SuperSport Schools Plus

Bepalings van die Francois Swart o.15-Week vir 2019 bekend

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2019-03-11 Tags: ,

NewsG Affieso15Die Afrikaanse Hoër Seunskool van Pretoria sal in die hoofwedstryd op die laaste dag van sy 15de jaarlikse Francois Swart Rugbyweek vir o.15-spanne teen die Hoërskool Garsfontein te staan kom. Die week vind van 20 tot 23 Maart in die Jakarandastad plaas. 

Dit sal die eerste keer in ‘n hele paar jaar wees dat spanne van die twee skole mekaar op ‘n rugbyveld die stryd aansê. Affies sal op die eerste teen Kempton Park sake uitspook, terwyl hulle op die tweede dag vir EG Jansen van Boksburg sal pak. 

Garsfontein is een van vier nuwe gesigte op vanjaar se week. Die ander drie skole is Lichtenburg, Westville Boys’ High en die Hoërskool Klerksdorp.

Die vier skole wat nie weer vanjaar in aksie is nie, is King Edward VII, Jeppe High School for Boys’, Ligbron Akademie en Eldoraigne. 

Die rugbyweek is in 2004 gestig na die afsterwe van die belowende jong losskakel, Francois Swart, wat daardie jaar sy lewe in ‘n motorongeluk buite Victoria-Wes in die Noord-Kaap verloor het.

Swart het Affies se eerstespan in 53 wedstryde verteenwoordig en het 447 punte vir die Wit Bulle in die wedstryde aangeteken. Swart se skakelmaat in 51 van sy 53 wedstryde vir Affies was die Springbok-skrumskakel, Fourie du Preez.

Swart het na skool in 2002 en 2003 vir die Suid-Afrikaanse o.12-span gespeel. Hy het
ook tussen 2001 en 2003 die Luiperds, Westelike Provinsie en die Blou Bulle in die Vodacombeker-reeks verteenwoordig.

Die bepalings: 

Woensdag, 20 Maart 2019 

11:00Westville Boys’ HighvsEG Jansen
12:00WaterkloofvsHoërskool Nelspruit 
13:00 ZwartkopvsKlerksdorp 
14:00AffiesvsKempton Park
15:00Maritzburg CollegevsHelpmekaar
16:00LichtenburgvsGarsfontien

Donderdag, 21 Maart 2019

 

 

 

11:00 Kempton ParkvsLichtenburg
12:00AffiesvsEG Jansen
13:00GarsfonteinvsWestville Boys’ High
14:00ZwartkopvsWaterkloof
15:00Hoërskool NelspruitvsMaritzburg College
16:00KlerksdorpvsHelpmekaar

Saterdag, 23 Maart 2019

 

 

 

08:00 Maritzburg CollegevsKempton Park
09:00Westville Boys’ HighvsHoërskool Nelspruit
10:00KlerksdorpvsEG Jansen
11:00LichtenburgvsWaterkloof
12:00HelpmekaarvsZwartkop
13:00AffiesvsGarsfontein

 

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.