en derde dae se wedstryde word na afloop van die vorige wedstryddag se wedstryde bepaal. 

Welkom Gimnasium se kragmeting op die eerste dag teen Lichtenburg behoort ook een van van die hoogtepunte van die eerste dag te wees. Daar sal oudergewoonte weer ‘n span van die week gekies word. 

Die eerste dag se bepalings: 

DE EIKE-VELD 

08:45 – Hoërskool Upington vs. Strand
09:55 – Oosterlig vs. Durbanville 
11:05 – Augsburg Gimnasium vs. Driehoek
12:15 – Hugenote (Wellington) vs. Voortrekker (Bethlehem)
14:00 – Windhoek Gimnasium vs. Die Brandwag (Uitenhage)
15:10 – Potchefstroom Gimnasium vs. Hoërskool Bellville
16:20 – Welkom Gimnasium vs. Lichtenburg
18:00 – Diamantveld vs. Hoërskool Rustenburg
19:10 – Oakdale Landbou vs. Kemptonpark

POPULIERBOS-VELD

08:45 – Vredendal vs. Overberg
09:55 – Kirkwood vs. Dirkie Uys
11:05 – Langenhoven Gimnasium vs. Landboudal
14:00 – Monumentpark vs. Montagu 
15:10 – Montana vs. Bredasdorp
16:20 – Hermanus vs. Sentraal (Bloemfontein)

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.