Zwarries, Klerksdorp haaks vir eerste keer vanjaar

Tradisionele aartsvyande, Hoërskool Zwartkop en Hoërskool Klerksdorp, sê mekaar Saterdag vir die eerste keer vanjaar die stryd aan.
Volg al die aksie regstreeks op SuperSport Schools – (www.supersportschools.com)
Benewens die NWU Prestige-reeks, waarin die twee spanne mekaar hierdie naweek in Centurion pak, sal hul later vanjaar ook weer swaarde kruis wanneer die SDC Noordvaal Cup se Plaat-afdeling afskop, met die moontlikheid van ‘n herontmoeting in dié reeks se uitspeelrondes.
Hoewel dit die Zwarries se eerste amptelike wedstryd is vir 2025, het hulle reeds litte los gemaak in ‘n vriendskaplike kragmeting met St Alban’s College, waarin die afrigtingspan kans gehad het om diepte te toets en laaste skaafwerk te doen voor die aanvang van die seisoen.
Daar heers taamlike opwinding oor Saterdag se tweestryd in die middeveld tussen Zwarries se Justin Julies en Winton Abrahams van Klerksdorp. Albei buitesenters beskik oor hope vaart en kan die kleinste van gapings uitbuit. Voorlangs kan die tuisspan se agsteman, Wihan Roux, sy hande volhê wanneer die gevaarlike Tiaan Koen aan die gang kom.
Potchefstroom Gimnasium kruis Saterdag, in sy derde wedstryd in agt dae, swaarde met met ‘n omgesukkelde Die Anker in Brakpan.
Die span van die Oos-Rand moet klaarkom sonder die dienste van agsteman en kaptein, Ruben Herbst, wat las ervaar van ‘n besering wat hy in die nederlaag van 24-26 teen Hoërskool Wesvalia opgedoen het. Hy word vervang deur Jaydon Steenkamp, terwyl Herbst se jonger broer, Markus Herbst, skuif van oopkant- na steelkantflank met Byron van Zyl wat in die nr 6-trui diens doen.
In Heidelberg is die tafel gedek vir ‘n liplekker-stryd wanneer Hoërskool Pietersburg by Heidelberg Volkskool besoek aflê. Die Pieties se afrigtingkorps het een taktiese skuif voorlangs gemaak, met Ludke Pienaar en FC Smith wat plekke ruil as slot en agsteman. Die Volkies stoot ‘n onveranderde span in die veld.
Bergsig Akademie is steeds soekende na ‘n eerste sege in dié reeks. Die span van Rustenburg verwelkom die gevaarlike Potchefstroom Volkskool in Rustenburg.
Die Potchefstromers het verlede week met 31-24 geseëvier in die stryd van die “Volkies”, oor Heidelberg Volkskool, en beïndruk met aanskoulike rugby. Dit is iets waartoe die Arende ook in staat is met fyn vaardighede en die gewilligheid om spasie aan te val.
Die spanne:
Zwartkop t. Hoërskool Klerksdorp om 13:40 in Centurion:
Zwartkop: 15 Shayden Botha, 14 Luan Isaacs, 13 Justin Julies, 12 David van Jaarsveld, 11 Zulu Mona, 10 Tilon Baron, 9 Luan Janse van Rensburg, 8 Wihan Roux, 7 Luan Wepener, 6 Brian Smith, 5 Jethro le Roux, 4 Franco van Tonder, 3 AJ Hendrick, 2 Reagan Blignaut, 1 Matthew Smith.
Klerksdorp (moontlik): 15 Dorian Isaacs, 14 Tyran Masango, 13 Winton Abrahams, 12 Marques Jantjies , 11 D-Jee Treunich, 10 Brendin Mathyse, 9 Jarred van Staden, 8 Tiaan Koen, 7 Marnus van der Merwe, 6 Karabelo Maseka, 5 SG de Klerk, 4 Abrie Esterhuizen, 3 Zander Nienaber, 2 Rionaldao Joubert, 1 De Wet le Roux.
Die Anker t. Potchefstroom Gimnasium om 11:20 in Brakpan:
Die Anker: 15 Paul Schutte, 14 Dullon le Roux, 13 Arno Krugel, 12 Edrick Pienaar, 11 Jonothan Jordaan, 10 Danie Smit, 9 Jean Blignaut, 8 Jaydon Steenkamp, 7 Markus Herbst, 6 Byron van Zyl, 5 Brendan van Lutterverld, 4 Gerhard Oosthuizen, 3 Xavier Momberg, 2 Rico Goosen, 1 Branden Sauerman
Potchefstroom Gimnasium: 15 Joshua Pretorius, 14 MJ Potgieter, 13 Jandré Oosthuizen, 12 Elrich Bosch, 11 Rebaone Moalosi, 10 Zandré Da Silva, 9 MJ Viljoen, 8 De Wet Grobler, 7 Rynel Rautenbach, 6 Reuel Potgieter, 5 AP Muller, 4 Dirk Stear, 3 Matt Redelinghuys, 2 Kobus Grobbelaar, 1 Juandré Barends.
Heidelberg Volkskool t. Hoërskool Pietersburg om 13:30 in Heidelberg:
Heidelberg Volkskool: 15 Theuns van der Merwe, 14 Jason Brits, 13 Jeandré Pretorius, 12 Tristan Munro, 11 JV Badella, 10 Marco Botha, 9 Hein Oelofse, 8 Jaco Botha, 7 Eduard Roets, 6 Klaas Venter, 5 Juan de Villiers, 4 Jano Dietrechsen, 3 Werner Grobler, 2 Henru Coetzer, 1 Dean Last.
Pietersburg: 15 Ryno Mienie, 14 Armandt Venter, 13 Basson Wolmarans, 12 Siya Manhlangu, 11 Keanu Potgieter, 10 Juan Randell, 9 Celliers van der Merwe, 8 Ludke Pienaar, 7 Juan Janse van Vuuren, 6 Andru de Beer, 5 FC Smith, 4 Brent Vorster, 3 Stephan Jansen van Rensburg, 2 Ziahn Lombaard, 1 Kyle Swanepoel.
Bergsig Akademie t. Potchefstroom Volkskool om 12:30 in Rustenburg:
Bergsig (moontlik): 15 Alzandro Dos Santos, 14 Keabetswe Daile, 13 Bradley Stonehous, 12 Dan Bogopane, 11 Heinrich Krugel, 10 Carlo de Jager, 9 Paulo Dos Santos, 8 Stephan Harmse, 7 Thatano Bagwase, 6 Christiaan de Abreu, 5 Martin Pieterse, 4 Jacques Viviers, 3 Dylan Smith, 2 Marnus Dercksen, 1 Thabang Machubene.
Potchefstroom Volkskool (moontlik): 15 Anro Nel, 14 Theunis Nel, 13 Hennie Pretorius, 12 River Samuals, 11 Juan Fourie, 10 Lorenzo Louw, 9 Juhan Geldenhuys, 8 Johannes Lombaard, 7 Marlu du Preez, 6 Wian Victor, 5 Stef Schoeman, 4 Joshua van der Westhuizen, 3 De Waal Coetzer, 2 Louis Fourie, 1 AB Brink