Fichies mik daarna om Rooiskool die derde keer die kous oor die kop te trek
Die Hoërskool Fichardtpark se eersterugbyspan sal vanjaar tydens die hoofwedstryd van sy 19de McDonalds Sportdag in Bloemfontein poog om vir die derde jaar in ‘n ry in sy hoofwedstryd vir die Afrikaanse Hoërskool Kroonstad om te dop.
Die Fichies het verlede jaar met 36-12 oortuigend koning gekraai in die hoofwedstryd en in 2018 was hulle naelskraaps met 25-23 baas. Die gasheer se kaptein en agtsteman, JT van der Walt, was verlede jaar een van sy span se staatmakers in die hoofwedstryd.
Lowhan van Wyk (vleuel), Davin Groenewald (losskakel) en Jeff Parota (stut) was verlede jaar ook saam met Van der Walt in die sege betrokke. Porota het aan die kant van die skrum gesak.
Fichies het wel vanjaar ‘n nuwe afrigtingspan wat die sweep klap. Riaan Herholdt en Jaco Kotze het vanjaar die leisels by die voormalige Vrystaatse stut Dirkie Groenewald oorgeneem. Groenewald het van 2013 tot aan die einde van die 2019-seisoen die eerstespan gebrei.
Herholdt het laas in 2012 die eerstespan afgerig voordat Groenewald by hom die leisels oorgeneem het. Kotze, wat ‘n bekende in skeidsregterskringe is, is die span se hoofafrigter. Hy het in 2012 die eerste Vrystater ooit geword om die hoofwedstryd van die Cravenweek te blaas. Die eer het hom ‘n tweede keer in 2018 te beurt geval.
Van der Walt sal in ‘n hewige stryd in die los met Rooiskool se losvoorspelers Henru Hattingh en Hanu Visagie gewikkel wees.
In die vernaamste voorwedstryd sal Jim Fouché teen Hentie Cilliers van Virginia te staan kom. Die Groen Masjien van JF behoort vanjaar ‘n gedugte span in die Vrystaatse A-liga te wees.
Die span se kaptein en buitesenter, Zane Bester, het verlede jaar reeds die Vrystaat op die Akademie-week in Bloemfontein verteenwoordig. Bester behoort Henties met sy lopies in die middelveld besig te hou. Boonop het die span se skakelpaar, Revaldo Maurice en Ryan George, ook die Vrystaat op die toernooi verteenwoordig.JF het dus in hule agterhoede meer as genoeg ervaring om sy stem behoorlik dik te maak.
Die spanne is:
Hoërskool Fichardtpark vs AHS Kroonstad om 16:20:
Fichardtpark: 15 Lechandro Buys, 14 Lowhan van Wyk, 13 Jaydee Stadhouer, 12 Shaun Schietekat, 11 Lefa Matsinga, 10 Davin Groenewald, 9 Morkel Terblanche, 8 JT van der Walt (kaptein), 7 Matthew Kitching, 6 Zandro Smit, 5 Ethan Gough, 4 MJ Douglas, 3 Tiaan Kemp, 2 Hanco Swanepoel, 1 Jeff Porota.
AHS Kroonstad: 15 Liam de Wet, 14 Zane Booyens, 13 Cheslin Jones,12 Michael Keyser, 11 Wihan Verreyne, 10 Zander Pelser, 9 Franna Carstens, 8 Hanu Visagie, 7 Henro Hattingh, 6 Diaan Jordaan, 5 Jan-Hendrik Eloff, 4 Manie van Niekerk, 3 Kerneels Terblanche, 2 Christiaan Welgemoed, 1 Kosie van Rensburg.
Jim Fouché vs Hentie Cilliers om 13:50:
Jim Fouché: 15 Behan Vermaak, 14 Kevin McIntyre, 13 Zane Bester (kaptein), 12 Janco Prinsloo, 11 KB Mashale, 10 Revaldo Maurice, 9 Ryan George, 8 Danston Cloete, 7 Giovanni Rayners, 6 Pieter Koekemoer, 5 Gerhard Husselman, 4 Wian de Kock, 3 Thato Lechoko, 2 Damian Calitz, 1 Henco Gerber.
Hentie Cilliers: Onbekend.
Al die wedstryde word regstreeks op FichiesTV via digitv.co.za uitgesaai:
![]() |
16:20 | Fichardtpark vs AHS Kroonstad | https://digitv.co.za/#/video/16753/16753/live |
13:50 | Jim Fouché vs Hentie Cilliers | https://digitv.co.za/#/video/16753/16753/live | |
15:00 | Sentraal vs Noord-Kaap | https://digitv.co.za/#/video/16753/16753/live | |
12:40 | Diamantveld vs Wesvalia | https://digitv.co.za/#/video/16753/16753/live | |
11:30 | Marlow Landbou vs Louis Botha | https://digitv.co.za/#/video/16753/16753/live | |
10:20 | Landboudal vs Grey-kollege XV | https://digitv.co.za/#/video/16753/16753/live | |
09:10 | Ficksburg vs Aliwal-Noord | https://digitv.co.za/#/video/16753/16753/live | |
08:00 | St Andrews vs Kroonstad | https://digitv.co.za/#/video/16753/16753/live |
LEES MEER:
Hier is die bepalings vir Fichardtpark se Sportdag van 2020
Fichies slaan Rooies blouoog op jaarlikse sportdag in Rosestad
Fichies bo in titaniese stryd teen Rooiskool
Fichardtpark se Clover Sportdag steeds grootste in SA
[powr-comments id=”79fc0348_1582874475241″]
- Grey College favourites once again to be crowned Champion of Champions - 2025-09-19
- RUGBY | Grey College – 2025 - 2025-09-18
- Witwarm Wilgies sal Prieska se Gadeija moet hokslaan - 2025-08-30