SuperSport Schools Plus

Valia, Klofies veg om oorlewing in Pretoria

By Franco Oberholzer , in Rugby | Featured Rugby | News , at 2025-08-07 Tags: , , , , , ,

FOTO: Frans Lombard/Actionpix.

Hoërskool Transvalia , na sy eerste seisoen in die Beker-afdeling van die SDC Noordvaal Cup, en Hoërskool Waterkloof, pak mekaar Saterdag, in Pretoria, in ‘n stryd om oorlewing.

Volg al die SDC Noordvaal Beker-aksie regstreeks op SuperSport Schools – (www.supersportschools.com) 

Dit is ‘n kritieke dag vir albei skole, aangesien die Klofies hulself tans tweede laaste en op die drumpel van relegasie na die Plaat-afdeling bevind. Daar is egter steeds lig in die tonnel vir altwee skole.

Die verskil tussen die Klofies se algehele puntestand en dié van Hoërskool Dr EG Jansen, wat die vyfde plek beklee, is slegs ses ligapunte. Dit beteken dat nie minder nie as vyf skole steeds gevaar staan om gerelegeer te word, insluitende ook Hoërskool Rustenburg en Menlopark.

Die feit dat slegs twee punte vir Valia en die Klofies, in onderskeidelik die agtste en negende plek op die puntelys, skei, maak Saterdag se stryd in Pretoria des te meer interessant.

Boonop het die besoekers van Vanderbijlpark nóg ‘n kans om die halfeindronde te haal. Dus sal ‘n sege oor die Klofies goud werd wees voor Valia in sy laaste groepwedstryd teen ‘n omgekrapte Hoërskool Noordheuwel te staan kom.

Valia is vasberade om die bordjies te verhang nadat hy in die vorige kragmeting met Klofies verlede jaar naelskraaps met 25-30 die aftog op sy tuisveld  moes blaas.

Valia-breier, Lloyd Greeff, moes vandeesweek verdere veranderinge aan sy span aanbring, met heelagter Lorenzo Flynn wat deur Dave Mtizi vervang word. Voorlangs laat haker, Wihandré Kruger, ‘n taamlike leemte en sal Jonathan Roets moet uithaal en wys om Kruger se skoene vol te staan teen ‘n gedugte teenstander in Klofies se Ruan Jacobs.

Daar is steeds onsekerheid oor die beskikbaarheid van Klofies se agsteman, Marko Kok, nadat hy verlede week se wedstryd teen Afrikaanse Hoër Seunskool misgeloop het weens ‘n beenbesering wat hy teen die Nories opgedoen het.

In Mbombela draf die matrieks van Hoërskool Nelspruit die laaste keer as Rhinos uit, wanneer hulle vir Hoërskool Dr EG Jansen in Mpumalanga verwelkom. Die Nellies is ongelukkig reeds gerelegeer en sal aanstaande jaar in die Plaat-afdeling meeding.

Kaptein Vaughn van Zyl en sy span is nietemin steeds oorgehaal om die Jansies te laat werk vir ‘n oorwinning. Die Jansies het, nes Valia, ook nog ‘n kans om ‘n plek in die halfeindronde los te slaan, terwyl hulle terselftertyd hul ook in dieselfde benarde posisie as die Nellies bevind.

Die besoekers van Boksburg het die seisoen nie watwonders afgeskop nie, maar met die aanvang van die Noordvaal-reeks skielik na ‘n ander span begin lyk. Dit is waarskynlik omdat hulle na hul sterkpunte teruggekeer en die puntemasjiene, Deshean Pietersen en Otlatleng Zulu, hul voete begin vind het.

Dit het die terugvegpoging tot gevolg gehad wat tans aan die Arende die vyfde plek op die puntelys besorg met 18 ligapunte, slegs drie agter die ligblouspan van Vanderbijl se 21.

Die spanne: 

Waterkloof t. Transvalia om 13:30 in Pretoria

Waterkloof (moontlik): 15 Tiaan Posthumus, 14 Gustav Mienie, 13 Meyer Pretorius, 12 Dylan Botha, Jaiden Badenhorst, 10 Ronan Bastiaanse, 9 Jacobus van den Berg, 8 Dawid Prinsloo, 7 Phillip Mans, 6 Hugo Dercksen, 5 Heinrich Naude, 4 Codi Binneman, 3 Jedri Swart, 2 Ruan Jacobs, 1 Alexander Elliott.

Transvalia: 15 Dave Mtizi, 14 Dihan Crause, 13 Danté Oosthuizen, 12 Declan Hattingh, 11 Tumi Moloi, 10 Jay-Dee Maree, 9 Bernard van Dyk, 8 Wynand Stolz, 7 Caylin Mcluaghlin, 6 Juan Bischoff, 5 Christiaan Liebenberg, 4 Daniel Kazambo, 3 Gerhard Rossouw, 2 Jonathan Roets, 1 Vusi Morathi.

Hoërskool Nelspruit t. EG Jansen om 12:30 in Mbombela

Nelspruit (moontlik): 15 Jean Erasmus, 14 Kamo Monkwe, 13 Ruben Greeff, 12 Rian Botha, 11 Tinyiko Silubane, 10 John Duncan, 9 Liam Pringle, 8 Vaughn van Zyl, 7 Vian Louw, 6 Dhandré van Wyk, 5 André Smit, 4 Jason Cogill, 3 Gert Cloete, 2 D’Angelo Roberts, 1 Christiaan Viljoen.

EG Jansen: 15 Deshean Pietersen, 14 Otlatleng Zulu, 13 Christopher Combrink, 12 Nathan Delport, 11 Jordan van der Westhuizen, 10 Juan van Aswegen, 9 Joseph Diesel, 8 Slade Mowbray, 7 Jaco Engelbrecht, 6 Craig Lightfoot, 5 Breyton Kruger, 4 Jacques van Tonder, 3 Deveraux Wideman, 2 Marco Ventura, 1 Ruan Rossouw.

Franco Oberholzer
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.