SuperSport Schools Plus

Stoltz oorgehaal vir sy 50ste vir Valia teen Helpies

By Franco Oberholzer , in Rugby | Featured Rugby | News , at 2025-07-24 Tags: , , , , , , ,

FOTO: Tap Light Edits.

Wynand Stolz, Hoërskool Transvalia se agsteman, draf Saterdagmiddag op sy tuisveld in Vanderbijlpark teen Helpmekaar Kollege uit in sy 50ste wedstryd vir die eerste span.

Volg al die Noordvaal Beker-aksie regstreeks op SuperSport Schools – (www.supersportschools.com) 

Stolz is reeds die afgelope drie jaar ‘n sleutelspeler vir die Ligbloues en het verál verlede jaar, in dié span se glorieryke seisoen toe hulle as kampioen van die Plaat-afdeling gekroon is, saam met name soos Daniel Kazambo (flank) groot opslae gemaak.

Kazambo het ook onlangs vir die tweede agtereenvolgende jaar vir die Valke verteenwoordig by die jaarlikse Cravenweek, waar hy ook die span aangevoer het. Stolz en Kazambo vorm vanjaar saam met flank en kaptein, Juan Bischoff, ‘n gedugte lostrio wat vir die Helpies heelwat opdraande kan gee.

Die span in bruin beskik egter self oor ‘n paar dodelike aanvalswapens, soos Eugene de Lange wat weer aan die kant van die skrum diens doen. Sy tweestryd met Kazambo behoort hope vuurwerke op te lewer.

Die woelige Llewelyn Vermaak keer ook terug, na ‘n suksesvolle uitstappie as deel van die Goue Leeus se Welpie-span wat in aksie was by vanjaar se Akademieweek. Die grootse verrassing in die Helpies se span is die van Zaiden Krige, normaalweg oopkantflank, wat Saterdag op regtervleuel uitdraf. Hoewel hy as losvoorspeler deur die jaar gepronk het, was daar dikwels tekens dat Krige, indien nodig, wel op vleuel ingespan kan word met sy bedrieglike vaart en uitstaande verdediging.

In Rustenburg behoort die vonke te spat wanneer twee Cravenweek-heelagters geleentheid kry om van agter aan te val wanneer Hoërskool Rustenburg vir Hoërskool Dr EG Jansen in sy agterplaas die stryd aansê. Die Rusties se Ayden Willemse en die Jansies se Deshean Pietersen kan elkeen vir aanskoulike hardlooprugby sorg indien die nodige geleenthede geskep word.

Benewens die bedreiging wat Willemse inhou, is die Rusties straks nie op volsterkte nie. Skrumskakel, Adriano George, se afwesigheid los ‘n taamlike leemte, maar sy plaasvervanger, Albert Matthysen, bring sy eie vaardigehede na die tafel.

Staatmakersenter, Jon-ré Jefthas, is steeds afwesig, met sy normale sentermaat, Hendré Robinson, wat op buitesenter stelling inneem, terwyl Lian Botha op binnesenter inskuif vir ‘n titaniese stryd met die Jansies se Christopher Combrink en Nathan Delport in die middeveld.

Die spanne:

Transvalia t. Helpmekaar Kollege om 12:40 in Vanderbijlpark

Transvalia: 15 Lorenzo Flynn, 14 Dihan Crause, 13 Danté Oosthuizen, 12 Declan Hattingh, 11 Tumi Moloi, 10 Jay-Dee Maree, 9 Johan Smit, 8 Wynand Stolz, 7 Daniel Kazambo, 6 Juan Bischoff, 5 Christiaan Liebenberg, 4 Kyle Maartens, 3 Damian van Heerden, 2 Wihandré Kruger, 1 Vusi Morathi.

Helpmekaar Kollege: 15 Ty Ax, 14 Zaiden Krige, 13 Clinton Cloete, 12 Ethan Lourens, 11 Michale Herbst, 10 Wian Storm, 9 ShayeLourens, 8 Llewelyn Vermaak, 7 Eugene de Lange, 6 Jandré Botha, 5 Zian Smith, 4 Diandro Botha, 3 Dylan Engelbrecht, 2 Jeandré van der Merwe, 1 Liam Devenier.

Hoërskool Rustenburg t. EG Jansen om 13:35 in Rustenburg:

Hoërskool Rustenburg: 15 Ayden Willemse, 14 Bradley Snyers, 13 Hendré Robinson, 12 Lian Botha, 11 Zack Swanepoel, 10 Ricardo Enos, 9 Albert Matthysen, 8 Thian Labuschagne, 7 Marais Rocher, 6 MJ Otto, 5 Dartanyan van Rhyn, 4 Tristan Myburgh, 3 Ockert Grobler, 2 Xavier Steenkamp, 1 Xander Stickling.

EG Jansen (moontlik): 15 Deshean Pietersen, 14 Otlatleng Zulu, 13 Christopher Combrink, 12 Nathan Delport, 11 Jordan van der Westhuizen, 10 Juan van Aswegen, 9 Joseph Diesel, 8 Slade Mowbray, 7 Dian Botha, 6 Craig Lightfoot, 5 Breyton Kruger, 4 Jacques van Tonder, 3 Deveraux Wideman, 2 Marco Ventura, 1 Ruan Rossouw.

Franco Oberholzer
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.