SuperSport Schools Plus

Beserings ry Middies bloots voor stryd teen Zwarries

By Franco Oberholzer , in Rugby | Featured Rugby | News , at 2025-07-25 Tags: , , , , , , , , , , ,

FOTO: Frans Lomard/Acionpix.

Die beseringspook het kom aanklop by Hoërskool Middelburg, en dit op die vooraand van straks sy grootste toets van die jaar.

Volg al die Noordvaal Plaat-aksie regstreeks op SuperSport Schools – (www.supersportschools.com)

Die Middies, wat Saterdagmiddag tuis in Middelburg teen die onoorwonne Hoërskool Zwartkop te staan kom, is vandeesweek met ‘n rits beserings getref.

Heelagter Katlego Baloyi is vir die res van die jaar buite aksie vanweë ‘n ernstige nekbesering wat hy opgedoen het tydens die onlangse provinsiale weke wat in sy agterplaas plaasgevind het.

Agsteman, Hencoe Janse van Rensburg, wat die Pumas se Akademiespan aangevoer het, loop ook die kragmeting mis weens ‘n kniebesering, met Jabu Mathebula wat sy plek inneem, terwyl albei flanke, Wihan Jordaan en die woelige CW Hanekom, ook op die krukkelys is. Hulle word deur Zanempilo Mahlangu en Khensani Buthelezi vervang, wat beteken dat die Middies vir die gevaarlike Zwarries met ‘n splinternuwe lostrio moet aandurf.

Die besoekers se breier, David Gouws, kon daarenteen sy sterkste span in die veld stoot. Mikka Allers keer terug op nr. 6, met die witwarm Brian Smith wat agsteman toe skuif. Die gevaarlike Justin Julies is terug op heelagter, met die venynige Zulu Mona op linkervleuel.

Elders in Middelburg verwelkom Hoër Tegniese Skool Middelburg sy binnesenter en kaptein, Johnny Dos Santos, terug in die beginspan. Dos Santos voer dus vir die eerste keer sedert die begin van die seisoen vir die Rooi Bulle aan in hul stryd teen Hoërskool Kempton Park.

Afrigter, Jano Venter, en die res van die span is uiteraard opgewonde om hul leier terug te verwelkom.

“Nie slegs wat sy spel betref nie, maar sy blote teenwoordigheid maak ‘n reuse verskil. Die manne volg hom omdat hy deur sy voorbeeld lei,” het Venter gesê.

Hoërskool Wesvalia staal homself vir ‘n reuse stryd nie wanneer hy Saterdag na Alberton reis om met Hoërskool Marais Viljoen swaarde te kruis. Marais Viljoen het geen beserings na die provinsiale weke nie en spog dus met ál sy sleutelspelers.

Die Wessies moes egter ‘n paar skommelinge maak. Juandré Snyman en Fafa Calitz maak die middeveld uit, in die afwesigheid van Wian du Preez. Fanie Linde keer nietemin terug na die voorry om die Wessie-pak ‘n groot hupstoot te gee teen die tuisspan se makropak.

Die skoolvakansie was ook goedgesind teenoor Libron Akademie aangesien hy Saterdag sy sterkste vyftiental op die veld stuur. Die span van Ermelo word ingewag deur ‘n gedugte Hoërskool Klerksdorp wat op in Mpumalanga kom besoek aflê.

Die Klerksdorpers het self ongedeerd van die vakansie afgekom met die kranige kombinasie van Winton Abrahams (buitesenter) en Tyron Masango (vleuel) op hul pos, terwyl Brendin Matthyse terugkeer op heelagter.

Die spanne:

Hoërskool Middelburg t. Zwartkop om 12:30 in Middelburg

Hoërskool Middelburg: 15 Sihle Mkhatshwa, 14 Lesego Rakale, 13 Jaco Truter, 12 Lungelo Maseko, 11 Kefilwe Phamotse, 10 Matthew Abbey, 9 Keabetswe Nkgadima, 8 Jabu Mathebula, 7 Zanempilo Mahlangu, 6 Khensani Buthelezi, 5 Wian Olwagen, 4 André Roberts, 3 Dewald du Toit, 2 Roux Grobler, 1 Carlo Joubert.

Zwartkop: 15 Justin Julies, 14 Shayden Botha, 13 Luan Williams, 12 David van Jaarsveld, 11 Zulu Mona, 10 Tilon Baron, 9 Luan Janse van Rensburg, 8 Brian Smith, 7 Jethro le Roux, 6 Mikka Allers, 5 Logan, 4 Ettienne van Niekerk, 3 Christiaan de Vries, 2 Regan Blignaut, 1 Matthew Smith.

Hoër Tegniese Skool Middelburg t. Hoërskool Kempton Park om 13:30 in Middelburg

HTS Middelburg: 15 Nathan Jansen van Vuuren, 14 Kwanele Mkhize, 13 Jacques Greyling, 12 Johnny Dos Santos, 11 CJ Muller, 10 Danté Lubbe, 9 Ruan Pienaar, 8 Tercius Bezuidenhout, 7 Ethan Kok, 6 Dewan Coetzee, 5 Andrea de Wet, 4 Janco Aucamp, 3 Marinus Oberholzer, 2 Hanru Terblanche, 1 Janco Botha.

Kempton Park: 15 Stian de Villiers, 14 Guillaume Botha, 13 Rocco Louw, 12 Wian Riekert, 11 Ethan Botha, 10 Ben Steyn, 9 Ettienne Stroebel, 8 Ruan Mostert, 7 Marko van der Walt, 6 Matthew Vermaak, 5 Luca du Plooy, 4 Louis Mouton, 3 Zander Luckay, 2 Dihan Keeve, 1 Piet van den Heever.

Marais Viljoen t. Wesvalia om 12:30 in Alberton

Marais Viljoen: 15 Raynhardt Kruger, 14 Devin Raubenheimer, 13 Juan van den Heever, 12 Jonno Morkol, 11 Kabelo Thloaele, 10 Claude do Couto, 9 Ethan Weideman, 8 Rio Tshimbalanga, 7 Tiaan van Huyssteen, 6 Lloyd Shoko-Schenk, 5 Clayton Gagiano, 4 Jermaine Crause, 3 Sifiso Shongwe, 2 Ondisa Njili, 1 Juan Cooper.

Wesvalia: 15 Henco Greyling, 14 Martin Bierman, 13 Juandré Snyman, 12 Fafa Calitz, 11 Stephan Pelser, 10 Eduard Dreyer, 9 Barry Niemand, 8 Franco Dumond, 7 Christiaan Swanepoel, 6 Quewen Fourie, 5 Tiaan de Kock, 4 Joshua Pieterse, 3 Ignus Nel, 2 Fanie Linde, 1 Ulrigh du Preez.

Ligbron Akademie t. Hoërskool Klerksdorp om 12:20 in Ermelo

Ligbron Akademie: 15 Gaston Brown, 14 Neo Zwane, 12 Siyanda Dennison, 12 Lethi Ngwenya, 11 Bandile Thanjekwayo, 10 Eben Degenaar, 9 Renier van Staden, 8 Jurgens Bezuidenhout, 7 Henco Scheepers, 6 Tiaan Botha, 5 Janco Claassen, 4 Ian Booysen, 3 Dewan Scheepers, 2 Regard Janse van Rensburg, 1 WP Human.

Klerksdorp: 15 Brendin Matthyse, 14 Tyron Masango, 13 Winton Abrahams, 12 Jarred van Staden, 11 Elzeno Schalkwyk, 10 Dorian Isaacs, 9 Rellston Wilson, 8 Tiaan Koen, 7 Marnus van der Merwe, 6 D-Jee Treurnich, 5 Juan Hills, 4 Abrie Esterhuizen, 3 Hanro Nel, 2 De Wet Le Roux, 1 Zander Nienaber

Franco Oberholzer
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.