SuperSport Schools Plus

Affies oorheers by Sutherland o.17-sewestoernooi

By Willem Louw , in Rugby | News , at 2023-09-04

Affies het verlede naweek hul spiere gebult by die Sutherland o.17 sewestoernooi.

Die Affies eerstespan stap as kampioene weg na ‘n vleklose vertoning.

Vang al die aksie op SuperSport Schools – Registreer nou Skakel na die toernooi

Affies kon hul buurskool, Pretoria Boys’ High, in die eindstryd weg sien om ‘n dominante naweek met ‘n trofee af te sluit.

Die Witbulle se tweedespan het ook baie goed vertoon en ‘n die derde plek verdien. Hul enigste nederlaag was in die halfeindronde teen hul die eerstespan.

Theunz Maritz en Khumo Manakana ontvang in die twee laaste wedstryde vir die Affies-spanne die onderskeie Speler-van-die-Wedstryd toekenings vir hul bydrae.

Menlopark het ook baie indrukwekkend gelyk en kon die Plaat-titel verower nadat hulle teen ‘n jong Oos-Moot span met 26-19 kon seëvier.

Uitslae:

Groep A: Affies 52, Sutherland 7; Rooikatte 24, Talent45 7; Affies 66, Rooikatte 0; Menlopark 45, Centurion 0; Rooikatte 24, Sutherland 17; Affies 58, Talent45 0.

Groep B: Zayo Academy 24, Centurion 14; Zayo Academy 14, Overkruin 12.

Groep C: HTS John Vorster 52, Oos-Moot 0; Wonderboom 17, HTS John Vorster 10; Zwartkop 21, HTS John Vorster 7; Oos-Moot 55, Wonderboom 5.

Groep D: Pretoria Boys’ High 48, Gerrit Maritz 5; Eldoraigne 24, Curro Hazeldean 12; Pretoria Boys’ High 33, Amberfield 7; Pretoria Boys’ High 35, Eldoraigne 7; Eldoraigne 43, Gerrit Maritz 0.

Groep E: Pretoria-Noord 33, Amberfield 7; Affies II 57, Amberfield 7; Pretoria-Noord 21, Montana 10; Affies II 52, Montana 0; Affies II 22, Pretoria-Noord 12.

Kwarteindronde: 

Beker: Affies 26, Menlopark 10; Affies II 26, Pretoria-Noord 10; Pretoria Boys’ High 22, Oos-Moot 10; Zwartkop 26, Eldoraigne 15.

Halfeindronde:

Beker: Affies 34, Affies II 17; Pretoria Boys’ High 14, Zwartkop 5.
Plaat: Menlopark 56, Pretoria-Noord 0; Oos-Moot 22, Eldoraigne 17.

Eindstryd:

Beker: Affies 33, Pretoria Boys’ High 17.
3/4
Affies II 26, Zwartkop 20.
Plaat: Menlopark 26, Oos-Moot 19.

Willem Louw
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.