Liggies wil helder skyn in Alberton, Montana mik vir meer

Hoërskool Lichtenburg durf ‘n moeilike tog na Alberton aan hierdie naweek, maar is oorgehaal om dit die moeite werd te maak.
Volg al die aksie regstreeks op SuperSport Schools – (www.supersportschools.com)
Die Liggies moet sowat 238 kilometer reis om ‘n gekweste Hoërskool Marais Viljoen aan te durf. Die besoekers besef dat MV in sy agterplaas nie maklik sal wees om te tem nie.
Albei spanne het in hul onlangste wedstryde in die stof gebyt teen Hoërskool Montana, maar, hoewel aan die verkeerde kant van die uitslag, was daar steeds vroeë positiewes vir beide spanne.
Marais Viljoen het Woensdag in Pretoria uithalerrugby in die tweede helfte teen Montana opgedis, om binne ‘n oogwink 14 punte te swaai met aanskoulike, aanvallende rugby en ster-agsteman Rio Tshimbalanga aan die spits.
Tshimbalanga se tweestryd met Liggies se agsteman (moontlik), KG Legodi, behoort ‘n hoogtepunt hierdie naweek te wees. In teenstelling met Tshimbalanga, is Legodi meer ‘n baljagter en sy vernuf by die afbreekpunte kan ook hoofbrekens vir die span van Alberton besorg.
Hoërskool Montana is oorgehaal om sy segetog van twee agtereenvolgende oorwinnings na drie te rek. Die Monties kom teen ‘n gevaarlike Hoërskool Jeugland in Pretoria te staan.
Die Pretrorianers het in hul laaste twee kragmetings, teen onderskeidelik Hoërskool Lichtenburg (29-28) en Hoërskool Marais Viljoen (35-24), die botoon gevoer. Jeugland het belowend vertoon teen die span van Alberton, maar moes met 24-25 die aftog blaas. Indien hy teen die Monties die tempo kan volhou behoort dit weer ‘n rillerstryd af te gee.
Die stryd tussen die tuisspan se oopkantflank, Dieter Scheepers, en Jeugland se baljagter, Joseph Ngoma-Ngoma, behoort vir vuurwerke by die afbreekpunte te sorg.
Wesvalia, soos heelwat ander spanne, speel sy derde wedstryd in net agt dae, met Hoërskool Wagpos wat in Brits op hom wag.
Die span van Klerksdorp se gevaarlike agterlyn, gelei deur die flink diens van losskakel, Eduard Dreyer, is hoopvol om vir ‘n verandering met ‘n droë bal te kan aanval. Ontwrigtende reën en sopnat speeltoestande in die Noordwes het die span in bruinrooi sedert die aanvang van die seisoen gekortwiek.
Wagpos is nog segeloos en vasberade om vir een van die eerste opskuddings van die jaar te sorg.
Die spanne:
Marais Viljoen t. Hoërskool Lichtenburg om 12:20 in Alberton:
Marais Viljoen (moontlik): 15 Raynhardt Kruger, 14 Marco Kunz, 13 Juan van den Heever, 12 Jonno Morkol, 11 Kabelo Tlhoaele, 10 Claude do Couto, 9 Ethan Weideman, 8 Rio Tshimbalanga, 7 Tiaan van Huysteen, 6 Lloyd Shoko-Schenk, 5 Clayton Gagiano, 4 Steffan Basson, 3 Sifiso Shongwe, 2 Ondisa Njili, 1 Juan Cooper.
Lichtenburg (moontlik): 15 Xander Blom, 14 Tehan Potgieter 13 Ruan Kroëse, 12 Oratile Sekoto, 11 Kuzi Mupudzi, 10 Luan Snyman, 9 Rea Motsusi, 8 KG Legodi, 7 Tiaan Booysen, 6 MC Shanahan, 5 Elje Kleynhans, 4 George Bingudza, 3 Duan Kruger, 2 Juan van Rhyn, 1 Armandt Pienaar.
Montana t. Jeugland om 12:25 in Pretoria:
Montana: 15 Marq de Villiers, 14 Keagan van der Merwe, 13 Luan Barnard, 12 Hendrew Schoeman, 11 Sam Schoeman, 10 Rubel Bester, 9 Braam Schutte, 8 Ulrich van Biljon, 7 LJ Fourie, 6 Dieter Scheepers, 5 Kyle Bronkhorst, 4 Louan Erasmus, 3 Xandré le Roux, 2 Aiden Vorster, 1 Aiden van der Made.
Jeugland: 15 Kokets Maphopa, 14 Beya Nyathi, 13 Andrew Khoza, 12 Innocent Vilakazi, 11 Thando Ngomane, 10 King Agbanzo, 9 Zaydene Adams, 8 Jaden Kleyn, 8 Jaden Kleyn, 7 Alec Mohlala, 6 Joseph Ngoma-Ngoma, 5 Nivan Duvenhage, 4 Daniel Wawina, 3 Khumo Maimane, 2 Lesego Moitse, 1 Phenyo Nkoana.
Wagpos t. Wesvalia om 13:20 in Brits:
Wagpos: 15 AJ Nieman, 14 Franco Dippenaar, 13 Pieter Steenkamp, 12 Heinrich Wiehanh, 11 Arrie Joubert, 10 JG Olckens, 9 Myburg Henning, 8 Hendrik de Jager, 7 David van Breda, 6 Dian Coetzee, 5 Dilan Strauss, 4 Wian Botha, 3 Markus Schramm, 2 Adriaan Venter, 1 Armant Botha
Wesvalia (moontlik): 15 Fafa Calitz, 14 Stephan Pelser, 13 Jeandré Snyman, 12 Wian du Preez, 11 Martin Bierman, 10 Eduard Dreyer, 9 Barry Nieman, 8 Franco Dumond, 7 Tiaan de Kock, 6 Quewen Fourie, 5 Henré van der Walt, 4 Deacon Kath, 3 Charl du Preez, 2 Fanie Linde, 1 Ulrigh du Preez.