Affies skop seisoen Saterdag in Kimberley teen Diamonds af
‘n Nuwe era skop Saterdag vir Affies se eerstespan in Kimberley af.
Die span van Pretoria kom Saterdag in die Diamantstad teen die Hoërskool Diamantveld op laasgenoemde se jaarlikse sportdag te staan. Die twee skole kom jaarliks sedert 2016 teen mekaar te staan. Dit sal vir Ruan Jacobs sy eerste wedstryd aan stuur van sake as hoofafrigter van die Afrikaanse Hoër Seunskool van Pretoria se trots wees.
Jacobs het self in 2005 en 2006 vir die Wit Bulle uitgedraf. Sy tweelingbroer, Niël Jacobs, was in 2006 Affies se eerstespan se onderkaptein. Albei was vroeër by Glenwood High School as afrigters betrokke en het in 2019 na hul alma mater teruggekeer.
Die Wit Bulle se vleuel Risima Sambo is verlede jaar in die Suid-Afrikaanse o.18-span ingesluit wat na Georgië sou toer. Die toer was agter afgelas. Affies se losskakel, Stehan Heymans, is ook ‘n speler wat vanjaar vir hom op eerstespanvlak ‘n naam kan maak.
Diamantveld word afgerig deur die voormalige Griekwa-flank, Leon Karremaker. Hy was in 2003 as die Cravenweek se Speler van die Toernooi aangewys. Diamonds is gehard soos diamante op hul tuisveld en daar kan ‘n reuse stryd voorlangs veral in die skrums verwag word.
Diamantveld het verlede week teen Sentraal van Bloemfontein te staan gekom en met 22-14 as oorwinnaars uit die stryd getree. Karremaker sal hoop dat sy span Saterdag teen Affies ‘n veel beter vertoning sal opdis.
Tydens die sportdag sal Duineveld en Hoërskool Upington se eerstespanne onderskeidelik teen Affies se tweedes en derdes kragte meet.
Die spanne is:
Hoërskool Diamantveld: 15 Marcus Maree, 14 Liam Ferris, 13 Henro Nel, 12 Ruan Watts, 11 Michael Prinsloo, 10 Dolf Holf, 9 Wynand Botha, 8 JP Vorster, 7 Junior van Niekerk, 6 Ruben Pienaar, 5 JJ Fourie, 4 JP Senekal, 3 Flip du Randt, 2 De Villiers Strauss, 1 Vice Hofmeyr.
Affies: 15 JL van Rensburg, 14 Gustav Maritz, 13 Tiaan de Wet, 12 Heinrich Horn, 11 Risima Sambo, 10 Stehan Heymans, 9 Armand Shahia, 8 Beyers Roos, 7 CF Delport, 6 Ewan van Heerden, 5 Andreas Burger, 4 Anton Grotius, 3 Zack Maritz, 2 Hanro Venter, 1 Luchan Mouton.
Afskop:
[powr-comments id=”01a15520_1646991170903″]




