Affies gee Paul Roos slae na twee jaar se wag op Noord/Suid
Die Noorde en die Suide se spanne is heelwat nader aan mekaar vanjaar op skolevlak as wat die afgelope paar jaar die geval was.
Dit is duidelik te sien na die eerste twee dae van die Noord/Suid-toernooi wat by die Afrikaanse Hoër Seunskool in Pretoria plaasvind.
Enige kenner van skolerugby sal ook nog nie met sekerheid sy geld kan verwed op wie vanjaar Suid-Afrika se voorste skolespan is nie.
Affies het sy wendroogte sedert 2016 oor Paul Roos Gimnasium met ‘n sege van 24-18 beklink. Die wedstryd sou al in 2020 plaasgevind ter viering van Affies se 100ste bestaansjaar.
Die twee jaar het die Wit Bulle egter goed gedoen want dit was een van hul beste vertonings in jare. Affies se losskakel, Stiaan Heymans, was uitstaande en het 19 punte tot die sege bygedra.
Paarl Gimnasium het wel met ‘n sege van 42-19 oor Monument van Krugersdorp seker gemaak dat sy naam tussen die vyf aanspraakmakers sal tel.
Gimmies se haker, Luca Bakkes, het twee maal van rolmaalbewegings oorgeval. Dit was egter die binnesenter, PA van Niekerk, wat met sy direkte hardlooplyne asook algemene spel wat die grootste doring in Monnas se vlees was.
Glenwood sal tevrede met hul sege van 47-33 oor Noordheuwel wees. Veral na die span se slot Jason Viviers na ‘n gevaarlike duikslag met nog 25 minute oor van die veld gestuur is. Die span van Durban se agtsteman en kaptein, Yabo Ndzamela, is ‘n speler om dop te hou.
Oakdale Landbou was deurgans in beheer in sy sege van 26-5 oor EG Jansen van Boksburg. Die span van Riversdal se agtsteman, AJ van Rensburg, was uitstaande.
EG Jansen verdien egter ‘n pluimpie dat hulle fisiek nooit ‘n tree terug gestaan het vir Oakdale nie en ook nooit handoek ingegooi het nie.
Grey-kollege se skrumskakel, Caleb Abrahams, was met ‘n driekuns aan drieë aan die pits van sy span se oorwinning van 43-27 oor die Hoërskool Stellenberg op die Noord/Suid-toernooi.
Abrahams het gewys dat hy vanjaar nog vir homself groot naam gaan maak. Stellenberg se Jade Brigade het egter ook gewys dat hy vanjaar nog ‘n verrassing of twee kan veroorsaak.
Dit was egter nie so maklik vir Grey as wat die telling aandui nie. Grey sou vooraf verwag het dat die Jade Brigade met ‘n aanslag sou kom, veral na Paarl Gimnasium hom slegs 12-6 die vorige week kon klop.
En dit was ‘n hewige aanslag deur die troepe van Stellenberg. ‘n Strafdrie asook Abrahams wat sy driekuns in die laaste beweging van die kragmeting voltooi het, het die telling van 31-27 na 43-27 gerek.
Grey se slot JF van Heerden asook die flank Lukas Meyer het die veld vol gespeel en hul name gaan ook nog baie vanjaar gehoor word. Stellenberg se binnesenter, Damian Markus, was uitstaande op die verdediging en het boonop ook sy gebruiklike onderskepdrie gedruk.
Die Hoërskool Garsfontein het die tonge behoorlik los gehad na hy op die eerste dag van die toernooi vir HTS Drostdy van Worcester met 67-0 afgeransel het. Die Turkoois Bere kom Maandag teen die Hoër Jongenskool Paarl te staan wat ‘n veel taaier uitdaging sal bied.
Dit sal Boishaai se afrigter, Sean Erasmus, se tweede kragmeting terug aan stuur van sake wees na hy ‘n draai by die Leeus in Johannesburg gemaak het. Dié kragmeting sal wel sy 100ste as breier van dié skool se eerstespan wees.
Garsies se heelagter, Michail Damons, asook die agtsteman, Maynard Kleynhans, was die grootste uitblinkers in die sege oor HTS Drostdy. Veral Damons met sy vlugvoetige voetwerk het die Donkies heelwat probleme op verdediging besorg.
Boishaai het vir Menlopark met 31-6 op die eerste dag van die toernooi geklop. Waterkloof se heelagter, Reuven Ferreira, het die vonk agterlangs vir sy span in die tweede helfte verskaf om ‘n rustyd-agterstand van 7-11 na ‘n sege van 29-11 om te skakel.
Witteberg van Bethlehem is as kampioen van die Mauritz Hansen-week in Mookgophong (voorheen Naboomspruit) gekroon. Die span van Bethlehem het gister vir Northcliff met 26-19 in die eindstryd van die week verslaan.
Die Hansie-week is die grootste ter wêreld vir skole met die aantal spanne wat jaarliks hier teen mekaar kragte meet. Witteberg het in sy ander twee wedstryde op die week vir Ben Vorster (36-10) en Dr. Malan (55-0) kaf gedraf.
AL DIE UITSLAE:
NOORD/SUID-TOERNOOI
Paarl Gimnasium 42, Monument 19; Grey-kollege 43, Stellenberg 27; Hoër Jongenskool Paarl 31, Menlopark 6; Garsfontein 67, HTS Drostdy 0; Waterkloof 29, Welkom Gimnasium 11; Oakdale Landbou 26, EG Jansen 5; Durbanville 36, Helpmekaar 34; Glenwood 47, Noordheuwel 33; Hoërskool Nelspruit 20, Pretoria Boys’ High 0.
OAKDALE RUGBYWEEK
Hugenote (Wellington) 38, Potchefstroom Gimnasium 24; Robertson 29, Oosterlig 7; Lichtenburg 14, Hoërskool Upington 7; Hermanus 34, Hoërskool Alberton 3; Pearson 54, Zwartkop 0; Brackenfell 34, Jeugland 7; Swartland 17, Ellisras 10; Landboudal 33, Montagu 19; Strand 19, Oos-Moot 12; Merensky 29, Augsburg Gimnasium 20; Vryburg 47, Hoërskool Oudtshoorn 5; Overberg 17, Graaff-Reinet Volkskool 16; Parel Vallei 7, Bredasdorp 5; Sentraal 13, Langenhoven Gimnasium 7; Vredendal 24, Westering 22.
MAURITZ HANSEN-WEEK
Dag 1: Hoërskool Trio 34, Hans Strijdom 24; Frikkie Meyer 15, HTS Middelburg 14; Witteberg 36, Ben Vorster 10; Dr. Malan 32, Piet Potgieter 0; Northcliff 48, Riebeeckrand 7; HTS Tom Naudé 33, Curro Hazeldean 15; Hoogenhout 12, Lydenburg 12; Monument Sables 26, Erasmus (Bronkhorstspruit) 12; Affies Geel Kobras 27, Noordheuwel III 0.
Dag 2: HTS Middelburg 14, Ben Vorster 11; Witteberg 55, Dr. Malan 0; Hoërskool Trio 20, Frikkie Meyer 3; Riebeeckrand 36, Piet Potgieter 12; Hans Strijdom 20, Erasmus (Bronkhorstspruit) 0; HTS Tom Naudé 6, Hoogenhout 0; Northcliff 26, Lydenburg 0; Affies Geel Kobras 27, Monument Sables 19; Noordheuwel III 29, Curro Hazeldean 0.
Dag 3: Witteberg 26, Northcliff 19; Dr. Malan 13, Hans Strijdom 10; Frikkie Meyer 29, Ben Vorster 28; HTS Middelburg 22, Hoërskool Trio 9; Erasmus (Bronkhorstspruit) 14, Hoogenhout 7; Riebeeckrand 33, Curro Hazeldean 5; Noordheuwel III 14, Piet Potgieter 10; Affies Geel Kobras 26, HTS Tom Naudé 0; Monument Sables 29, Lydenburg 12.
DANIE ROSSOUW-WEEK
Dag 1: Delmas 61, Bergvlam 0; HTS Witbank 22, HTS John Vorster 20; Driehoek 19, Uplands College 12; Midstream College 23, Frans du Toit 19; Rob Ferreira 14, Wonderboom 11.
Dag 2: Rob Ferreira 14, Delmas 10; HTS John Vorster 24, Driehoek 10; HTS Witbank 30, Midstream College 24; Bergvlam 12, Rob Ferreira II 12; Wonderboom 26, Frans du Toit 10; Hoërskool Nelspruit II 34, Uplands College 10.
Dag 3: Bergvlam 15, Uplands College 12; Rob Ferreira 22, HTS John Vorster 21; HTS Witbank 28, Wonderboom 26.
WYNBERG RUGBYFEES
Wynberg Boys’ High 53, Soweto 0; Duineveld 26, St. Stithians College 0; Bishops 27, HTS Drostdy 19; Rondebosch Boys’ High 67, Hoërskool Belville 0; SACS 13, Durbanville 6; St. Benedict’s College 24, HTS Bellville 6; Jan van Riebeeck 29, Wynberg III 15.
TONY STOOPS-WEEK
Otto du Plessis 28, HTS Bellville 20; Fairmont 16, Hoërskool Stellenbosch 12; Schoonspruit 69, Sutherland 0; DF Malan 17, Porterville 10; Tygerberg 24, Klein Nederburg 19; De Kuilen 10, Knysna 3; Noorder-Paarl 33, Scottsdene 0; Piketberg 34, Alexander Road 18; Cillie 19, Paulus Joubert 13; Vredenburg 39, Kasselsvlei 30; Monumentpark 19, Weston 7.
[powr-comments id=”21029afd_1648452870815″]





