SuperSport Schools Plus

Kan iemand Pionier keer om vir die derde agtereenvolgende jaar as kampioen gekroon te word

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2020-02-12 Tags: , , , ,

NWU Pukke 16Die kampioen van die NWU 16-reeks, Pionier van Vryheid, sal sy aanslag op vanjaar se titel weg van die huis in die Jack Botes-stadion teen Piet Retief afskop. Die span van Vryheid sal vanjaar poog om vir die derde agtereenvolgende jaar as kampioen van die reeks gekroon te word.

Pionier het verlede jaar vir Leeuwenhof Akademie met 41-12 in die eindstryd die loef afgesteek. In 2018 se eindstryd het dieselfde twee spanne kragte gemeet, met Pionier wat toe ook oortuigend met 38-13 baas was. Die ander twee spanne in Pionier se Poel B sal Ferrum van Newcastle en Volksrust wees.

Leeuwenhof sal vanjaar weer ‘n sterk aanspraakmaker op die titel wees, maar kan sterk teenstand in sy groep van Bekker van Magaliesburg, Overvaal en Riebeeckrand verwag.

In Poel A het Pretoria-Noord die afgelope paar jaar die bo-toon gevoer. Die span van die Jakarandastad sal vanjaar sake teen Oosterland van Secunda, Stoffberg van Brakpan en Delmas in sy groepwedstryde uitspook.

In Poel C behoort die vonke behoorlik tussen Schoonspruit van Klerksdorp, Vryburg, Fochville en Wolmaransstad te spat. Vryburg was in 2016 die kampioen gewees.

In 2017 het Bekker en Pionier die louere gedeel na daar met die telling op 17-elk niks tussen die twee spanne te kies was nie.

Die bepalings: 

29 Februarie 2020 

Oosterland vs Stoffberg
Pretoria-Noord vs Delmas
Leeuwenhof vs Bekker
Overvaal vs Riebeeckrand
Piet Retief vs Pionier
Ferrum vs Volksrust
Wolmaransstad vs Schoonspruit
Fochville vs Vryburg

7 Maart 2020

Stoffberg vs Delmas
Oosterland vs Pretoria-Noord
Pionier vs Ferrum
Volksrust vs Piet Retief
Riebeeckrand vs Leeuwenhof
Bekker vs Overvaal
Schoonspruit vs Fochville
Vryburg vs Wolmaransstad

14 March 2020

Pretoria-Noord vs Stoffberg
Delmas vs Oosterland
Piet Retief vs Ferrum
Pionier vs Volksrust
Bekker vs Riebeeckrand
Leeuwenhof vs Overvaal
Fochville vs Wolmaransstad
Schoonspruit vs Vryburg

[powr-comments id=”6beb3f2f_1581489260121″]

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.