Al die uitslae Noord van die Vaal – 14 Mei 2016
Middelburg sal vir die volgende jaar steeds rooi wees soos dit die afgelope ses jaar was. 
Die Hoër Tegniese Skool Middelburg se Rooi Bulle het die Hoërskool Middelburg ’n behoorlike rugbyles geleer met 67-6 in hul ENB Classic Clash. Die Rooi Bulle het teen rustyd reeds ’n stewige voorsprong van 25-3 opgebou. Dié is die Rooi Bulle se grootste sege nog oor Middelburg.
Middies kon laas in 2009 met 33-10 as oorwinnaars van die veld stap. Die wedstryd staan steeds bekend in Middelburg as die een met die Nokia-telling. Dit was destyds Middies se eerste sege oor die Rooi Bulle in 26 jaar.
Die wenspan se kaptein en flank, JC Pretorius, het vir die tweede agtereenvolgende jaar ’n driekuns aan drieë in die wedstryd behaal.
HTS Middelburg se losskakel, Riekert Barnard, het ook ’n goeie wedstryd met die skopskoen beleef en 22 punte tot sy span se totaal bygedra. Hy het agt doelskoppe en twee strafdoele tussen deur die pale gejaag.
Die Rooi Bulle se vleuel Japie Kleynhans was ook elke keer wat hy die bal gekry het ’n doring in Middies se vlees. 
Saterdag se kragmeting tussen die Rooi Bulle en die Hoërskool Nelspruit se Rhinos behoort te bepaal wie boaan die Pumas se puntelys vir makroskole in die Virseker Beeldtrofee gaan eindig. 
Zwartkop van Pretoria sal heelwat selfvertroue uit sy sege van 40-5 oor Montana neem. Zwarries se volgende kragmeting is sy jaarlikse Classic Clash teen Eldoraigne.
In nog ’n makroskole-wedstryd in die Bulle-streek het Wonderboom vir Centurion met 20-5 getroef.
Noordheuwel se losskakel, JC Fensham, was in gietende reën op sy tuisveld in Krugersdorp sy span se held in hul sege van 14-13 oor die Hoërskool Florida. Hy het al sy span se punte in die wedstryd aangeteken met ’n drie en drie strafdoele.
Monument het ook op sy tuisveld in Krugersdorp beïndruk deur Waterkloof met 37-7 af te ransel in die modderbad wat die Ras van Rooyen-veld was.
Dit was weer veral die span se haker en kaptein, PJ Botha, wat met sy inklimspel voor gevat het. Die slot Ruan Vermaak en die agtsteman, PJ Jacobs, het voorlangs ook goeie spel gelewer.
Die Afrikaanse Hoër Seunskool van Pretoria het King Edward VII in Johannesburg met 61-7 kafgedraf. 
Affies was in verlede jaar se kragmeting tussen die twee spanne met 92-0 baas.
BLOU BULLE
MAKROSKOLE
Wonderboom 20 – Drieë: Johan van Staden, Theuno Botha. Doelskoppe: Henry Nell (2). Strafdoele: Nell (2). Centurion 5 – Drie: Carl Wijburg.
Zwartkop 40 – Drieë: Henco Venter (2), Phineas Zitha (2), Ivan Smit, Chris Vermaak. Doelskoppe: Miche Groenewald (5). Montana 5 – Drie Imele Meyer.
Ander spanne:
o.16: Centurion 32, Wonderboom 0; Montana 22, Zwartkop 10.
o.15: Centurion 29, Wonderboom 5; Zwartkop 13, Montana 0.
o.14: Wonderboom 24, Centurion 3; Montana 23, Zwartkop 21.
GROOTSKOLE
Oos-Moot 46 – Drieë: Dandré Nolte, Nico Huystek, Tiaan de Lange, Johan Marais, Michael Janse van Rensburg, Eddie Ludick, Emile Bester. Doelskoppe: Ludick (4). Strafdoel: Ludick. Hoërskool Tuine 7.
Pretoria-Noord 29 – Drieë: Moosa Makunyane (2), Duncan Tack, Ruben Swarts, Rudi de Villiers. Doelskoppe: Vernon Blignaut (2). Wagpos 5.
Midstream College 66 – Drieë: Heinro Kritzinger (2), Divan van Wyk (2), Jean-Louis Brand (2), Dehan Reynders, Drikus Greyling, Reinhardt Smit, Heinrich Botha. Doelskoppe: Botha (8). HTS Tuine 0.
Ander spanne:
Eerste spanne: Die Wilgers 24, Overkruin 17.
o.16: Pretoria-Noord 30, Wagpos 17; Midstream College 25, HTS Tuine 6; Die Wilgers 34, Overkruin 0.
o.15: Pretoria-Noord 26, Wagpos 5; Midstream College 66, HTS Tuine 0; Overkruin 37, Die Wilgers 7.
o.14: Pretoria-Noord 19, Wagpos 7; Midstream College 52, HTS Tuine 0; Overkruin 54, Die Wilgers 7.
MEDIUMSKOLE
Curro Hazeldean 32 – Drieë: Rohan Breytenbach (2), Reynard Beukes (2). Doelskoppe: Ahren Smith (3). Strafdoele: Smith (2). FH Odendaal 14.
Ander spanne:
Eerstespanne: Erasmus 73, Akasia 0; Hendrik Verwoerd 52, Uitsig 19.
o.16: Erasmus 43, Akasia 0; Hendrik Verwoerd 29, Uitsig 0; FH Odendaal 24, Curro Hazeldean 14.
o.15: Akasia 14, Erasmus 0; Uitsig 17, Hendrik Verwoerd 12; FH Odendaal 19, Curro Hazeldean 17.
o.14: Erasmus 24, Akasia 7; Uitsig 32, Hendrik Verwoerd 0; Curro Hazeldean 60, FH Odendaal 7.
VRIENDSKAPLIK
Affies 61 (28) – Drieë: Louritz van der Schyff (2), Marnus Potgieter (2), Carl Koch (2), Schalk Erasmus, Ruan de Swardt, Ruben Meiring, Phillip Krause. Doelskoppe: De Swardt (8). King Edward VII 7 (7) – Drie: Kenndey Mpeku. Doelskop: Mpeku.
Southdowns College 34 – Drieë: Themba Mandlati (2), Mdu Nkosi, Richard Zulu, Thumelo Ntsi. Doelskoppe: Justin Visagie (3). Strafdoel: Visagie. Fourways 10.
Diamantveld 24 (7) – Drieë: Timothy Harding (2), Jody Schmidt, De-an Ackermann. Doelskoppe: Charles Williams (2). Menlopark 3 (3) – Strafdoel: Brian Bouwer.
Ander spanne:
o.16: Affies 20, King Edward VII 3.
o.15: King Edward VII 17, Affies 15.
o.14: Affies 10, King Edward VII 7.
LEEUS
MAKROSKOLE
Noordheuwel 14 – Drie: JC Fensham. Strafdoele: JC Fensham (3). Florida 3.
Ander spanne:
o.16: Florida 6, Noordheuwel 3.
o.15: Florida 22, Noordheuwel 13.
o.14: Florida 6, Noorheuwel 6.
GROOTSKOLE
Randburg 12 – Drieë: Karabo Afrika, Divan Bruwer. Doelskop: Schalk Schlebusch. Jan Viljoen 12.
Hoërskool Linden 27 (0) – Drieë: Tyron Erasmus, Devaux Bakkes, Dwayne Vorster. Doelskoppe: Bakkes (3). Strafdoele: Bakkes (2). Bastion 10 (7).
Hoërskool Linden 8 (5) – Drie: Tommy van Staden. Strafdoel: Ruan Marais. Dinamika 12 (5).
Ander spanne:
Eerstespanne: Hoërskool Alberton 31, Randburg 0.
o.16: Randburg 45, Jan Viljoen 0; Linden 17, Dinamika 5; Randburg 46, Alberton 7 Linden 39, Bastion 7.
o.15: Randburg 21, Jan Viljoen 19; Dinamika 10, Linden 6; Randburg 46, Alberton 3; Linden 15, Bastion 15.
o.14: Randburg 27, Jan Viljoen 7; Linden 17, Dinamika 7; Randburg 12, Alberton 5; Linden 20, Bastion 19.
MEDIUMSKOLE
Fochville 24 – Drieë: Michael Jardine, Wayne Ferreira, Janrich Meyer, Jaco Vewas. Doelskoppe: Barend van Wyk (2). Bekker 17 – Drieë: JG Knoetze (2), Ernst Louw. Doelskop: Ewald Oberholzer.
VRIENDSKAPLIK
Monument 37 (15) – Drieë: PJ Botha (2), Tinus Combrinck, Jonathan Rabie, Kevin le Roux, PJ Jacobs, MJ Pelser. Doelskop: Jacobs. Waterkloof 7 (7) – Drie: Ruan Allers. Doelskop: Duan Gunther.
Helpmekaar 52 – Drieë: Mark Snyman (3), Zandré Kruger (2), Tiaan Scholtz (2), David Cary, Luwan Ludick. Doelskoppe: Chuiner van Rooyen (2). Strafdoele: Van Rooyen, Tristan Oosthuizen. Hoërskool Pietersburg 3 – Strafdoel: Morné Venter.
Jeppe Boys’ High 31 – Drieë: Wandisile Simelane (2), Hacjivah Dayimane (2), Mangaliso Ntimba. Doelskoppe: Simelane (3). St. Stithian’s College 3.
Ander spanne:
o.16: Monument 22, Waterkloof 16; Helpmekaar 13, Pietersburg 3.
o.15: Monument 24, Waterkloof 10; Helpmekaar 32, Pietersburg 3.
o.14: Monument 10, Waterkloof 5; Helpmekaar 33, Pietersburg 12.
LIMPOPO
KLEINSKOLE
Curro Heuwelkruin 38 – Drieë: Wernich Kachelhoffer (2), Laffnie Jacobz, Jarrod Kenmuir, Divan Gerber, Nichardt van Niekerk. Doelskoppe: Kachelhoffer (4). Stanford Lake College 10.
Ander spanne:
o.17: Curro Heuwelkruin 51, Stanford Lake College 0.
o.15: Curro Heuwelkruin 51, Stanford Lake College 0.
MIDDELSKOLE
Frans du Toit 45 – Drieë: Jonathan Mouton (2), Johann Scheepers (2), Johandré van der Sandt, Farai Pasipavunda, Dumi Hlungwane. Doelskoppe: Sheldon du Plooy (5). Eric Louw 12.
VRIENDSKAPLIK
Warmbad 62 – Drieë: Rickie Moulder (3), Ayden Dresse (2), Thegofatso Hlabe, Arno Kruger, Evan Henn, Jaco Vermeulen, Reino Bothma. Doelskoppe: Dresse (6). Capricorn 0.
Piet Potgieter 25 – Drieë: Jacques du Toit, Zander Barnard, Ajay Willemse. Doelskoppe: Marnus Uys (2). Strafdoele: Uys (2). Frikkie Meyer 39.
HTS Tom Naudé 13 – Drieë: Ivan Spann, Henco Swanevelder. Strafdoel: Reghardt Williams. Hans Strijdom 12 – Drieë: Juandré Visagie, Andries Pretorius. Doelskop: André du Plessis.
Ander spanne:
Eerste spanne: Ben Vorster II 52, Louis Trichardt 20.
o.16: Warmbad 45, Capricorn 0; Piet Potgieter 14, Frikkie Meyer 7; Hans Strijdom 7, HTS Tom Naudé 7.
o.15: Frikkie Meyer 38, Piet Potgieter 7; HTS Tom Naudé 13, Hans Strijdom 12.
o.14: Piet Potgieter 14, Frikkie Meyer 5; HTS Tom Naudé 24, Hans Strijdom 12.
LUIPERDS
MAKROSKOLE
Hoërskool Rustenburg 12 – Drieë: Rassie Breedt, André Bezuidenhout. Doelskop: Bezuidenhout. Marais Viljoen 0.
Ander spanne:
o.16: Rustenburg 22, Marais Viljoen 10.
o.15: Rustenburg 12, Marais Viljoen 5.
o.14: Rustenburg 33, Marais Viljoejn 7.
GROOTSKOLE
Potchefstroom Volkskool 19 – Drieë: Duardt Snyman, Lukie Pieterse, Jandré Olivier. Doelskoppe: Hanru van Rooyen (2). Lichtenburg 18 – Drieë: Henco Nel, Henk Venter. Doelskop: Mauritz Kotze. Strafdoele: Kotze (2).
Potchefstroom Gimnasium 22 (5) – Drieë: Morné Marais, JM du Plooy, Jan Heenop. Doelskoppe: Marco van den Heever (2). Strafdoel: Van den Heever. Hoërskool Klerksdorp 3 – Strafdoel: Michael Venter.
Ander spanne:
o.16: Potch Volkies 34, Lichtenburg 0; Potch Gimmies 60, Klerksdorp 0.
o.15: Potch Volkies 17, Lichtenburg 8; Klerksdorp 63, Potch Gimmies 0.
o.14: Lichtenburg 27, Potch Volkies 0; Potch Gimmies 22, Klerksdorp 7.
MEDIUMSKOLE
Hoërskool Brits 14 – Drieë: Tristan Joubert, Corno Mostert. Doelskoppe: PW Venter (2). Bergsig Akademie 15.
Vryburg 33 – Drieë: JW Lazenby (2), Chris Cloete, Cobus Oosthuizen, Francois Pelser. Doelskoppe: Johan Pelser (4). Hartbeespoort 3 – Strafdoel: Daniël Duncan.
Ander spanne:
o.16: Bergsig 19, Brits 5; Hartbeespoort 12, Vryburg 7.
o.15: Bergsig 10, Brits 8; Vryburg 14, Hartbeespoort 0.
o.14: Brits 27, Bergsig 20; Hartbeespoort 22, Vryburg 7.
MIDDELSKOLE
Zeerust 55 – Drieë: SP Vermaak (4), Marno Nel (2), Thebogo Rakate, Bowen van As, Karel Loots. Doelskoppe: Loots (5). HTS Rustenburg 5 – Drie: Lionel George.
Ander spanne:
o.16: Zeerust 22, HTS Rustenburg 5.
o.15: Zeerust 29, HTS Rustenburg 0.
PUMAS
MAKROSKOLE
HTS Middelburg 67 (25) – Drieë: JC Pretorius (3), Ruben Cross (2), Ryan Cloete, Waldo Conradie, Henco van Heerden, Ruvan Muller. Doelskoppe: Riekert Barnard (8). Strafdoele: Barnard (2). Hoërskool Middelburg 6 (3) – Strafdoele: Morné Sonnekus (2).
Ander spanne:
o.16: Middelburg 30, HTS Middelburg 0.
o.15: HTS Middelburg 40, Middelburg 7.
o.14: Middelburg 19, HTS Middelburg 7.
GROOTSKOLE
Ermelo 34 – Drieë: Jannie Eloff, Gift Ngwenya, Ruan Smit, Quniso Hailey. Doelskoppe: Ruan Grobler (4). Strafdoel: Grobler. Skepdoel: Grobler. Hoogenhout 35.
Piet Retief 22 – Drieë: Percy Mkwanazi, Siphe Mthethwa, Bongumenzi Dlamini, Simon Terblanché. Doelskop: Terblanché. Standerton 15 – Drieë: Hloni Mputi, Wilco Pienaar. Doelskop: AJ Potgieter.
Secunda 36 – Drieë: Steyn van den Heever (2), Nathan Carstens, Cobus Prinsloo, Steven Steyn. Doelskoppe: Steyn (4). Strafdoel: Steyn. Lydenburg 31 – Drieë: Duncan van Vuuren (2), Roelof Oelofse. Doelskoppe: Brady Theron (2). Strafdoele: Theron (3), Tristan Badenhorst.
Rob Ferreira 23 – Drieë: Dewiko Loots, Victor Esqueno, Gregg Nel. Doelskop: Waldo van Tonder. Strafdoele: Van Tonder (2). Bergvlam 20 – Drieë: Igné Ferreira (2), Tristan Louw, Adrian Kasselman.
Ligbron 29 – Drieë: Marnus Scheepers (2), Gert Cronjé, Calvin Clack. Doelskoppe: Nicky Janse van Rensburg (3). Strafdoel: Janse van Rensburg. Volksrust 8 – Drie: Themba Thabethe. Strafdoel: Bandile Zuma.
Ander spanne:
o.16: Rob Ferreira 27, Bergvlam 0; Volksrust 0, Ligbron 0 (slegs vriendskaplik); Hoogenhout 19, Ermelo 3; Secunda 20, Lydenburg 10; Standerton 25, Piet Retief 0.
o.15: Rob Ferreira 34, Bergvlam 5; Ligbron 34, Volksrust 0; Ermelo 22, Hoogenhout 19; Secunda 46, Lydenburg 7; Piet Retief 10, Standerton 7.
o.14: Rob Ferreira 100, Bergvlam 5; Volksrust 22, Ligbron 17; Ermelo 41, Hoogenhout 7; Secunda 28, Lydenburg 0; Piet Retief 38, Standerton 0.
KLEINSKOLE
Morgenzon Landbou 50 – Drieë: JD Ferreira (2), Xander Wehmeyer, Conrad van der Schyff, Dillan Delport, Ricky du Toit, Kyle Coetzee, Dehan Saaiman. Doelskoppe: Saaiman (5). Reynopark 0.
VALKE
MAKROSKOLE
Kempton Park 22 – Drieë: Ewart Steyn, Jeandré Breytenbach, Lee Enslin. Doelskoppe: Francois Erasmus (2). Strafdoel: Erasmus. Jeugland 7.
Ander spanne:
o.16: Kempton Park 36, Jeugland 0.
o.15: Kempton Park 10, Jeugland 8.
o.14: Kempton Park 22, Jeugland 0.
GROOTSKOLE
Transvalia 27 – Drieë: Mpho Mtsane (2), Xander van der Walt, Elrich Louw. Doelskoppe: Van der Walt (2). Strafdoel: Van der Walt. Oosterlig 0.
Benoni High 19 – Drieë: Fabio Zackey (2), Austin la Ros. Doelskoppe: Josh McCallum (2). Hans Moore 6 – Strafdoele: Justin Brink (2).
Dr. Malan 21 – Drieë: Brandon Steyn, Wiets Neethling, Eben Fourie. Doelskoppe: Pieter van Vuuren (3). Springs Boys’ High 5.
Vereeniging Gimnasium 30 – Drieë: Attie Bezuidenhout, Webster Swanepoel, Michael May. Doelskoppe: Dylan Schoeman (3). Strafdoele: Schoeman. Hugenote (Springs) 5 – Drie: Leander van Oort.
Ander spanne:
Eerstespanne: Driehoek 37, Birchleigh 0.
o.16: Transvalia 45, Oosterlig 3; Hans Moore 24, Benoni High 0; Dr. Malan 33, Springs Boys’ High 12; Vereeniging Gimnasium 24, Hugenote 7; Driehoek 38, Birchleigh 0.
o.15: Transvalia 47, Oosterlig 0; Benoni High 16, Hans Moore 12; Springs Boys’ high 15, Dr. Malan 8; Hugenote 31, Vereeniging Gimnasium 5; Birchleigh 24, Driehoek 10.
o.14: Transvalia 43, Oosterlig 0; Hans Moore 22, Benoni High 0; Dr. Malan 30, Springs Boys’ High 12; Hugenote 8, Vereeniging Gimnasium 5; Driehoek 43, Birchleigh 0.
MEDIUMSKOLE
John Vorster (Nigel) 20 – Drieë: Ricardo Labuschagne, Ruben Fouché, Jarico van Niekerk, Johan Charmain. Delmas 28.
Ander spanne:
Eerstespanne: Overvaal 15, Carel de Wet 6.
o.16: Overvaal 16, Carel de Wet 10; John Vorster 18, Delmas 15.
o.15: Overvaal 20, Carel de Wet 7; Delmas 29, John Vorster 20.
o.14: Carel de Wet 12, Overvaal 0; John Vorster 33, Delmas 24.
MIDDELSKOLE
Voortrekker (Boksburg) 43 – Drieë: Nkosana Shabalala (2), Salumu Benoi, Christopher Lottering, Thato Morie, Patrick Zwane, Kagiso Lekoane. Doelskoppe: Kelebogile Lemotlo (3), Nhlanhla Simelane. Johan Jurgens (Springs) 10.
Ander spanne:
Eerste spanne: Drie Riviere 0, Generaal Smuts 0; Die Ankerskool 22, Suiderlig 5.
o.16: Voortrekker 24, Johan Jurgens 0; Generaal Smuts 15, Drie Riviere 10; Die Ankerskool 15, Suiderlig 0.
o.15: Voortrekker 26, Johan Jurgens 0; Suiderlig 10, Die Ankerskool 7.
o.14: Voortrekker 35, Johan Jurgens 7; Suiderlig 5, Die Ankerskool 0.
VRIENDSKAPLIK
Eerstespanne: Balfour 27, HTS Springs 7.
 



