SuperSport Schools Plus

Oosies seëvier net-net in weerlig-stryd

By Franco Oberholzer , in Rugby | Featured Rugby | News , at 2025-04-24 Tags: , , , , ,

Oos-Moot vs Waterkloof
FOTO: Hoërskool Oos-Moot op Facebook/Winter Photography.

Weerlig en gure weer het vir die soveelste keer vanjaar die laaste sê in ‘n wedstryd op die Hoëveld gehad, maar nie voordat Hoërskool Oos-Moot by die agterdeur kon inglip nie.

Herleef al die aksie op SuperSport Schools – (www.supersportschools.com) 

Die span van Pretoria het in sy eerste wedstryd in die Plaat-afdeling van vanjaar se SDC Noordvaal Cup naelskraaps oor Hoër Tegniese Skool Middelburg in die Moot koning gekraai.

Die wedstryd is sowat sewe minute voor die eindfluitjie sou blaas, met die telling op 23-21 in die guns van die tuisspan, weens swaar weer gestaak. Die Rooi Bulle was ietwat ongelukkig aangesien die momentum dikwels deur die loop van die kragmeting geswaai het.

‘n Tweekuns aan drieë deur die Oosies se woelige skrumskakel, David Joubert, het ‘n beduidende rol in die sege gespeel, maar was dit ‘n oorstootdrie deur loskopstut, Divan du Preez, wat die momentum in sy span se guns geswaai het met die aanvang van rustyd, terwyl Joubert se tweede kort na die omdraaislag die Oosies se greep ietwat verstewig het.

Old School

Buiten die 10 punte wat die skrumskakel bygedra het, was sy diens agter die skrum ook uitstaande, wat vir losskakel, Dewron Aford, toegelaat het om te doen wat hy die beste doen, naamlik om sy agterlyn op die voorvoet te plaas.

Die Rooi Bulle het nietemin teruggeslaan met drieë deur Marinus Oberholzer (stut) en Kwanile Mkhize (vleuel) wat hulle in die tweede skof met 21-20 weer laat voorloop het.

Jeandré Venter, Oos-Moot se binnesenter en stelskopper, het egter ‘n geleentheid gekry om ‘n strafskop van vlak voor die pale koel en kalm oor te klits en sodoende die sege van twee punte te beklink.

Puntemakers: 

Oos- Moot 23 (15) – Drieë: David Joubert (2), Divan du Preez. Doelskop: Jeandré Venter. Strafdoel: Venter. HTS Middelburg 21 (11) – Drieë: Jacques Greyling, Kwanile Mkhize, Marinus Oberholzer. Strafdoele: Dirk du Plooy (2).

Ander spanne: 

o.16: Oos-Moot 15, HTS Middelburg 7.

o.15: Oos-Moot 17, HTS Middelburg 12.

o.14: HTS Middelburg 18, Oos-Moot 11.

Franco Oberholzer
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.