Hugenote van Springs kampioen van Hansie Week in Naboomspruit
Die Hoërskool Hugenote van Springs se eerste rugbyspan is Saterdag as kampioen van die 25ste Mauritz Hansen-week op Mookgophong (Naboomspruit) gekroon. Die span van Springs het Zwartkop in die eindstryd oortuigend met 23-9 die loef afgesteek.
Hugenote se flank Rando Bergh het met die toekenning as Voorspeler van die Week weggestap. Hy is ook na afloop van die eindstryd as sy span se beste speler in die wedstryd aangewys.
In die eindstryd was dit egter ‘n spanpoging. Die agttal het onder een spreekwoordelike kombers gespeel. Agterlangs verdien die skrumskakel, Tristan Dry, en die losskakel, Derrick Oberholzer, wel lof.
Oos-Moot van Pretoria het sy toernooi op ‘n hoogtepunt afgesluit deur die gasheer met 24-13 te troef. Oos-Moot se binnesenter, Edmund Ludick, is as Speler van die Toernooi aangewys. Ludick was ook dan een van sy span se uitblinkers teen Hans Strijdom. Hy was ook dan die Agterspeler van die Toernooi.
Die skrumskakel, Marco Vorster, en vleuel Emile Bester, het ook goed vertoon. Voorlangs het die agtsteman, Burger Sandenbergh, en slot CJ van Zyl goeie vertonings opgedis. Die manne van die Moot sal egter nie te gelukkig wees nie omdat hulle die verdedigende kampioen was. Oos-Moot het verlede jaar vir Zwartkop met 15-0 in die eindstryd uitgestof.
Midstream College het HTS John Vorster se onoorwonne status op die toernooi op die laaste dag met ‘n klinkende sege van 38-0 beëindig. Die wenspan se heelagter, Heinrich Botha, het ‘n driekuns aan drieë in die wedstryd behaal.
Hoërskool Tuine het ook die laaste dag onoorwonne betree en sy rieme met 14-18 teen Hentie Cilliers van Virginia styfgeloop.
Oos-Moot het in die o.16-afdeling koning gekraai deur Frikkie Meyer van Thabazimbi met 30-12 met die kous oor die kop huis toe te stuur. In die o.15-eindstryd het Ben Vorster vir Oos-Moot met 41-12 gekarnuffel, terwyl Zwartkop se o.14-span nie sy gelyke op die toernooi gehad het nie.
Zwartkop het die Hoërskool Pietersburg met 40-5 in die o.14-eindstryd van die veld afgespeel. Die span se buitesenter, Ronnie Wilson, is as die o.14 Speler van die Toernooi aangewys. Zwartkop het Ben Vorster (51-5) en Frikkie Meyer (71-0) in sy eerste twee wedstryde in Naboomspruit afgeslag.
Die Mauritz Hansen XV-tal:
15 Corne Aldridge (Riebeeckrand), 14 Emile Bester (Oos-Moot), 13 Lupho Ngxotheni (Hentie Cilliers), 12 Edmund Ludick (Oos-Moot), 11 Phineas Zitha (Zwartkop), 10 Franco Prinsloo (Riebeeckrand), 9 Chane Botes (Riebeeckrand) 8 Quintin Botha (Zwartkop), 7 Eduart D’Abreton (Tuine), 6 Rando Bergh (Hugenote), 5 Hanro Horn (Zwartkop), 4 Tobias Swan (Hans Strijdom), 3 Pieter Niemand (Hans Strijdom), 2 Rudi Bezuidenhout (Tuine), 1 Hendrico Snyman (Tuine).
Puntemakers:
Hugenote (Springs) 23 (11) – Drieë: Derrick Oberholzer, Cole Meyer, Romano Naude. Edrich Aucamp (2). Doelskop: Aucamp. Zwartkop 9 (9) – Strafdoele: Hugo Groenewald (3).
Midstream College 38 – Drieë: Heinrich Botha (3), Divan van Wyk, Reinhardt Smit. Doelskoppe: Charl Niemand (5). Strafdoel: Niemand. HTS John Vorster 0.
Hentie Cilliers 18 – Drieë: Hoërskool Tuine 14 – Drieë: Edward D’Albreton, Hendrico Snyman. Doelskoppe: Ruben Lazerus.
Heidelberg Volkskool 20 – Drieë: Henko Storm, Duan Tromp, Doubell. Doelskop: Jeanrich Dercksen. Strafdoel: Dercksen. HTS Witbank 12 – Drieë: Thamba Nkabinde (2). Doelskop: Marques van Tonder.
Oos-Moot 24 – Drieë: Hans Strijdom 12 – Drieë: JD Herman, Marco Benade. Doelskop: Brendan Palmer.
Carletonville 20 – Drieë: Ellisras 10 – Drieë:
Riebeeckrand 25 – Drieë: Northcliff 20 – Drieë:
Uitslae van die eerste twee dae van die Hansie Week:
Dag 1: Hentie Cilliers 20, Hans Strijdom 13; HTS John Vorster 30, Ellisras 10; Hugenote (Springs) 24, Oos-Moot 7; Zwartkop 10, Heidelberg Volkskool 10; Midstream College 41, HTS Witbank 7; Hoërskool Tuine 36, Dinamika 19; Carletonville 62, HTS Rustenburg 0; Riebeeckrand 73, Wolmaransstad 0; Northcliff 31, Lowveld High 10.
Dag 2: HTS John Vorster 14, Hentie Cilliers 12; Hugenote (Springs) 31, Midstream College 14; Hoërskool Tuine 22, Heidelberg Volkskool 14; Zwartkop 21, Hans Strijdom 12; Northcliff 17, Carletonville 5; Riebeeckrand 32, Ellisras 20; Oos-Moot 41, HTS Witbank 0; Dinamika 34, HTS Rustenburg 10; Lowveld High 24, Wolmaransstad 15.
- Grey College favourites once again to be crowned Champion of Champions - 2025-09-19
- RUGBY | Grey College – 2025 - 2025-09-18
- Witwarm Wilgies sal Prieska se Gadeija moet hokslaan - 2025-08-30