SuperSport Schools Plus

Affies se wedstryde vanjaar teen Pretoria Boys’ High en Grey ekstra spesiaal

By Willem Louw , in Rugby | News , at 2023-02-17 Tags:

NewsG Affies vs KES schools rugby
FOTO: William Brown

Die Wit Bulle is slaggereed vir ‘n besige en uitdagende 2023 seisoen. 

In 2022 het Affies se eerstespan byna al hul wedstryde gewen.

Hulle het slegs op twee geleenthede kortgekom, eers teen Garsfontein in ‘n naelbyt riller van ‘n wedstryd waarin Affies met een punt agter was teen die tyd dat die eindfluitjie geblaas het.

Na die teleurstelling was dit slegs hul aartsvyande, Grey College van Bloemfontein, wat vir Affies kon baas raak.

Affies sal mik om te bou op die sukses van verlede seisoen met hulp van hul senior spelers wat verlede jaar al vir die eerstespan uitgedraf het. 

Steyn Truter (stut), Dieter Schubert (agsteman) en Migael de Lange (heelagter) het al drie verlede jaar al hul eerstespan dasse ontvang (Affies gee slegs vir seuns wat tenminste 7 wedstyde vir hul eerstespan speel). 

Hierdie ondervinding sal aangevul word deur die talent van jong spelers soos Ruan Smuts (haker/stut), Ruan Lippoldt (losvoorspeler), Janco Purchase (senter) en Theuns Maritz (senter) wie almal vanjaar oorskakel na o.19 rugby toe nadat hulle verlede jaar aan die Grant Khomo-week deelgeneem het. 

Hoofafrigter, Ruan Jacobs, en spanbestuurder, Heinrich van Jaarsveld, het beide in 2022 hul eerste seisoen in bevel gehad, saam met Jaco Koch, wie hierdie seisoen vir die negende jaar Affies se voorspelerafrigter is, sal die bevoegde bestuurspan hul bes lewer om die skool, die ouers en die oud-skoliere trots te maak.

Dit sal egter onder geen omstandighede vir hulle maklik gemaak word nie. Affies het strawwe bepalings en sal elke naweek hul uiterste bes moet lewer om te verbeter op hul vorige seisoen. 

In Mei bied Affies die NMI Toyota Menlyn Noord/Suid-toernooi aan waar hulle teen Durban High School, sowel as die Hoër Jongenskool Paarl sal meeding. Affies het nie verlede jaar ‘n geleentheid gehad om kragte te meet teen HJS nie. Hierdie belowe om enorme toets vir die seuns van Pretoria te wees. 

Die naweek na die toernooi moet die Wit Bulle reg staan vir nog ‘n harde wedstryd waneer hulle ‘n kans kry om vir Garsfontein weer aan te vat. Na verlede jaar se hartverskeurende een punt nederlaag sal Affies met mening wil terugkom en hul tuisveld-voordeel teen volle benut. Hierdie is beslis nie ‘n wedstryd om te mis nie.

Op die 20ste Mei kry Affies dan ‘n kans om vir Grey College in Bloemfontein aan te vat. Hierdie is elke jaar ‘n hoogtepunt op die kalendar, maar sal vanjaar veral spesiaal wees, siende dat hierdie twee skole mekaar al vir 100 jaar sedert 1923 aanpak. 

Dit sal Affies se laaste wedstryd buite Pretoria vir die jaar wees, maar dit beteken nie dat hul oorblywende wedstryde enigsins makliker raak nie. Affies sal nog teen Jeppe, Menlopark, Maritzburg (tuis) en Waterkloof moet uitdraf voordat hulle die seisoen met nog ‘n mylpaal wedstryd kan afsluit.

Die finale wedstryd vir Affies in 2023 is ongetwyfeld een van die grootse bepalings op die Rugby-kalendar hierdie jaar. Affies sal hul bure, Pretoria Boys High, vir die 118e maal in 100 jaar aanvat.

Sedert die twee skole vir die eerste keer in 1923 meegeding het, is daar al soveel geskiedenis om die kompetisie gebou dat hierdie net soveel van ‘n mylpaal vir Suid Afrikaanse rugby is as wat dit sal wees vir die seuns wat die eer het om mekaar aan te vat op hierdie spesiale geleentheid.

Volg al die aksie op SuperSport Schools.

Registreer nou om seker te maak jy mis nie ‘n oomblik nie.

Affies se bepalings vir die 2023-seisoen: 

#nt_header_1nt_header_2nt_header_3nt_header_4nt_header_5nt_header_6
111/03/2023Affies27Diamantveld0Kimberley
218/03/2023Affies41Helpmekaar33Pretoria
331/03/2023Affies25Durban High School24Noord/Suid
404/04/2023Affies19Paarl Boys' High26Noord/Suid
515/04/2023Affies38Garsfontein45Home
622/04/2023Affies21Paarl Gimnasium38Paarl
728/04/2023Affies29Oakdale Landbou0Wildeklawer
801/05/2023Affies25Paul Roos Gimnasium31Wildeklawer
913/05/2023Affies43King Edward VII20Pretoria
1020/05/2023Affies19Grey College60Bloemfontein
1127/05/2023Affies33Jeppe High School for Boys31Johannesburg
1203/06/2023AffiesCMenloparkCMenlopark
1322/07/2023Affies31Maritzburg College50Pretoria
1429/07/2023Affies57Waterkloof31Affies
1505/08/2023Affies76Pretoria Boys' High24
Willem Louw
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.