SuperSport Schools Plus

Beeld Noordvaal Trofee Uitslae – 8 Augustus 2015

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2015-08-11

Beeld Noordvaal Trofee Logo 250mmDie makro- én grootskole-afdelings van vanjaar se Beeldtrofee sal nuwe kampioene hê.

Dít volg nadat die Hoërskool Nelspruit se Rhinos (die verdedigende makroskole-kampioen) en die Hoërskool Klerksdorp (grootskole-kampioen) albei gister in die kwarteindronde van die reeks uitgeskakel is.

Nelspruit het in Pretoria met 48-36 teen Garsfontein in die stof gebyt.

Garsies is boonop die enigste span van Pretoria wat in die halfeindronde in aksie sal wees. Hulle was verlede jaar die naaswenner.

Dit volg nadat Eldoraigne, Menlopark en Waterkloof almal op hul tuisvelde vasgeval het.

Monument van Krugersdorp moes hard werk om Eldoraigne met 26-24 tot oorgawe te dwing. Monnas se slot Ruan Vermaak was uitstekend en het in die vastelos gewoel.

EG Jansen van Boksburg moes ook sweet om Waterkloof met 26-22 uit te skakel.

Die span van Boksburg sal in die halfeindronde teen die HTS Middelburg se Rooi Bulle te staan kom. Die Rooi Bulle het hul plek in die halfeindronde met ’n sege van 33-18 oor Menlopark bespreek.

■ Ook Klerksdorp (KHS) het in die hoofstad sy rieme teen Oos-Moot styfgeloop.

Oos-Moot sal nou in sy halfeind met Helpmekaar-kollege swaarde kruis.

Die Johannesburgers het op hul beurt die Hoërskool Pietersburg in Polokwane met 32-20 kafgedraf om hul plek tussen die laaste vier te bespreek.

■ Ben Vorster van Tzaneen sal vanjaar nie maklik op sy tuisveld getroef word nie. Hy het die Leeus se kampioen, Randburg, met 48-25 geklop. Potchefstroom Gimnasium is die volgende span wat sal probeer om hom te stuit, nadat Gimmies vir Heidelberg Volkskool met 27-23 in die kwarteindronde uitgeskakel het.

■ In die afdeling vir me­diumskole het die verdedigende kampioen en die oorweldigende gunsteling, die Hoërskool Vryburg, byna slae gekry.

Die span het in Brakpan met 10-10 teen Stoffberg gelykop gespeel en het tot die volgende ronde deurgedring omdat hy die eerste drie in dié kragmeting gedruk het.

Vryburg sal vir die halfeind na Potgietersrus moet reis, waar Piet Potgieter wag. Potties het Trinityhouse met 37-25 verslaan.

■ Ben Viljoen was in ’n taai stryd teen Brandwag van Benoni met 22-17 baas. Hy sal in die halfeindronde met Midstream College te doen kry.

Al die uitslae:

Makro1steMonument26Eldoraigne24
Makro1steGarsfontein48Nelspruit36
Makro1steHTS Middelburg33Menlopark18
Makro1steEG Jansen26Waterkloof22
Makroo.16Waterkloof48Nelspruit10
Makroo.16Garsfontein33HTS Middelburg19
Makroo.16EG Jansen35Menlopark22
Makroo.16Monument22Eldoraigne 18
Makroo.15Monument21Kemptonpark0
Makroo.15Menlopark22Hoerskool Middelburg10
Makroo.15Garsfontein15Rustenburg12
Makroo.15Noordheuwel15Nelspruit14
Makroo.14Menlopark59Nelspruit0
Makroo.14Waterkloof24HTS Middelburg5
Makroo.14EG Jansen18Garsfontein7
Makroo.14Monument53Kemptonpark3
Groot1steOos-Moot18Klerksdorp14
Groot 1steHelpmekaar32Pietersburg20
Groot 1stePotchefstroom Gimnasium27Heidelberg Volkskool23
Groot 1steBen Vorster48Randburg25
Grooto.16Helpmekaar47Pietersburg5
Grooto.16Ben Vorster82Jan Viljoen7
Grooto.16Oos-Moot34Klerksdorp0
Grooto.16    
Grooto.15Linden12Frikkie Meyer10
Grooto.15Helpmekaar21Ben Vorster15
Grooto.15Oos-Moot16Potchefstroom Gimnasium7
Groot o.15Potchefstroom Volkskool27Transvalia24
Groot o.14Klerksdorp   
Grooto.14Oos-Moot24Generaal Hertzog20
Grooto.14Ben Vorster31Randburg22
Grooto.14Helpmekaar29Pietersburg8
Medium1steVryburg10*Stoffberg10
Medium1steMidstream College23Brits10
Medium1steBen Viljoen22Brandwag (Benoni)17
Medium1stePiet Potgieter37Trinityhouse25
Mediumo.16Hans Strijdom42Trinityhouse10
Mediumo.16Ellisras17Bekker12
Mediumo.16Vryburg10Overvaal8
Mediumo.16    
Mediumo.15Piet Potgieter11Leeuwenhof8
Mediumo.15Ellisras27Fochville10
Mediumo.15Brandwag (Benoni)15Ben Viljoen5
Mediumo.15    
Mediumo.14Piet Potgieter43Brandwag (Benoni)0
Mediumo.14Nylstroom26Fochville17
Mediumo.14    
Mediumo.14    
Middel1ste    
Middel1ste    
Middel1ste    
Middel1ste    
Middelo.16    
Middelo.16    
Middelo.16    
Middelo.16    
Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.