SuperSport Schools Plus

Affies soek eerste sege in tien jaar teen gewonde Grey Kollege

By Hannes Nienaber , in Featured | Main Rugby | Featured Rugby | News , at 2025-05-16 Tags: , , , , ,

Photo: Frans Lombard/Actionpix.

Die Afrikaanse Hoër Seunskool se eersterugbyspan is Saterdag opsoek na sy eerste sege in ‘n dekade oor Grey Kollege. Die twee spanne pak mekaar om 14:00 in Bloemfontein in die King Price Derby Series.

Die Wit Bulle se laaste oorwinning oor Grey was in 2015 in Pretoria toe hulle met 29-18 baas was.

Destyds was Affies deur Eddie Fouché aangevoer met sterspelers soos Ruben van Heerden, Schalk Erasmus en Louritz van der Schyff in die span.

Volg al die aksie op SuperSport Schools (www.supersportschools.com).

Daar sal egter nie veel gras vir die Wit Bulle in Bloemfontein wees om op te wei nie. Boonop kom hulle teen ‘n gewonde Grey Kollege te staan.

Old School

Grey het vanjaar reeds twee keer teen Paarl Gimnasium (31-43) en die Hoër Jongenskool Paarl (10-25) op hul neuse gekyk. Die nederlaag teen Gimmies was Grey se eerste op sy tuisveld sedert 2017.

Affies was vanjaar nog net een keer aan die verloorkant teen Boishaai (17-25) tydens die NMI Toyota Noord/Suid-toernooi. Die Wit Bulle het ook met 16-elk gelykop teen Paarl Gimnasium in die Paarl gespeel.

Grey se hoofafrigter, Jannie Geldenhuys, het ook besluit om die SA Skole-slot AJ Meyer en Claude Steyn weer as slotpaar te herenig. Meyer sal in die lynstane asook in die vastelos ‘n belangrike rol vertolk om ‘n teenvoeter vir Affies se gedugte agttal te wees.

Affies beskik waarskynlik vanjaar oor die mees gevaarlike rolmaal op skolevlak met die voorspeler-afrigter Jaco Koch wat hier ‘n beduidende rol speel. Dan het die lostrio van Stefan McDonald, Elwin Janse van Vuuren en Luan Potgieter in ‘n gedugte kombinasie ontwikkel.

Die tweestryd op losskakel tussen Ruben Groenewald en Darius Erwee beloof ook om een van die hoogtepunte te wees. Groenewald, wat ook die Wit Bulle aanvoer, het vanjaar reeds gewys dat hy ‘n sterk aanspraakmaker op ‘n plek in die SA Skole-span is. Sy pa Coenraad Groenewald het op sy dag skrumskakel vir die Blou Bulle gespeel.

Indien Grey se agterlyn genoeg gehalte balbesit ontvang kan dit ‘n interresante tweestryd raak. Veral as die heelagter, Lamla Mgedezi, asook buitesenter, Ethan Adams, genoeg spasie op die aanval kry.

Die spanne is: 

Grey College: 15 Lamla Mgedezi, 14 Benjamin van den Berg, 13 Ethan Adams, 12 O’Ryan Kleyn, 11 Thristan Maree, 10 Darius Erwee, 9 Sherwin Buys, 8 Adem Nieuwoudt, 7 Xander Smit (kaptein), 6 Alexi Tyropolis, 5 AJ Meyer, 4 Claude Steyn, 3 JG Badenhorst, 2 Tian Fourie, 1 David Hayidakis.

Affies: 15 Lamond Baaidjies, 14 Joshua Gouws, 13 Estian Marx, 12 Petrus Rautenbach, 11 Divan Fourie, 10 Ruben Groenewald (kaptein), 9 Fourie Roberts, 8 Stefan McDonald, 7 Elwin Janse van Vuuren, 6 Luan Potgieter, 5 Christiaan de Wet, 4 Martin van Niekerk, 3 Deon Botes, 2 Bauke Swart, 1 Roal Kruger.

Afskop: 14:00

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.