SuperSport Schools Plus

Al Saterdag se uitslae van die Wildeklawer Juniortoernooi

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2017-04-30 Tags: ,

NewsGWildeklawer2017Paarl Gimnasium se junior-spanne het Saterdag in Kimberle teen Waterkloof op die jaarlikse Wildeklawer-juniortoernooi ‘n goeie dag op kantoor, behalwe in sy o.16-wedstryd beleef.

Klofies se o.16-span het sy eweknie van Gimmies met 32-3 afgeransel. Die skool van die Paarl se o.15- en o.14-span was onderskeidelik met 26-10 en 59-3 baas. 

Die Hoër Jongenskool Paarl en Monument van Krugersdorp se o.16-spanne was in ‘n titaniese stryd gewikkel. Boishaai het uiteindelik met 17-10 as oorwinnaars van die veld gestap.

Die skool van die Paarl se o.15-span het gerieflik met 21-7 teen Monnas geseëvier. In die o.14-wedstryd het Monnas met 17-14 die pyp gerook. 

Diamantveld se o.16-span het teen sy eweknie van HTS Middelburg (7-17) vasgeval. Diamonds se o.14-span het die Rooi Kalfies met 24-14 getroef, terwyl die gasheer in die o.15-wedstryd oortuigend met 38-0 die septer geswaai het.

Menlopark wat self ‘n paar gedugte juniorspanne in die veld stoot het vir Duineveld in die o.16-wedstryd met 31-12 geklop. Menlopark het sonder veel probleme die o.15-wedstryd tussen die twee spanne met 50-8 gewen. In die o.14-wedstryd het Menlopark met 71-0 amok gesaai.

Grey-kollege se o.16-span het Helpmekaar-kollege met 45-6 verslaan. Helpies se o.15-span het sy staal getoon deur Grey met 24-21 te troef. In die o.14-wedstryd het Grey op ‘n drafstap met 20-0 gewen.  

Al die uitslae: 

o.16

Waterkloof32Paarl Gimnasium3
HTS Middelburg17Diamantveld7
Grey College 45Helpmekaar6
Stellenberg22EG Jansen0
Glenwood 24Garsfontein20
Affies32HTS Drostdy27
Menlopark31Duineveld12
Paarl Boys’ High17Monument10

o.15: 

Paarl Gimnasium26Waterkloof10
Diamantveld38HTS Middelburg0
Helpmekaar24Grey College21
Affies16HTS Drostdy13
Glenwood26Garsfontein12
EG Jansen36Stellenberg22
Menlopark50Duineveld8
Paarl Boys’ High 21Monument7

o.14

Paarl Gimnasium59Waterkloof3
Diamantveld24HTS Middelburg14
Grey College20Helpmekaar0
Stellenberg42EG Jansen17
Glenwood45Garsfontein0
Affies18HTS Drostdy7
Menlopark71Duineveld0
Monument17Paarl Boys’ High14
Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.