SuperSport Schools Plus

Dokkies, Allies en Randburg behaal seges in eerste ronde van NWU Sport-reeks

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2022-03-13 Tags: , ,

NewsG Overkruin skolerugbyDie Hoërskool Alberton het sy aanslag op vanjaar se titel in die NWU Sport-reeks met ‘n oorwinning van 36-10 oor die Hoërskool Driehoek afgekop. Die Allies se agtsteman, Luan van Tonder, was uitstaande. Hy het elke keer etlike meters veld gewen wat hy die bal onder die arm vasgeknyp het. 

Hy het ook een van Alberton se ses drieë gedruk. Die wenspan het die bal hope lug gegee wat sy vleuels hope geleenthede op die punte gegee het. Die vleuel Jason Lotriet het een van die geleenthede met ‘n mooi lopie afgerond. 

Dr. Malan van Meyerton het ‘n naelskraapse sege van 13-11 oor die Hoërskool Florida behaal. Die Florries het ‘n geleentheid in die doodsnikke gehad om ‘n gelykop-uitslag af te dwing. 

Sy heelagter, Duan Labuschagne, het gaan druk om die telling op 13-11 te staan te bring. ‘n Suksesvolle doelskop deur die losskakel, Divan Venter, sou sake gelyk getrek het. 

Venter wie se geleerde skopskoen het hom egter in die steek gelaat en hy het die doelskop skeef getrek. Hy het vroeër met twee veel moeiliker strafdoele geslaag.

Dokkies het heelwat geleenthede in die wedstryd geskep maar die span was ‘n hele paar keer oorhaastig wat hom punte gekos het. Dit is egter nog vroeg in die seisoen en die span behoort binnekort op alle silinders te vuur. 

Die wenspan se slot, Tiaan Swanepoel, het uitstekend gerank in die lynstane en nie net sy eie span se besit verseker nie, maar boonop Florries se besit in die fase van die spel bemoeilik. Die haker, Livan du Plessis, het in die vaste los gewoel. 

Dokkies se twee flanke, Raymond Pretorius en Francois van Niekerk, het goed gekombineer op die verdediging asook by die afbreekpunte. 

Randburg het sy seisoen met ‘n oorwinning van 36-22 oor Standerton afgeskop. AJ van Wyk het dubbele driedruk-plesier ervaar vir die wenspan. Die wenspan het ses drieë in die sege gedruk.

Dinamika het vir Hoogenhout van Bethal met 31-7 geklop. Die span van Alberton se Dewan van Biljon en Chamile Cupido het elk twee keer agter die doellyn gaan kuier.

Puntemakers: 

Hoërskool Alberton 36 – Drieë: Luan van Tonder, Ryno Marais, Gerhardt Strydom, Anru Lewis, Jason Lotriet, Strafdrie. Doelskoppe: Lewis (2). Driehoek 10.

Randburg 36 – Drieë: AJ Vogel (2), Henro Steyn, Lourens Kruger, Kyle Esterhuizen, Divan Loock. Doelskoppe: Pieter Naudé (3). Standerton 22.

Dr. Malan 13 – Drieë: Livan du Plessis, Tiaan Swanepoel. Strafdoel: Diandré Steyn. Florida 11 – Drie: Duan Labuschagne. Strafdoele: Divan Venter (2).

Dinamika 31 – Drieë: Dewan van Biljon (2), Chamile Cupido (2), Joshua Swanepoel. Doelskoppe: Dylan Serfontein (3). Hoogenhout 5.

Ander spanne: 

Eerstespanne (skole waarvoor ons geen puntemakers ontvang het nie): Overkruin 29, Hans Moore 22.

o.16: Alberton 29, Driehoek 3; Randburg 32, Standerton 7; Dr. Malan 34, Florida 5; Dinamika 52, Hoogenhout 22; Hans Moore 24, Overkruin 7.

o.15: Alberton 39, Driehoek 0; Randburg 46, Standerton 0; Dr. Malan 24, Florida 0; Dinamika 32, Hoogenhout 12; Hans Moore 35, Overkruin 0.

o.14: Alberton 17, Driehoek 12; Randburg 60, Standerton 7; Florida 12, Dr. Malan 7; Dinamika 15, Hoogenhout 0; Hans Moore 29, Overkruin 12.

[powr-comments id=”5e18ba93_1647167758057″]

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.