Pionier en Leeuwenhof bult spiere in eerste ronde van NWU-Pukke 16
Dit blyk of Pionier en Leeuwenhof weer vanjaar die pas in die NWU-Pukke 16-reeks sal aangee.
Die verdedigende kampioen, Pionier van Vryheid, het sy aanslag met ‘n gemaklike sege van 37-19 oor die Hoërskool Piet Retief afgeskop. Die span se skakelpaar, Ruan Bosman en Ruan Muller, het agterlangs uitstekend vertoon. Muller het een van sy span se ses drieë afgerond, het twee daarvan verdoel en ook ‘n strafdoel oorgeklits.
Voorlangs het die agtsteman, Armand Olsen, sy span op die voorvoet gehou. Pionier het verlede jaar vir Leeuwenhof in die eindstryd met 38-13 getroef om as kampioen gekroon te word.
Leeuwenhof het sy aanslag op vanjaar se titel met ‘n sege van 31-12 oor Bekker van Magaliesburg afgeskop.
Die nuweling in die reeks Riebeeckrand het ook op ‘n positiewe noot afgeskop deur Overvaal met 24-12 kaf te draf.
Pretoria-Noord het Delmas met 10-0 getroef. Die wedstryd is egter vroeg gestop as gevolg van swaar weer.
Nie een van Groep D se wedstryde is beslis nie. Fochville kom eers Maandag teen Vryburg in hul eerste ronde kragmeting te staan, terwyl die wedstryd tussen Schoonspruit van Klerksdorp en Wolmaransstad tot 13 Maart weens atletiek-verpligtinge uitgestel is.
Al die uitslae:
Hoërskool Stoffberg 22 – Drieë: Stephen Baartman, Sydney van Huysteen, Reagan Minnie. Doelskoppe: Van Huysteen (2). Strafdoel: Van Huysteen. Oosterland 15.
Pretoria-Noord 10 – Drie: Nardus Strydom. Doelskop: Jared Davis. Strafdoel: Davis. Delmas 0.
Pionier 37 – Drieë: Ruan Muller, Ryno Swanepoel, JW Olsen, Ruan Bosman, Daniel Smuts, Klopper Opperman. Doelskoppe: Muller (2). Strafdoel: Muller. Piet Retief 19 – Drieë: Ndumiso Dludla, Rian Fourie, Asanda Mashaba. Doelskoppe: Armand Coetzee (2).
Overvaal 12 – Drieë: Brandon Heynecke, Lukas Kruger. Doelskop: Kruger. Riebeeckrand 24.
Bekker 12 – Drieë: Lesego Matlou, Dehan Pruis. Doelskop: Brendan Loftie-Eaton. Leeuwenhof 31.
Ander spanne:
o.16: Stoffberg 62, Oosterland 0; Delmas 51, Pretoria-Noord 14; Piet Retief 19, Pionier 7; Riebeeckrand 14, Overvaal 7; Leeuwenhof 34, Bekker 19.
o.15: Stoffberg 21, Oosterland 19; Pretoria-Noord 64, Delmas 0; Piet Retief 38, Pionier 0; Overvaal 41, Riebeeckrand 5; Leeuwenhof 22, Bekker 14.
o.14: Oosterland 26, Stoffberg 10; Pretoria-Noord 26, Delmas 10; Piet Retief 45, Pionier 0; Overvaal 17, Riebeeckrand 12; Bekker 12, Leeuwenhof 10.
[powr-comments id=”4a2083f0_1551019812721″]
- Grey College favourites once again to be crowned Champion of Champions - 2025-09-19
- RUGBY | Grey College – 2025 - 2025-09-18
- Witwarm Wilgies sal Prieska se Gadeija moet hokslaan - 2025-08-30