SuperSport Schools Plus

Affies weet groot toets wag teen Helpies

By Franco Oberholzer , in Rugby | Featured Rugby | News , at 2025-03-13 Tags: , , , ,

FOTO: Martin Ashworth.

Die Afrikaanse Hoër Seunskool kom hierdie naweek in Pretoria voor sy eerste groot toets van die jaar te staan teen ‘n gevaarlike en onvoorspelbare Helpmekaar Kollege.

Volg al die aksie regstreeks op SuperSport Schools(www.supersportschools.com)

Albei spanne het die nuwe seisoen met indrukwekkende seges afgeskop. Helpmekaar, wat al die pad na die KwaZulu-Natalse Middelande moes reis, het sy rekening met ‘n sege van 17-10 oor Michaelhouse oopgemaak, terwyl Affies die “ongeslypte” Diamonds van Hoërskool Diamantveld in Kimberley met 45-24 kafgedraf het.

Hoewel hulle as o.16-groep met 14-55 die knie moes buig teen Affies, bied Helpies vanjaar ‘n splinternuwe uitdaging vir die sterk span van Pretoria. Die Johannesburgers het uitstekend vertoon op die aanval teen Michaelhouse, met vernaam die vermoë om af te laai in kontak en van mekaar af te speel wat dit moeilik maak vir selfs die beste om teen te verdedig. Boonop is Helpies se verdediging self goed georganiseerd en sal Affies hul storie moet ken om bresse te slaan.

Die besoekers kom op hul beurt voor ‘n reuse uitdaging voorlangs te staan en sukses sal grootliks daarvan afhang of hulle die Wit Bulle se “dieselenjin” kan stuit. Helpmekaar-voorryman, Liam Devenier, wat vir ‘n tweede seisoen op loskopstut diens doen, behoort egter oorgehaal te wees om dié uitdaging aan te pak.

Die tuisspan se kragtige dryfmaal, met haker, Bauke Swart, aan die spits, kan ook vir die manne in bruin hoofbrekens besorg.

Agterlangs kan daar uitgesien word na ‘n liplekker-stryd tussen die senterpare, Divan Fourie en Nicolaas Grobler, wat die Affies-middelveld, beman teenoor Helpies se Clinton Cloete en Ty Ax.

Hoërskool Secunda en Merensky Landbou Akademie begin Saterdag ‘n nuwe hoofstuk met die Plasies wat na Secunda reis vir ‘n uitdagende stryd. Die Ligbloues se hulpafrigter, Steven Steyn, keer terug na sy ou jagveld, nadat hy hom verlede jaar vanaf Secunda by die Plasies aangesluit het.

Saterdag se kragmeting behoort as ‘n akkurate maatstaf vir die Tzaneeners te dien, aangesien Secunda meeding in die SDC Noordvaal Cup se Skild-afdeling, een liga hoër as die Bowl waarin die Plasies speel.

Die senterstryd beloof hier ook om heelwat aksie op te lewer. Maritz Meintjies, die Ligbloues se kaptein, en buitesenter, Jens Bezuidenhout, het elkeen ‘n driekuns aan drieë in die stryd teen Hoërskool Nylstroom behaal. Hulle kan egter hul hande volhê met Secunda se Bismarck Jansen, wat ‘n stukkie goud uit niks kan optower met die bal in hand.

Die spanne:

Affies t. Helpmekaar Kollege om 13:25 in Pretoria:

Affies: 15 Lamont Baaidjies, 14 Rikus Strydom, 13 Nicolaas Grobler, 12 Divan Fourie, 11 Hugo Snyman, 10 Ruben Groenewald, 9 Zirk Meyer, 8 Stefan McDonald, 7 Albert Smit, 6 Lohan Potgieter, 5 Christiaan de Wet, 4 Elwin Janse van Vuuren, 3 Deon Botes, 2 Bauke Swart, 1 Roal Kruger.

Helpmekaar: 15 Ethan Lourens, 14 Francois Tonkin, 13 Ty Ax, 12 Clinton Cloete, 11 Andreas Badenhorst, 10 Wian Strom, 9 Kean Butler, 8 Zian Smit, 7 Zaiden Krige, 6 Lewellyn Vermaak, 5 Jandré Botha, 4 Eugene de Lange, 3 Dylan Engelbrecht, 2 Gustav Grotius, 1 Liam Devenier.

Hoërskool Secunda t. Merensky in Secunda om 13:20 in Secunda: 

Secunda (moontlik): 15 Ryan Lottering, 14 Dillan Grundling, 13 Alberto Volchenk, 12 Bismarck Jansen, 11 JD van Koller, 10 Alonzo Blackenberg, 9 Armand Underhay, 8 Renier Combrink, 7 Franko Rossouw, 6 Zander van der Merwe, 5 Sifiso Hlungwane, 4 Mickey Jordaan, 3 MC Vosloo, 2 Rico Fourie, 1 Nathan Erasmus.

Merensky: 15 George Steenkamp, 14 Armand Eloff, 13 Jens Bezuidenhout, 12 Maritz Meintjies, 11 Christo Venter, 10 JD Boshoff, 9 Muis Tolken, 8 Mukhetwa Musundwa, 7 PG Botes, 6 Jan Pretorius, 5 Craig Walker, 4 Blessing Mathebula, 3 Leander Burger, 2 Carel Volschenk, 1 Otto Muller.

Franco Oberholzer
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.