Durbies klop Stellenberg die eerste keer in 13 jaar
Die Hoërskool Durbanville se eerste rugbyspan het waarskynlik vir die grootste opskudding van die 2019 seisoen gesorg toe hy sy aartsvyand, die Hoërskool Stellenberg, in hul jaarlikse interskole met 46-39 verslaan het.
Die Durbies kon 13 jaar gelede in 2006 laas daarin slaag om Stellies te klop. Die twee spanne het ook in 2011 (23-elk) en 2012 (3-elk) gelykop teen mekaar gespeel. Al die ander jare het egter aan die #JadeBrigade van Stellies behoort.
Durbies se binnesenter, Corné Oliphant, was ‘n groot doring in die besoekers se vlees. Hy het nie net daarin geslaag om sy direkte teenstander die gevaarlike Hedley Hadlow in toom te hou nie, hy het ook vier keer verby die verdediging geglip om ‘n draai agter die doellyn te gaan maak.
Stellenberg het sonder twyfel as die gunsteling opgedaag. Die #JadeBrigade het voor die naweek se wedstryd die 12de posisie op School of Rugby se ranglys beklee, terwyl Durbies slegs in die 46ste posisie op die lys was.
Die inklimspel van die vaskopstut van Durbanville, Janlo Basson, het ook ‘n reuse aandeel gehad in die opskudding. Basson is voorlangs goed bygestaan deur die kaptein en flank, Juan Mouton, asook die flank William Moore.
Agterlangs was die vleuel Will Vraagom op die verdediging goud werd vir die wenspan. Hy het op die einde ‘n belangrike doodvat uitgevoer om ‘n sekere drie vir Stellenberg te keer. Die Stellies sou dan ‘n kans gestaan het om sake gelyk te trek. Die buitesenter, Willem Jansen, het self ‘n paar goeie lopies in die middelveld ingekry.
Durbies se losskakel, Hanno van Biljon, het ook spel goed dikteer met die skopvoet. Dié sege kom ook na ‘n moeilike week vir Durbanville na sy direkteur van rugby en afrigter van die eerstespan, Shaun Huygen, weens beweerde betrokkenheid by opkikkers tydelik geskors is.
Framesby was in ‘n vernietigende bui teen Nico Malan van Humansdorp in die twee skole se jaarlikse FNB Classic Clash op laasgenoemde se tuisveld. Die span van Port Elizabeth het vir Nico Malan met 94-7 op ‘n mistroostige dag in Humansdorp verneder. Die wind en reën het egter nie Framesby se span enigsins ontmoedig nie.
Al rede hoekom Framesby nie ‘n honderdtal in die wedstryd behaal het nie, is omdat Nico Malan so paar keer traag was om af te skop. Die wenspan se kaptein en binnesenter, Christo Grobler, het van voor gelei en vier van sy span se 14 drieë afgerond. Grobler het reeds sy driekuns in die 25ste minuut van die wedstryd voltooi.
Framesby se skitterende losskakel, Juandré Liebenberg, het 23 punte tot die totaal bygevoeg. Hy het nege van sy span se drieë verdoel en ook een keer ‘n draai agter die doellyn gaan maak. Framesby het die hele wedstryd oorheers, maar die name van William Moffat (agtsteman), Cadan-Wade Finnis (buitesenter) en Sebastian Brand (vleuel) verdien om uitgelig te word.
Rondebosch Boys’ High het die bordjies met 21-10 teen Diocesan College verhang in die twee spanne se tradisionele kragmeting om die seisoen mee af te sluit. Bishops het die kragmeting tussen die twee spanne vroeër vanjaar met 36-26 gewen.
Rondebosch Boys’ High se heelagter, Dalvon Blood, het Saterdag dubelle driedruk-plesier ervaar en daarmee ook sy getal drieë vir sy skoolspan tot 13 vir die seisoen opgestoot.
FOTO: Brakkies Sport Fotos
Puntemakers:
Durbanville 46 (20) – Drieë: Corné Oliphant (4), Ruan Steyn, Ronaldo Ishmael. Doelskoppe: Patrick Kotze (5). Strafdoele: Kotze (2). Stellenberg 39 (10) – Drieë: Niel Nelson, Ruwan Pienaar, Jean-Jacques van Schalkwyk, Jaco Fourie, Hedley Hadlow. Doelskoppe: Nivan Petersen (4). Strafdoele: Petersen (2).
Framesby 94 (47) – Drieë: Christo Grobler (4), Sebastian Brand (2), William Moffat (2), Cadan-Wade Finnis, Ruan du Preez, Juandré Liebenberg, Morné Prins, Danie van der Merwe, Brandon Wilkie. Doelskoppe: Liebenberg (9), Grobler, Moffat, Finnis. Nico Malan 7 (0) – Drie: Tiaan Moore. Doelskop: Christiaan Denysschen.
Rondebosch Boys’ High 21 (0) – Drieë: Dalvon Blood (2), Ishma-eel Safodien. Doelskoppe: Kian Davis (3). Diocesan College 10 (0) – Drie: Ollie Jones. Doelskop: Sacha Mngomezulu. Strafdoel: Mngomezulu.
Wynberg Boys’ High 28 (21) – Drieë: Lezane Davis (2), Matthew Demonze, Reece Brice. Doelskoppe: Devon Pretorius (4). SACS 0.
Hoërskool Bellville 30 (19) – Drieë: Ivano Jonkers (2). Doelskop: Jaco Oosthuizen. Strafdoele: Oosthuizen (6). DF Malan 6 (6) – Strafdoele: Jean-Louis Burger (2).
Brackenfell 23 (16) – Drieë: Ruben Brink, Breanban Mellin. Doelskoppe: Raven Smith (2). Strafdoele: Smith (2), Brandon Jafta. Tygerberg 12 (7) – Drieë: Kian Biermann, Denzil Miguel. Doelskop: Tristan Rhode.
Strand 19 (14) – Drieë: Jason Muller, Jason Davids, Liam Martin. Doelskoppe: Ethan Beckett (2). HTS Bellville 10 (0) – Drieë: Jay-Cee Wenn, Lee Jooste.
Worcester Gimnasium 50 (10) – Drieë: Claudio Matolla (2), Lucian Abrahams, Dawid Kock, Pierre du Toit, Nathan Pedro, Tiaan Bester, Tyrique Williams. Doelskoppe: Du Toit (5). De Kuilen 18 (10) – Drieë: Cameron Thomas, Kayden Colville, Joshua Rhoda. Strafdoel: Colville..
Melkbosstrand 56 (21) – Drieë: Byron Maree (2), Breyton Maree, Ettienne Vass, Kean Snyman, Jeandré du Plessis, Johnnie Erasmus, Victor Vass. Doelskoppe: Zander Stadler (8). Hottentots-Holland 29 (22) – Drieë: Ashton Adriani, Earley Theron, Junaid Olivier, Keithon Braaf, Michael Maleni. Doelskoppe: Junaid Daniels (2).
Monumentpark 19 (12) – Drieë: Brandon Pretorius, Robin Kruger, Gladwin Philander. Doelskoppe: Philander (2). Vredenburg 10 (10) – Drieë: Malcolm Swartz (2).
Tygerberg-klub 24 (5) – Drieë: Rowan Pritchard (2), Nito Jantjies, Juan Konstabel. Doelskoppe: Pritchard (2). Fairburn 21 (21).
Ander uitslae:
o.19A: Parel Vallei 27, Pearson (PE) 28; Milnerton 31, Vishoek 19; Scottsdene 17, Bernadino Heights 13; The Settlers 15, Khayelitsha/Nyanga 10.
o.19B: Paul Roos 24, Grey Kollege 20; Rondebosch 25, Bishops 19; Wynberg 20, SACS 19; Durbanville 24, Stellenberg 22; D.F.Malan 7, HS Bellville 5; HS Tygerberg 19, Brackenfell 14; HTS Bellville 7, Strand 20; De Kuilen 7, Worcester Gim 38; Melkbosstrand 28, HHH 7; Monumentpark 13, Vredenburg 13; Fairbairn 17, Tygerberg-klub 12; Milnerton 21, Vishoek 14.
o.16A: Paul Roos 29, Grey Kollege 26; Rondebosch 17, Bishops 45; Wynberg 30, SACS 21; Durbanville 27, Stellenberg 25; D.F.Malan 13, HS Bellville 5; HS Tygerberg 34, Brackenfell 12; HTS Bellville 41, Strand 0; De Kuilen 0, Worcester Gim 24; Melkbosstrand 42, HHH 12; Monumentpark 14, Vredenburg 7; Fairbairn 24, Tygerberg-klub 0; Milnerton 7, Vishoek 0; Scottsdene 0, Bernadino Heights 5; The Settlers 76, Khayelitsha/Nyanga 3.
o.15A: Paul Roos 3, Grey Kollege 39; Rondebosch 38, Bishops 12; Wynberg 12, SACS 12; Durbanville 14, Stellenberg 14; D.F.Malan 10, HS Bellville 3; HS Tygerberg 27, Brackenfell 22; HTS Bellville 10, Strand 14; De Kuilen 3, Worcester Gim 14; Melkbosstrand 34, HHH 19; Monumentpark 22, Vredenburg 7; Fairbairn 26, Tygerberg-klub 5; Milnerton 31, Vishoek 12; Scottsdene 15, Bernadino Heights 7; The Settlers 5, Khayelitsha/Nyanga 7.
o.14A: Paul Roos 17, Grey Kollege 23; Rondebosch 24, Bishops 17; Wynberg 26, SACS 7; Durbanville 12, Stellenberg 12; D.F.Malan 17, HS Bellville 13; HS Tygerberg 0, Brackenfell 31; HTS Bellville 54, Strand 5; De Kuilen 0, Worcester Gim 57; Melkbosstrand 52, HHH 8; Monumentpark 19, Vredenburg 22; Fairbairn 0, Tygerberg-klub 14; Scottsdene 7, Bernadino Heights 12; The Settlers 21, Khayelitsha/Nyanga 0.
Kyk weer na die volgende wedstryde via DigiTV.co.za:
Hoërskool Durbanville vs Hoërskool Stellenberg | Streaming Link: | ||
![]() |
o.19A | Durbanville vs Stellenberg | https://digitv.co.za/#/video/17691/18482/Vod |
o.19B | Durbanville vs Stellenberg | https://digitv.co.za/#/video/17706/18482/Vod | |
o.16A | Durbanville vs Stellenberg | https://digitv.co.za/#/video/17692/18482/Vod | |
o.15A | Durbanville vs Stellenberg | https://digitv.co.za/#/video/17704/18482/Vod | |
o.14A | Durbanville vs Stellenberg | https://digitv.co.za/#/video/17693/18482/Vod | |
OB | Durbanville vs Stellenberg | https://digitv.co.za/#/video/17753/18516/Vod |
[powr-comments id=”29119750_1566200702075″]
- Grey College favourites once again to be crowned Champion of Champions - 2025-09-19
- RUGBY | Grey College – 2025 - 2025-09-18
- Witwarm Wilgies sal Prieska se Gadeija moet hokslaan - 2025-08-30