SuperSport Schools Plus

Al die rolspelers in vanjaar se Virseker Beeldtrofee vir Makroskole bekend

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2016-06-13 Tags: , , , , , , , ,

NewsG EldoraigneAl die rolspelers in vanjaar se Virseker Beeldtrofee vir makroskole is bekend. Net 12 eerste spanne wat vanjaar as kampioen van die reeks gekroon kan word, is nog oor.

Die Hoërskool Waterkloof het Saterdag met ’n oorwinning van 25-20 oor Menlopark seker gemaak van sy plek in die kwarteindronde van die reeks. Klofies sal in die kwarteindronde teen die Pumas se kampioen te staan kom.

Die Hoërskool Nelspruit en die HTS Middelburg sê mekaar in die eindstryd van die Puma-liga die stryd aan.

Die Hoërskool Eldoraigne het met 17-13 die bordjies teen sy aartsvyand, Zwartkop, in ’n uitspeelwedstryd verhang om seker te maak van sy plek in die reeks.

Zwartkop het die derby tussen die twee spanne vroeër vanjaar met 11-7 gewen. Dit was die Vikings se eerste sege oor Eldoraigne in vyf jaar.

Eldos se heelagter, Riaan Burger, het met sy drie wat hy ook self verdoel het ses minute voor die eindfluitjie seker gemaak dat Zwarries twee keer sou moes punte aanteken om tot die streekkompetisie deur te dring.

Vir Zwartkop het sy senter Gerrit Goosen en losskakel, Duan Strauss, goeie vertonings gelewer. Eldoraigne se skrumskakel, Stephan Marais, het ’n goeie wedstryd beleef, terwyl die haker Reinhardt Heymans ook woelig in die los was.

Eldoraigne sal nou in ’n kwalifiserende wedstryd teen die wenner van die uitspeelwedstryd tussen die Hoërskool Rustenburg en Die Anker van Brakpan te staan kom.

Menlopark sal ná sy nederlaag ook eers ’n kwalifiserende wedstryd moet wen as hy tot die kwarteindronde wil deurdring. Die span sal teen die wenner van die uitspeelwedstryd tussen Kempton Park en Noordheuwel te staan kom.

Monument pak EG Jansen van Boksburg Woensdag op sy tuisveld in Krugersdorp om te bepaal wie bo in die Valke/Leeus en Luiperds se ligas eindig. Albei spanne dring tot die kwarteindronde van die Beeldtrofeestryd deur.
Garsfontein is as kampioen van die Blou Bulle seker van sy plek in die kwarteindronde.

Puntemakers: 

BLOU BULLE

MAKROSKOLE

Waterkloof 25 – Drieë: PJ Loubser, Eduard Pretorius, Ruhann van der Walt. Doelskoppe: Sean du Plooy (2). Strafdoele: Du Plooy (2). Menlopark 20 – Drieë: Gerald Lowe, Ruben Fleischauer. Doelskoppe: Earl Dowrie (2). Strafdoele: Dowrie (2).

Eldoraigne 17 (5) – Drieë: Stephan Marais, Riaan Burger, Reinhardt Heymans. Doelskop: Burger. Zwartkop 13 (3) – Drie: Henko Venter. Doelskop: Miche Groenewald. Strafdoele: Groenewald, Mauritz Swanepoel.

Ander spanne: 

o.16: Waterkloof 30, Menlopark 19; Centurion 29, Montana 13.

o.15: Menlopark 31, Waterkloof 12; Montana 24, Zwartkop 23.

o.14: Menlopark 27, Waterkloof 10; Montana 24, Eldoraigne 17.

GROOTSKOLE

Pretoria-Noord 20 – Drieë: Duard Steyn, Lourens Hinsbeeck, Rudi de Villiers. Doelskop: Steyn. Strafdoel: Steyn. Hoërskool Tuine 20 – Drieë: Louis du Preez, Adriaan Swart. Doelskoppe: Pieter Voges (2). Strafdoele: Voges, Henrico Snyman.

Oos-Moot 49 – Drieë: Michael Janse van Rensburg (2), Dean Steinhobel, Tiaan de Lange, Gert Nel, Edmund Ludick, Conrad van Deventer, Marco Krugel. Doelskoppe: Ludick (3). Strafdoel: Ludick. Midstream College 8 – Drie: Johann de Beer. Strafdoel: Heinrich Botha.

Ander spanne: 

Eerstespanne: Die Wilgers 61, HTS Tuine 10.

o.16: Die Wilgers 40, HTS Tuine 0; Pretoria-Noord 63, Tuine 3; Oos-Moot 22, Midstream College 7.

o.15: Die Wilgers 32, HTS Tuine 0; Pretoria-Noord 64, Tuine 0; Oos-Moot 38, Midstream College 5.

o.14: Die Wilgers 19, HTS Tuine 15; Pretoria-Noord 29, Tuine 24; Oos-Moot 40, Midstream College 14.

MEDIUMSKOLE

Gerrit Maritz 51 – Drieë: Arno Killian (2), Brandon Pienaar (2), Morné Swanepoel (2), Harry Schlebusch, Sibisiso Mtshali. Doelskoppe: Killian (4). Strafdoel: Killian. Akasia 5.

Ander spanne: 

o.16: Gerrit Maritz 17, Akasia 12.

o.15: Akasia 21, Gerrit Maritz 12.

o.14: Gerrit Maritz 14, Akasia 7.

MIDDELSKOLE HALFEINDRONDE

Pretoria THS 36 – Drieë: Mlondi xolo, Makgoba Kubjane, Lehlogonolo Neylele, Tsiamo Mashilwane, Robert Masungi. Doelskoppe: Keanu Duraan (4). Strafdoel: Duraan. Voortrekkerhoogte 5.

GOUE LEEUS

GROOTSKOLE HALFEINDSTRYDE

Linden 13 (3) – Drie: Schalk van der Merwe. Doelskop: Devaux Bakkes. Strafdoele: Bakkes (2). Hoërskool Alberton 10.

 Ander spanne: 

o.16: Randburg 21, Alberton 16.

o.15: Jan Viljoen 12, Dinamika 10.

o.14: Alberton 33, Linden 24.

MEDIUMSKOLE

Fochville 38 – Drieë: Vendré Fourie (2), Franco Claassen (2), Paul Cilliers, Barend van Wyk. Doelskoppe: Wayne Ferreira (2), Van Wyk, Fourie. Leeuwenhoff 0.

Ander spanne: 

Eerstespanne: Trinityhouse 45, Queens High 14.

o.16: Leeuwenhoff 31, Fochville 21; Trinityhouse 19, Queens High 17.

o.15: Leeuwenhoff 12, Fochville 10; Trinityhouse 37, Queens High 5.

o.14: Fochville 17, Leeuwenhoff 17; Trinityhouse 27, Queens High 10.

MIDDELSKOLE HALFEINDRONDE

Carletonville 15 – Drieë: Frederik Strydom (2), Dwayne Viljoen. Roodepoort 14 – Drieë: Gert Potgieter, Johan Brits. Doelskoppe: Johan Gerber (2). 

President 20 – Drieë: Timmy Bitterbosch, Mandla Shabalala, Chesny Jafta. Doelskop: Donovan du Toit. Strafdoel: Du Toit. AHS Germiston 12.

Ander spanne: 

o.16: President dring deur tot eindstryd na loslooitjie; Allen Glen 16, Goudrif 15.

o.15: Alberton High 17, Carletonville 15; Goudrif 27, Benoni High 10.

o.14: President 34, Goudrif 8; Alberton High 31, Allen Glen 19.

VRIENDSKAPLIK

Monument 55 – Drieë: MJ Pelser (2), PJ Botha, Dewald Schoeman, Christopher Havenga, Kevin le Roux, Cristen van Niekerk, PJ Jacobs, Karel Vahrmeijer, Xander Kruger. Doelskoppe: Luke Rossouw (4). King Edward VII 17.

Jeppe High School for Boys’ 36 – Drieë: Mangaliso Ntimba (4), Dylan Wadeley, Wandisile Simelane. Doelskoppe: Simelane (3). St. John’s College 28.

Ander spanne:

o.16: Monument 45, King Edward VII 5.

o.15: Monument 29, King Edward VII 0.

o.14: Monument 22, King Edward VII 5.

LIMPOPO

GROOTSKOLE HALFEINDRONDE

Hoërskool Pietersburg 56 – Drieë: Phillip van der Walt (2), André Viljoen (2), Tertius du Plessis, Heinrich Schoeman, JV Coertze, Gavin Nel, Tyrone Thompson, Miguel de Sousa. Doelskoppe: Morné Venter (3). HTS Tom Naudé 12

Ben Vorster 46 – Drieë: Pule Molokomme (2), Shima Mphahlele, Johan Buitendag, Hardu Pretorius, Eduan Smit, Ruben Koekemoer, Jannie Jordaan. Doelskoppe: Smit (3). Frikkie Meyer 31.

Ander spanne: 

o.16: Ben Vorster 53, Tom Naudé 0; Frikkie Meyer 26, Pietersburg 10.

o.15: Frikkie Meyer 36, Tom Naudé 0; Pietersburg 54, Ben Vorster 12.

o.14: Pietersburg 31, Frikkie Meyer 13; Ben Vorster 53, Tom Naudé 12.

MEDIUMSKOLE HALFEINDRONDE

Merensky 35 – Drieë: Noko Malatji (2), Freddie Lubbe, MJ Bench. Doelskoppe: Masedi Manamela (3). Strafdoele: Manamela (3). Hans Strijdom 6 – Strafdoele: André du Plessis (2).

Ander spanne: 

Eerstespanne: Ben Viljoen 51, Louis Trichardt 6.

o.16: Ellisras 39, Merensky 27; Louis Trichardt 18, Piet Potgieter 17.

o.15: Ben Viljoen 8, Louis Trichardt 5; Piet Potgieter 22, Merensky 12.

o.14: Ellisras 46, Louis Trichardt 0; Merensky 17, Piet Potgieter 5.

GROOTSKOLE HALFEINDRONDE

Lichtenburg 31 (12) – Drieë: Rabie van Zyl (2), Evardi Boshoff, Luhan Jahns, Cravian Smith. Doelskoppe: Van Zyl (3). Potchefstroom Gimnasium 27 (15) – Drieë: Mitchelle van der Merwe (2), Bradley Wood (2). Doelskoppe: Marco van den Heever (2). Strafdoel: Van den Heever.

Potchefstroom Volkskool 31 (16) – Drieë: Jandré Steyn, Ruan van Abo, Gideon Steyn. Doelskoppe: Hanru van Rooyen (2). Strafdoele: Van Rooyen (4). Wesvalia 19 (6) – Drie: Anton Nagel. Doelskop: Justin Basson. Strafdoele: Basson (4).

Ander spanne: 

o.16: Potch Gimmies 33, Lichtenburg 26; Potch Volkies dring oor deur tot die eindstryd.

o.15: Klerksdorp 44, Lichtenburg 6; Potch Volkies 22, Wesvalia 12. 

o.14: Potch Gimmies 48, Lichtenburg 0; Klerksdorp 23, Wesvalia 10.

MIDDELSKOLE 

Eerstespanne: Grenswag 35, Wolmaransstad 19. o.15: Wolmaransstad 47, Grenswag 0.

PUMAS

GROOTSKOLE HALFEINDRONDE

Ligbron 34 – Drieë: Calvin Clack, Isaac Pedro, Gert Cronjé, Eddie Dludlu, Thabiso Mkwebane. Doelskopppe: Cronjé (3). Strafdoel: Mkwebane. Ermelo 13 – Drie: Gift Ngwenya. Doelskop: Ruan Grobler. Strafdoele: Grobler (2).

Ander spanne: 

Eerstespanne: Secunda 0, HTS Witbank 0.

o.16: Ligbron 19, Secunda 17; Standerton 24, Generaal Hertzog 19.

o.15: Generaal Hertzog 22, Ermelo 20; Secunda 24, Ligbron 13.

o.14: Rob Ferreira 66, Ermelo 0; Piet Retief 15, Secunda 0.

MEDIUMSKOLE HALFEINDRONDE

Penryn College 25 – Drieë: Ernest Mthethwa (2), Wethu Shongwe, Albert Hechter. Doelskop: Mthethwa. Strafdoel: Mthethwa. Lowveld High 0.

Kanonkop 36 – Drieë: Ruben Ellis, Ruan Joubert, Peter Kasango, Deon Ngwenya, Landi Mbuyane. Doelskoppe: Kyle Cranko (3). Oosterland 5.

KLEINSKOLE

Steelcrest 27 – Drieë: Njabulo Sindane, Vuyo Mpafa, Lethu Mahlalela, Zweli Ntombela, Zwakele Masimula. Doelskop: Siyabonga Skosana. Kriel 10.

MAKROSKOLE

Kempton Park 30 – Drieë: Arnant Voster, Jeandré Breytenbach, Charl de la Harp, Lionel Ueckermann. Doelskoppe: Ueckermann (2). Strafdoele: Ueckermann. Marais Viljoen 14 – Drieë: Jacques van Wyngaardt (2). Doelskpppe: Stef Cloete (2).

Ander spanne: 

o.16: Kempton Park 35, Marais Viljoen 27; Kempton Park 19, Rustenburg 12.

o.15: Kempton Park 12, Marais Viljoen 3; Kempton Park 12, Rustenburg 7. 

o.14: Kempton Park 31, Marais Viljoen 0; Kempton Park 12, Rustenburg 7.

GROOTSKOLE KWARTEINDRONDE

Hugenote 23 – Drieë: Tristan Dry, Tyron Boesak, Leander van Oort, Bennie Lottering. Strafdoel: Lottering. Dr. Malan 17 – Drieë: Pieter van Vuuren, Branden Steyn. Doelskoppe: Van Vuuren (2). Strafdoel: Van Vuuren. 

Oosterlig 20 – Drieë: Armand van Staden, Tiaan Pieterse. Doelskoppe: Tiaan Pelser (2). Strafdoele: Pelser, Hendro van der Merwe. Heidelberg Volkskool 17 – Drieë: Marqus Maritz (3). Doelskop: Sherdon Nelson. 

Vereeniging Gimnasium 41 – Drieë: Wilrich Ostmann (2), Dylan Schoeman, Jan Labuschagné, Dylan Schultz, Enrico Robbertse, DW Briers. Doelskoppe: Schoeman (3). Driehoek 8 – Drie: Shaun Schoen. Strafdoel: Schoen. 

Transvalia 43 – Drieë: Kruan Saunders (3), Xander van der Walt, Ian Herbst, Rejaun Harmse, Tiaan Rens. Doelskoppe: Van der Walt (4). Springs Boys’ High 0.

Ander spanne: 

o.16: Dr. Malan 13, Vereeniging Gimnasium 12; Transvalia 47, Driehoek 3; Hugenote 38, Hans Moore 0.

o.15: Oosterlig 17, Dr. Malan 17 (Oosterlig dring deur na halfeindronde); Vereeniging Gimnasium 31, Heidelberg Volkskool 5; Hugenote 5, Benoni High 0; Transvalia 40, Hans Moore 0.

o.14: Heidelberg Volkskool 41, Dr. Malan 12; Vereeniging Gimnasium 36, Oosterlig 12; Transvalia 32, Driehoek 0; Hugenote 21, Hans Moore 8.

MIDDELSKOLE KWARTEINDRONDE

 Voortrekker (Boksburg) 12 – Drieë: Christopher Lottering, Kelebogile Lemotlo. Doelskop: Nhlanhla Simelane. Generaal Smuts 22

Ander spanne: 

o.16: Voortrekker 43, Drie Riviere 0.

o.15: Generaal Smuts 10, Voortrekker 5.

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.