SuperSport Schools Plus

Bonuspuntsege ononderhandelbaar vir Eldos teen Gimmies

By Franco Oberholzer , in Rugby | Featured Rugby | News , at 2025-08-08 Tags: , , , , , , , , ,

FOTO: Brian Callaghan

In ‘n herhaling van verlede jaar se eindstryd in die Bowl-afdeling van die SDC Noordvaal Cup, is Hoërskool Eldoraigne in ‘n maak-of-breek stryd gewikkel wat sy halfeind-aspirasies betref, wanneer hy Saterdag in Potchefstroom vir die verdedigende kampioen, Potchefstroom Gimnasium, aandurf.

Volg al die SDC Noordvaal Bowl-aksie regstreeks op SuperSportSchools – (www.supersportschools.com) 

Die Eldos moet albei hul laaste wedstryde met ‘n bonuspunt wen, asook hoop vir ‘n paar ander opskuddings oor die laaste twee weke, om ‘n plek in die halfeindronde te bespreek.

Verlede jaar se kragmeting het vir ‘n naelbyteinde aan dié afdeling gesorg danksy binnesenter, Elrich Bosch, wat in die doodsnikke oorgebars het om vir die Gimmies ‘n sege van 18-17 te beklink. Bosch is weer terug op sy pos vir hierdie Saterdag se groot stryd in Potchefstroom, nadat hy die eerste wedstryd na die vakansie misgeloop het weens ‘n rooi kaart.

Slot, Rynel Rautenbach maak ook ‘n welkome terugkeer na ‘n besering en sal brand om ‘n impak vanaf die bank te maak. ‘n Sege oor die Eldos kan vir die verdedigende kampioen straks ‘n tuishalfeind verseker, om sy suksesvolle verdediging van die titel te versterk.

Die Eldos, bekend vir hul heldedade laat in die reeks, het besluit om vir Cameron Killian van haker terug na oopkantflank te skuif, wat vir ‘n stryd binne die stryd met Gimmie-agsteman, De Wet Grobler, sal sorg.

Elders in Potch, moet Potchefstroom Volkskool sake uitspook teen Hoërskool Ermelo. Indien die Volkies seëvier, veral met ‘n bonuspunt, kan dit beteken dat albei halfeindstryde in dié afdeling in Potchefstroom plaasvind.

Volkies se afrigtingspan het, soos verwag, geen veranderinge aangebring aan hul goed geoliede masjien nie. Die intimiderende pak, gelei deur slot, Joshua van der Westhuizen, behoort oudergewoonte ‘n reuse faktor te wees in die uitkoms van Saterdag se stryd met die besoekers van Mpumalanga.

Die twee kragmetings in Rustenburg en Kempton Park kan op hul beurt bepalend wees wat die Bowl se top-vier betref.

Bergsig Akademie verwelkom vir Hoërskool Randburg in Rustenburg, met albei die spanne nog stewig in die wedloop. Die Eagles lê tans derde op die puntelys, met 20 ligapunte, slegs een punt voor Merensky Landbou Akademie (19) en drie voor die Randburgers (17). Laasgenoemde se nederlaag teen die Volkies verlede week het sake vir hulle bemoeilik.

Randburg het slegs een wedstryd oor, terwyl die Plasies en Eagles elk nog twee het om te speel. Dit beteken dat die Randburgers Saterdag se stryd met ‘n bonuspunt moet wen om nog ‘n wiskundige kans te staan.

Die Plasies kom teen ‘n gevaarlike Hoërskool Jeugland te staan en besef dat ‘n besoek aan Kempton Park, nie maklik is nie. Hulle beklee tans die vierde posisie en het dus ‘n eenvoudige doelwit: wen albei oorblywende rondomtalie-wedstryde.

Indien nie, en sou Jeugland die wa deur die drif trek, kan dit selfs vir die span van Kempton Park die deur oopmaak na die halfeindronde. Jeugland lê tans sesde, met twee wedstryde oor, en het 16 ligapunte, slegs drie agter die Plasies in die gesogde vierde plek.

Die Plasies se taak bied meer van ‘n uitdaging sonder Cravenweek-losskakel en kaptein, Maritz Meintjies. Sy plaasvervanger, Henru Venter, het egter in die Tzaneeners se vorige wedstryd teen Ermelo gewys wat in hom steek en draf Saterdag op senter uit.

Die spanne: 

Potchefstroom Gimnasium t. Eldoraigne om 12:30 in Potchefstroom

Potchefstroom Gimnasium: 15 Josh Pretoruis, 14 Rea Moalosi, 13 Itumeleng Pheto, 12 Elrich Bosch, 11 Orabile Koena, 10 Zandre Da Silva, 9 MJ Viljoen, 8 De Wet Grobler, 7 Reuel Potgieter, 6 Zach De Jager, 5 Damian Zwahlen, 4 Dirk Stear, 3 Matt Redelinghuys, 2 Kobus Grobbelaar, 1 Janru Jansen van Rensburg.

Eldoraigne: 15 Hugo Theron, 14 Aiden Labuschagne, 13 Hanno Jacobs, 12 Kevin Earle, 11 Tristan Lee, 10 Damian Elferink, 9 Darren Bruwer, 8 Justin Meintjes, 7 Kyle de Bruin, 6 Cameron Kilian, 5 MC Scheepers, 4 Luan du Preez, 3 Chase Wessels, 2 Marnes Prinsloo, 1 Wian White.

Potchefstroom Volkskool t. Hoërskool Ermelo om 12:30 in Potchefstroom

Potchefstroom Volkskool: 15 Lethabo Riet, 14 Lourenzo Louw, 13 Hennie Pretorius, 12 River Samuel, 11 Juan Fourie, 10 Anro Nel, 9 Juhan Geldenhuys, 8 Johannes Lombard, 7 Henre Nel, 6 Wian Victor, 5 Caden Kruger, 4 Joshua van der Westhuizen, 3 AB Brink, 2 Louis Fourie, 1 Koan Smit.

Ermelo: 15 WJ Pretorius, 14 Luthando Mahlangi, 13 HJ Hobkirk, 12 Nicolas Steyn, 11 Thabo Mokwena, 10 Janco Kleynhans, 9 Dick Rouillard, 8 Cules Hamman, 7 Marco de Bruin, 6 Duan Burger, 5 Janneman Malan, 4 De La Rey Hattingh, 3 Jacques Diedericks, 2 Ruan Grobler, 1 Hennie Geel.

Bergsig Akademie t. Hoërskool Randburg om 13:30 in Rustenburg

Bergsig Akademie: 15 Bradley Stonehouse, 14 Keabetswe Daile, 13 Carlo de Jager, 12 Dan Bogopane, 11 Daniel Addinal, 10 Alzandro Dos Santos, 9 Paulo Dos Santos, 8 Martin Pieterse, 7 Stephan Harmse, 6 Thatano Bagwase, 5 Jacques Viviers, 4 Ryan Nagel, 3 Thabang Machubene, 2 Marnus Dercksen, 1 Dylan Smith.

Hoërskool Randburg: 15 Josef van den Berg, 14 Eduan Bakkes, 13 Dwaine Scotson 12 Zander Drake, 11 Jayden Oosthuizen, 10 Joshua Wiggett, 9 Vino Price, 8 Cruwin Hill, 7 Chrisjan van Niekerk, 6 Victor van Blerk, 5 Dimitri Gerber, 4 Philip Rykaart, 3 Tristan Vorster, 2 Diedelov Fourie, 1 Kian Kritzinger.

Jeugland t. Merensky Landbou Akademie in Kempton Park

Jeugland (moontlik): 15 Kokets Maphopa, 14 Beya Nyathi, 13 Andrew Khoza, 12 Innocent Vilakazi, 11 Thando Ngomane, 10 King Agbanzo, 9 Zaydene Adams, 8 Jaden Kleyn, 8 Jaden Kleyn, 7 Alec Mohlala, 6 Joseph Ngoma-Ngoma, 5 Nivan Duvenhage, 4 Daniel Wawina, 3 Khumo Maimane, 2 Lesego Moitse, 1 Phenyo Nkoana.

Merensky: 15 George Steenkamp, 14 Meshack Mohlala, 13 Jens Bezuidenhout, 12 Henru Venter, 11 Christo Venter, 10 JD Boshoff, 9 Muis Tolken, 8 Puki Mpiti, 7 PG Botes, 6 Jan Pretorius, 5 Matthew Mockford, 4 Blessing Mathebula, 3 Otto Muller, 2 Marno Nel, 1 Carel Volschenk.

Franco Oberholzer
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.