SuperSport Schools Plus

Beker-reuse slaggereed vir herontmoeting op Berepark

By Franco Oberholzer , in Rugby | Featured Rugby | News , at 2025-05-08 Tags: , , , , , , ,

FOTO: Frans Lombard/Actionpix.

Die SDC Noodvaal Cup se Beker-afdeling skop Saterdag af met ‘n reusestryd tussen 2024 se kampioen en naaswenners, wat beloof om die toeskouers vir die volle 70 minute in hul stoele vasgepen te hou.

Volg al die aksie regstreeks op SuperSport Schools – (www.supersportschools.com)

Hoërskool Garsfontein en Hoërskool Waterkloof pak mekaar Saterdagmiddag vir die eerste keer sedert verlede jaar se eindstryd, toe die Garsies hul stempel as een van die die voorste spanne in dié kompetisie afgedruk het met ‘n uiteindelike oorwinning van 36-30, om vir die tweede agtereenvolgende jaar as die “Beker-Bere” gekroon te word.

Albei spanne was in aksie by die onlangse Absa Wildeklawer-toernooi, waar hulle, volgens die hoë standaarde wat deur die onderskeie afrigtingskorpse gestel word, gemengde welslae behaal het.

Die Bere het segeloos van Kimberley teruggekeer, maar moes welliswaar teen heelwat strawwer kompetisie, naamlik Grey-kollege en Oakdale Landbou, sake uitspook. Hul gelykopuitslag teen die Bulle van Riversdal sou nietemin bemoedigend vir Garsies gewees het.

Old School

Hulle het ook indrukwekkend vertoon teen Grey, met ‘n bereidwilligheid om aanskoulike hardlooprugby te speel. Dit behoort vir afrigters, Johan du Plessis en Sylvester Booysen, heelwat moed te gee met die oog op van vanjaar se titeljag in die Noordvaal-reeks.

Wildeklawer het egter sy tol geëis, met die Bere wat noodgedwonge drie veranderinge moes aanbring. Dit sluit in slot, Wihan Bezuidenhout, wat ‘n beduidende leemte laat en deur Derik Potgieter in die nr. 5-trui vervang word.

Die Klofies moes self in hul laaste wedstryd in Kimberley met ‘n gelykopuitslag van 17-17 teen Hoërskool Stellenberg tevrede wees, maar is ook stelselmatig besig om ritme te herwin. Dit is verál die kookwaterspel wat agsteman, Marko Kok, in Kimberley gelewer het wat verblydend sal wees vir die Blou Golf se ondersteuners.

Kaptein, Ronan Bastiaanse, is ook vinnig besig om sy voete op losskakel te vind, wat vir die Garsies ‘n bedreiging kan inhou en ‘n yslike tweestryd met die Bere se generaal, Joshua Gouws, behoort af te gee. Gouws se verspreiding skep heelwat geleenthede vir die gevaarmanne aan sy buitekant, soos regtervleuel, Junaide Stuart.

In Johanneburg is Helpmekaar Kollege reeds vroeg in ‘n maak-of-breek-stryd gewikkel met Hoërskool Noordheuwel. Die Helpies, met reeds twee wedstryde agter die rug, is steeds op soek na ‘n eerste sege in vanjaar se kompetisie, terwyl die Blues daarop uit sal wees om hul reeks met ‘n oorwinning af te skop. Noordheuwel word reeds as ‘n sterk aanspraakmaker op ‘n plek in die halfeindronde beskou.

Helpies moet egter nie gering geskat word nie. Hul vertonings by Wildeklawer sou beslis ‘n hele paar ander spanne regop laat sit het.

Die stryd tussen die twee agterste driehoeke kan straks die verskil tussen wen of verloor beteken. Onder leiding van die ervare Ty Ax (Helpies-kaptein), het vleuels, Xander van Niekerk en Francois Tonkin, na hoogste versnelling oorgeskakel, terwyl Nories se linkervleuel, Jayden Steyn, deurgaans beïndruk met sy kragtige lopies en oorvloed vaart.

Voorlangs word heelwat verwag van die ligbloues se haker, Clinton Agu, wat reeds fyn dopgehou word deur die SA Skole-keurders. Sy woeligheid in die vastelos kan vir die Helpies heelwat hoofbrekens besorg.

Die spanne: 

Garsfontein t. Waterkloof om 13:30 in Pretoria:

Garsfontein: 15 Junade Pasensie, 14 Junaide Stuart, 13 Xian Erasmus, 12 Keagan Knighton, 11 Drewyn Baron, 10 Joshua Gouws, 9 Derrick Kuhn, 8 Lourenz de Jager, 7 JP Meintjies, 6 JP Pieterse, 5 Derik Potgieter, 4 JJ Fourie, 3 Luan van den Berg, 2 Justin Blom, 1 Morné Coetzer.

Waterkloof: 15 Tiaan Posthumus, 14 Gustav Mienie, 13 Dandré Tustin, 12 Dylan Botha, 11 Jaiden Badenhorst, 10 Ronan Bastiaanse, 9 Zack Jordaan, 8 Marko Kok, 7 Dawid Prinsloo, 6 Divan Botha, 6 Dawid Prinsloo, 5 Heinrich Naudé, 4 Leander van der Westhuizen, 3 Jedri Swart, 2 Ruan Jacobs, 1 Alexander Elliot.

Helpmekaar Kollege t. Noordheuwel om 12:30 in Johannesburg: 

Helpmekaar Kollege: 15 Ty Ax, 14 Xander van Niekerk, 13 Clinton Cloete, 12 Ethan Lourens, 11 Francois Tonkin, 10 Wian Strom, 9 Shaye Lourens, 8 Llewelyn Vermaak, 7 Zaiden Krige, 6 Sydney Nicholson, 5 Eugene de Lange, 4 Diandro Botha, 3 Dylan Engelbrecht, 2 Keanan Combrink, 1 Liam Devenier.

Noordheuwel (moontlik): 15 Jade Rollison, 14 Aiden Bester, 13 Ethan Smith, 12 Tristan Helmund, 11 Jayden Steyn, 10 Jeandré Uithaler, 9 Gideon Diedericks, 8 Armand van Eck, 7 JB Blaunt, 6 Andrew Lambert, 5 Roehan Hoogendyk, 4 Kean Lourens, 3 Steph Botha, 2 Clinton Agu, 1 Ruben Botes.

Franco Oberholzer
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.