SuperSport Schools Plus

Bastion kampioen van o.12-afdeling van die Marius Schoeman Sewes

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2018-09-07 Tags: ,

NewsGMS7s12KampDie Laerskool Bastion van Kaapstad is die nuwe kampioen van die Marius Schoeman Sewes-toernooi vir o.12-spanne. Bastion het in die eindstryd van die toernooi op Paarl Gimnasium se hoofveld vir Gordonsbaai met 26-14 die loef afgesteek. 

Die Laerskool Bastion van Kaapstad is die nuwe kampioen van die Marius Schoeman Sewes-toernooi vir o.12-spanne. Bastion het in die eindstryd van die toernooi op Paarl Gimnasium se hoofveld vir Gordonsbaai met 26-14 die loef afgesteek. 

Die kampioen se David Simon is vir sy skitterende spel tydens die toernooi as Speler van die Toernooi aangewys. Sy sentermaat in die 15-man kode, Myburgh Louw, het self uitmuntend vertoon. Dan kan Keanu Bekker ook sy kop na ‘n rits blitsvertonings omhoog hou. 

Bastion het sy plek in die eindstryd met ‘n sege van 26-15 oor Gene Louw van Durbanville bespreek. In die ander halfeindstryd het Gordonsbaai vir Lochnerhof van die Strand met 10-0 verslaan. Lochnerhof natuurlik die alma mater van die Bok-heelagter, Willie le Roux. 

Bastion het in sy drie groepwedstryde vir Kenridge (34-7), De Hoop (39-0) en Klein Gim (30-15) gemaklik geklop. 

Lochnerhof moes op die ou einde met die derde plek tevrede wees na hy vir Gene Louw met 15-0 in die uitspeelwedstryd om hierdie posisie verslaan het. Die span van die Strand het na die groepwedstryde onder een van die voorste spanne getel na klinkende seges oor Van Riebeeckstrand (22-5), Primrose RFC (41-0) en die Paarl Barbarians (43-5). 

Die verdedigende kampioen, Grey Primêr van Bloemfontein, moes met leë hande na die Rosestad terugkeer. Grey het derde in sy groep na nederlae teen Laerskool Durbanville (17-22) en Gene Louw (5-12) geëindig. 

Al die uitslae: 

Groep A: Bastion 34, Kenridge 7; Klein Gim 22, De Hoop 5; Bastion 39, De Hoop 0; Kenridge 24, Klein Gim 5; Bastion 30, Klein Gim 15; De Hoop 17, Kenridge 15.

Groep B: Gene Louw 39, Bellpark 5; Laerskool Durbanville 22, Grey Primêr 17; Gene Louw 27, Laerskool Durbanville 19; Grey Primêr 38, Bellpark 5; Laerskool Durbanville 43, Bellpark 0; Gene Louw 12, Grey Primêr 5. 

Groep C: Worcester Primêr 12, Laerskool Gericke 10; Gordonsbaai 22, Kenmare 5; Gordonsbaai 12, Worcester Primêr 7; Laerskool Gericke 19, Kenmare 5; Gordonsbaai 27, Laerskool Gericke 21; Worcester Primêr 31, Kenmare 17.

Groep D: Lochnerhoff 22, Van Riebeeckstrand 5; Paarl Barbarians 41, Primrose RFC 5; Lochnerhof 41, Primrose RFC 0; Van Riebeeckstrand 15, Paarl Barbarians 12; Van Riebeeckstrand 41, Primrose RFC 0; Lochnerhof 43, Paarl Barbarians 5. 

Halfeindronde – Skild: Bellpark 7, De Hoop 5; Kenmare 41, Primrose RFC 0. Bowl: Klein Gim 21, Grey Primêr 12; Laerskool Gericke 42, Paarl Barbarians 0. Plaat: Laerskool Durbanville 31, Kenridge 10; Worcester Primêr 45, Van Riebeeckstrand 7. Beker: Bastion 26, Gene Louw 15; Gordonsbaai 10, Lochnerhof 0. 

Eindstryde – Skild: Kenmare 26, Bellpark 0. Bowl: Laerskool Gericke 10, Klein Gim 0. Plaat: Laerskool Durbanville 22, Worcester Primêr 12. Beker: Bastion 26, Gordonsbaai 14.

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.