SuperSport Schools Plus

Gekweste Wit Bulle sal teen Grey wil wys dat hulle steeds kan storm

By Hannes Nienaber , in Featured | Main Rugby | Featured Rugby | News , at 2025-03-20 Tags: , , , , ,

FOTO: Marius Nortjé

Daar sal Vrydag presies vasgestel word in watter mate die Wit Bulle van die Hoërskool Monument in Krugersdorp van hul wonde van 2024 herstel het.

Die Wit Bulle kom om 18:10 op sy tuisveld, die Ras van Rooyen, teen die rugbyfabriek van Bloemfontein, Grey-kollege, te staan. Grey het verlede jaar in die Rosestad die Wit Bulle ‘n gevoelige loesing van 87-19 toegedien.

Dié grootste pak slae wat die span van Monnas nog op die lyf geloop het.

Volg al die regstreeks op SuperSport Schools (www.supersportschools.com) asook op DStv kanaal 216.

Vanjaar se wedstryd is boonop ook deel die King Price Derby Series.

Monument het intussen ‘n oud-Grey en voormalige Springbok-voorryman, Jannie du Plessis, nader gehark om die Wit Bulle weer tot stoetgehalte te brei.

Monnas het ook ‘n nuwe direkteur van rugby in Reinhard Gerber wat self op sy dag die Wit Bulle verteenwoordig het.

Du Plessis sal sonder twyfel Vrydag homself in ‘n moeilike posisie in sy eerste kragmeting teen sy alma-mater. Hy sou voor hy die Wit Bulle begin afrig het, nog nooit daaraan moes dink dat Grey ‘n wedstryd sal verloor nie, maar sal self die keer planne vir die span van die Rosestad se ondergang moes beraam.

Monnas het verlede week vir Welkom Gimnasium met 38-27 in Welkom die loef afgesteek. Dit was hul eerste kragmeting van die seisoen. Grey het ook vroeër vanjaar vir Welkom Gimnasium met 60-17 kaf gedraf.

Indien die Wit Bulle suksesvol wil wees sal hul Grey se senterpaar, Ethan Adams en Toriq Schambreel, moet hokslaan. Schambreel se ouer broer, Jody Schambreel, het in sy loopbaan ook vir die Wit Bulle verteenwoordig.

Die kragmeting is nog meer spesiaal oor die feit dat dit ook die jaarlikse MalCullum Marx-gedenkwedstryd is. Die Wit Bulle se eerste tuiswedstryd van ‘n seisoen staan sedert 1994 as die MalCullum Marx-gedenkwedstryd bekend. Monnas het nog net een keer in 1996 teen Waterkloof (15-24) die knie in dié kragmeting gebuig.

Die spanne is: 

Monument: 15 Caylum Schooney, 14 Ewan van der Walt, 13 Tasliem Guyan, 12 Xavier Nel, 11 Viandré van Loggenberg, 10 Jaydon Viljoen, 9 Evan Bernhardi, 8 Vincent Roberts (kaptain), 7 Janco Botes, 6 Siya Ncube, 5 Dean Hartman, 4 Janco Pretorius, 3 Tiaan Beneke, 2 Reghard Ernst, 1 Dexter Chiyangwa.

Grey-kollege: 15 Lamla Mgedezi, 14 Benjamin van den Berg, 13 Ethan Adams, 12 Toriq Schambreel, 11 Thristan Maree, 10 Jan-Hendrik van der Linden, 9 Sherwin Buys, 8 AJ Booysen, 7 Steven Muller, 6 Xander Smit, 5 Claude Steyn, 4 Alexi Tyropolis, 3 JG Badenhorst, 2 Tian Fourie, 1 David Hayidakis.

Skeidsregter: Christo Erasmus
Afskop: 18:10

Vorige kragmetings: 

nt_header_0nt_header_1nt_header_2nt_header_3nt_header_4
2024Grey College87Monument19
2023Grey College31Monument10
2022Grey College41Monument17
2018Grey College36Monument21
2015Monument17Grey College7
2014Grey College10Monument10
2013Grey College13Monument8
2012Grey College8Monument0
2011Grey College18Monument14
2010Grey College26Monument6
2008Grey College16Monument14
1997Grey College21Monument7
1996Monument13Grey College8
1995Grey College27Monument20
1994Monument36Grey College30
1993Monument34Grey College12
1992Monument11Grey College6
1991Monument16Grey College14
1988Grey College34Monument3
1985Grey College2Monument0
Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.