SuperSport Schools Plus

Kan die Fichie Leeus vir opskudding teen JF in Vrystaat-eindstryd sorg?

By Hannes Nienaber , in Featured | Main Rugby | Featured Rugby | News , at 2025-08-15 Tags: , , , ,

FOTO: Marius Nortjé

Kan die Hoërskool Fichardtpark se Leeus vir ‘n opskudding in die Vrystaatse A-liga eindstryd sorg en vir die eerste keer as kampioen gekroon word?

Of gaan die vroeë gunsteling Jim Fouché die pyp rook?

Dit is die vrae wat Saterdag om 11:40 in die Toyota-stadion in Bloemfontein beantwoord sal word.

Die kragmeting is boonop ook die vernaamste voorwedstryd vir die Curriebeker-kragmeting tussen die Cheetahs en die Westelike Provinsie.

JF het die ligawedstryd tussen die twee spanne vroeër vanjaar met 22-13 gewen. Daarom sal die span met ‘n kortkop as gunsteling op die veld draf.

In ‘n eindstryd kan die uitslag egter altyd enige kant toe gaan. Die Fichies het wel ‘n tawwer halfeindstryd teen Sentraal (15-5) gehad. JF het nie veel probleme in hul halfeindstryd teen Burgersdorp (71-10) beleef nie.

Albei spanne het vanjaar spelers in die Vrystaatse Cravenweek-span gehad. Jim Fouché se skrumskakel, Brendon de Wee, asook die Leeus se Unathi Ntuli (losskakel) en Bukho Mali (flank) was spanmaats tydens die toernooi in Middelburg, Mpumalanga.

Indien die Fichies gewonder het oor watter berg hul sal moet kom tydens die eindstryd is die feit dat JF se hoofafrigter, Corné Erasmus, vanjaar in sy 11de Vrystaat A-liga eindstryd die sweep sal klap sedert hy in 2010 Louis Botha se trots begin brei het.

Erasmus was in ses van die eindstryde aan die wenkant. In 2010, 2013, 2014 en 2016 vir Louis Botha, terwyl hy JF tot kampioen in 2022 en 2023 afgerig het.

Die Fichies wat nog nooit as kampioen van dié liga gekroon kon word nie, het sonder twyfel die afegelope paar jaar opgang in die liga gemaak. Die span word deur Zandré Pienaar en André Burger gebrei. Fichies was in 2023 die eerste keer in die eindstryd in aksie toe hy teen die einste JF met 25-31 vasgeval het.

Die kampioen van die Vrystaat sal vanjaar in die Kovsiestreekkompetisie se Shimla-liga te halfeindronde teen Hoërskool Diamantveld te staan kom. Diamonds is reeds vanjaar as die Wesgrow-kampioen gekroon en betree ook die sentrale reeks as die Griekwa-kampioen.

Die spanne is: 

Jim Fouché: 15 JG Noeth, 14 Kay-Dinn Langley, 13 Adrian de Necker, 12 RG Vorster, 11 Duardt Bester, 10 Breyten de Wee, 9 Brendon de Wee, 8 Franco Oberholzer, 7 Qian Moller, 6 JC van Niekerk, 5 Franco Greyling, 4 Rico Kellerman, 3 Jandré Opperman, 2 HJ Noeth, 1 Tristan Russle.

Fichardtpark: 15 Allerick Jonker, 14 Matthew Valentine, 13 Divan Martens, 12 Junior Titoti, 11 Ze Mathese, 10 Unathi Ntuli, 9 JM Rensburg, 8 Jonathan Duarte, 7 Buko Mlali, 6 Josh Nelson, 5 Dian Visagie, 4 Dillon Louw, 3 Marko van der Westhuizen, 2 Marno Smit, 1 Jordan Jordaan.

Afskop: 11:40
Skeidsregter: Phillip Kotze

Ander eindstryde – Sentraal A-veld: 

12:40 – o.15A – Fichardtpark vs Sentraal
10:20 – o.16A – Sentraal vs Jim Fouché
08:00 – o.14A – Fichardtpark vs Sentraal

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.