Ben Viljoen sal sy Virseker Beeldtrofee-titel teen Vryburg verdedig
Ben Viljoen van Groblersdal se eerste rugbyspan sy spelpeil moet lig indien hy sy titel as kampioen van die Virseker Beeldtrofee vir Mediumskole wil behou. Hy het Saterdag vir Die Wilgers van Pretoria op sy tuisveld met 29-21 met die kous oor die kop huis toe gestuur.
Ben Viljoen sal nou na Vryburg moet reis om die aanslag van Vryburg op sy titel af te weer. Die span se agtsteman, Phil Joubert, het sy goeie vertoningslys die seisoen voortgesit en met sy kragtige lopies twee keer die doellyn teen Die Wilgers oorgesteek.
Vryburg is vroeër as kampioen van die Pukke 16-reeks gekroon na hy Pionier met 57-5 in die eindstryd in Potchefstroom verslaan het. Dit is dus duidelik dat die span weet hoe om die druk wat met die speel van ’n eindstryd gepaardgaan.
Vryburg het sy plek in die eindstryd met ’n kliniese sege van 44-8 oor Brandwag van Benoni bespreek. Die wenspan het teen rustyd reeds ’n voorsprong van 18-3 geniet.
Die span se binnesenter, Johan Pelser, het 24 punte tot die oorwinning bygedra. Hy het een van sy span se vyf drieë gedruk, al vyf hiervan verdoel en ook drie strafdoele tussen deur die pale gejaag. Sy tweelingbroer, Francois, het ook ’n goeie wedstryd agter die oond beleef. Hy het Brandwag om die losskrums en losgemale besig gehou.
Sy samespel met die agtsteman, Jonan van der Berg, was ook baie goed. Van der Berg het met sy lopies ook telke male oor die voordeellyn gekom.
Die flank Hermi Potgieter het ook in die los gewoel.
Ellisras se o.14-span spog nog met ’n onoorwonne record vanjaar en het nie veel genade vir Leeuwenhof Akademie betoon nie deur gemaklik met 58-0 as oorwinnaars in die halfeindronde van die veld te stap. Hy sal in die eindstryd van die Beeldtrofee teen Merensky van Tzaneen te staan kom.
In die o.16-eindstryd sal Ellisras teen Schoonpruit van Klerksdorp om die titel sake uitspook. Ellisras het Leeuwenhof met 48-17 in die halfeindronde geklop, terwyl Schoonspruit ietwat harder moes werk om Brandwag van Benoni met 25-22 uit te skakel.
Ben Viljoen se o.15-span sal ook na Vryburg vir die eindstryd reis na hy vir Overvaal met 7-5 uitoorlê het. In die ander halfeindstryd het Piet Potgieter van Potgietersrus vir Leeuwenhof met 50-7 kaf gedraf.
Puntemakers:
Vryburg 44 (18) – Drieë: Francois Pelser (2), JW Lazenby, MC van Rensburg, Johan Pelser. Doelskoppe: Pelser (5). Strafdoele: Pelser (3). Brandwag (Benoni) 8 (3) – Drie: Sheldon Botha. Strafdoel: Martin Steyn.
Ben Viljoen 29 – Drieë: Phil Joubert (2), Jaco Blignaut, Braam de Beer, Armand Engelbrecht. Doelskoppe: Gideon Visser (2). Die Wilgers 21.
Ander spanne:
o.16: Ellisras 48, Leeuwenhof 17; Schoonspruit 25, Brandwag 22.
o.15: Ben Viljoen 7, Overvaal 5; Piet Potgieter 50, Leeuwenhof 7.
o.14: Merensky 15, Hoërskool Sasolburg 12; Ellisras 58, Leeuwenhof 0.
Vryburg 44 (18) – Drieë: Francois Pelser (2), JW Lazenby, MC van Rensburg, Johan Pelser. Doelskoppe: Pelser (5). Strafdoele: Pelser (3). Brandwag (Benoni) 8 3) – Drie:
Ben Viljoen 29 – Drieë: Phil Joubert (2), Jaco Blignaut, Braam de Beer, Armand Engelbrecht. Doelskoppe: Gideon Visser (2). Die Wilgers 21.
Ander spanne:
o.16: Ellisras 48, Leeuwenhof 17; Schoonspruit 25, Brandwag 22.
o.15: Ben Viljoen 7, Overvaal 5; Piet Potgieter 50, Leeuwenhof 7.
o.14: Merensky 15, Hoërskool Sasolburg 12; Ellisras 58, Leeuwenhof 0.
- Grey College favourites once again to be crowned Champion of Champions - 2025-09-19
- RUGBY | Grey College – 2025 - 2025-09-18
- Witwarm Wilgies sal Prieska se Gadeija moet hokslaan - 2025-08-30