SuperSport Schools Plus

Affies sluit Noord/Suid op hoogtepunt af

By Franco Oberholzer , in Rugby | Featured Rugby | News , at 2024-03-26 Tags: , ,

Die Afrikaanse Hoër Seunskool het hul NMI Toyota Noord/Suid-toernooi met ‘n dominerende vertoning voorlangs en ‘n wentelling van 38-11 teen Hoërskool Stellenberg afgesluit.

Herleef al die aksie op SuperSport Schools. Skakel na die wedstryd.

Die Affies-pak het behoorlik baljaar, en verál met hul dryfmaalbewegings om die lynstane vir die Kapenaars kwaai opdraande gegee. Haker, Ethan van Dyk (2), en oopkantflank, Luan Potgieter, het op dié wyse die drieë ingeryg.

Dit het aanvanklik geblyk of die span van die Kaap se plan was om die gashere se agterhoede met lang skoppe veld af te toets. Dit het egter nie die gewenste uitwerking gehad nie, aangesien Ruben Groenwald, die Pretorianers se heelagter, en sy kollega in die nr. 14-trui, Roux Eagan, meer as opgewasse was vir die taak.

Inteendeel, die twee het ‘n konstante gevaar vir die Stellie-verdedigers ingehou met venynige teenaanvalle, wat vir albei vroeg reeds op drieë uitgeloop het.

Stellenberg se voorspelers het moedig probeer, met agtsteman en kaptein, Dale du Toit, wat beïndruk het met sy fisieke spel en dapper verdediging. Haker, Almero Kaizer, het ewe besielende spel gelewer, vernaam in die vaste los, en het die besoekers se enigste drie gedruk.

Puntemakers:

Afrikaanse Hoër Seunskool 38 (19) – Drieë: Ethan van Dyk (2), Roux Eagan, Ruben Groenewald, Theuns Maritz, Luan Potgieter. Doelskoppe: Ruben Pienaar (4). Hoërskool Stellenberg 11 (3) – Drie: Almero Keizer. Strafdoele: Eben Rademan, Dehan Neethling

Franco Oberholzer
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.