Harties oor eerste hekkie in Puk-sportreeks, terwyl ander spanne nog tande slyp
Die Hoërskool Hartbeespoort is oor die eerste hekkie van die NWU-Pukke Sportreeks. Harties was met 22-18 bo in die openingswedstryd van die reeks.
Die ander wedstryd wat Saterdag moes plaasvind tussen Hans Moore en Driehoek sal eerskomende Woensdag beslis word. Dit is weens die Brug-tragedie wat by die Hoërskool Driehoek vroeër in Februarie plaasgevind het. Vier leerlinge van Driehoek is tydens die tragedie oorlede.
Hans Moore kom Saterdag ook teen Hartbeespoort te staan.
Die Hoërskool Alberton het die naweek gebruik om laaste verstellings te maak voordat hy sy aanslag afskop om sy titel as kampioen van die Sportreeks te behou. Allies het Oosterlig met 28-13 in ‘n vriendskaplike wedstryd getroef.
Alberton het die Hoërskool Florida met 38-27 in verlede jaar se eindstryd verslaan. Hy sal sy aanslag Saterdag op sy tuisveld teen die Hoërskool Brits afskop.
Spanne wat aan die NWU-Pukke se Prestige-reeks deelneem het ook die laaste Saterdag van Februarie gebruik om skaafwerk in vriendskaplike wedstryde te doen. Die Hoërskool Middelburg het Brandwag van Benoni met 45-10 gestamp in ‘n kragmeting waar geen stelskoppe waargeneem is nie.
Middelburg kom Saterdag in sy eerste wedstryd van die Prestige-reeks teen Wesvalia van Klerksdorp te staan.
Marais Viljoen van Alberton het op sy tuisveld gewys dat hy vanjaar nie sonder handskoene aangepak kan word nie. Marais Viljoen het Potchefstroom Volkskool met 24-7 geklop. Die wenspan se Rehan le Maitre het het 14 van sy span se punte aangeteken. Hy het twee drieë gedruk en ook twee van sy span se vier drieë verdoel.
Marais Viljoen begin sy aanslag in die Prestige-reeks teen die nuweling van die reeks, Heidelberg Volkskool. Potch Volkies se eerste hekkie in die reeks is teen HTS Witbank oor twee weke.
Die Anker het ‘n sege van 29-17 oor Dinamika behaal, terwyl Jeugland oor te veel skietgoed vir HTS Witbank (41-10) beskik het.
Puntemakers:
Hartbeespoort 22 – Drieë: Cullis du Preez, Armin Jonker, Ruan Appelgryn. Doelskoppe: Ruben Janse van Vuuren (2). Strafdoel: Janse van Vuuren. Hoogenhout 18.
Marais Viljoen 24 – Drieë: Rehan le Maitre (2), Dahne Dippenaar, Cona Cane. Doelskoppe: Le Maitre (2). Potchefstroom Volkskool 7.
Hoërskool Middelburg 45 – Drieë: Sipho Nzotho (2), Rowane Skosana (2), Jan Joubert, Frik Lange, Lance Mayisela, Smiley Mosia, Hercu Minnaar. Brandwag (Benoni) 10.
Die Anker 29 – Drieë: Christian Janse van Rensburg, Christiaan Theron, André Nel, Ricardo da Camara, Keegan Labuschagne. Doelskoppe: Jacques Blignaut, Corné Mulder. Dinamika 17.
Hoërskool Alberton 28 (10) – Drieë: JP Groenewald, Brandon Lues, Damion Hill. Doelskoppe: Hill (2). Strafdoele: Hill (3). Oosterlig 13 (6).
Ander spanne:
Eerstespanne: Jeugland 41, HTS Witbank 10;
o.16: Hoogenhout 34, Hartbeespoort 33; HTS Witbank 10, Jeugland 0; Middelburg 35, Brandwag 0; Die Anker 36, Dinamika 12; Hoërskool Alberton 24, Oosterlig 19; Marais Viljoen 27, Potch Volkies 7.
o.15: Hoogenhout 14, Hartbeespoort 10; HTS Witbank 28, Jeugland 0; Middelburg 40, Brandwag 0; Die Anker 19, Dinamika 5; Oosterlig 21, Hoërskool Alberton 5; Marais Viljoen 31, Potch Volkies 11.
o.14: Hoogenhout 69, Hartbeespoort 0; Jeugland 37, HTS Witbank 0; Middelburg 55, Brandwag 5; Die Anker 53, Dinamika 7; Hoërskool Alberton 14, Oosterlig 0; Marais Viljoen 27, Potch Volkies 0.
[powr-comments id=”d8af646a_1551022178269″]
- Grey College favourites once again to be crowned Champion of Champions - 2025-09-19
- RUGBY | Grey College – 2025 - 2025-09-18
- Witwarm Wilgies sal Prieska se Gadeija moet hokslaan - 2025-08-30