Wessies wil tuis Die Anker ‘lig’

Dit gee tradisioneel ‘n titaniese stryd af wanneer Hoërskool Wesvalia en Hoërskool Die Anker se paaie kruis, en hierdie naweek behoort geen uitsondering te wees nie.
Volg al die aksie regstreeks op SuperSport Schools – (www.supersportschools.com)
Dié twee spanne pak mekaar Saterdag op die Wessies se tuisveld in Klerksdorp.
Dit is boonop die span van Klerksdorp se eerste verskyning in vanjaar se NWU Prestige-reeks, terwyl Die Anker reeds verlede naweek ‘n wegholsege van 69-7 oor Hoërskool Wagpos behaal het in dié reeks.
Die Klerksdorpers, wat in hul eerste amptelike wedstryd van die jaar met 7-22 teen Hoërskool Witteberg in ‘n sopnat Klerksdorp vasgeval het, is vasberade om na die wenpad terug te keer. Een van hul doelwitte is om vanjaar as kampioen van die Prestige-reeks gekroon te word en, met dit in gedagte, het hoofafrigter, Willem van der Sandt, besluit op ‘n paar taktiese skuiwe.
Die blitsige Fafa Calitz skuif van binnesenter na heelagter, waar Wilson Letholi vir hom plek maak, terwyl Wian du Preez die nr. 12-trui oor die kop trek vir ‘n interessante tweestryd met Die Anker se gevaarlike Edrick Pienaar. Stephan Pelzer skuif op regtervleuel in, met Kea Bereng wat uitmis.
Die span van Brakpan betree die stryd onveranderd, wat beteken dat twee grootname, die tuispan se Franco Dumond en die besoekers se kaptein, Ruben Herbst, mekaar op agsteman die stryd aansê.
Potchefstroom Gimnasium se held in die SDC Noordvaal Cup se Bowl-eindstryd verlede jaar, Elrich Bosch, is weer op sy pos in die middeveld vir Gimmies se eerste wedstryd teen Hoërskool Wagpos, in Potchefstroom. Die Gimmies skop ‘n nuwe era af met hul nuutaangestelde rugbydirekteur en eerstespan-breier, Regardt Kleingeld, aan die stuur van sake.
Die span van Potchefstroom bestaan in totaal uit nege matrieks en ses Graad 11-spelers, wat ‘n opwindende mengsel van ondervinding en jong bloed bied.
Daar wag ook ‘n nuwe begin op Hoërskool Marais Viljoen wat sy reeks teen die onvoorspelbare Hoërskool Jeugland in Kempton Park afskop. Die span van Alberton het reeds ‘n kleedrepetisie teen Hoërskool Transvalia verlede naweek agter die rug, en, hoewel slegs ‘n oefenwedstryd, het Marais Viljoen vier pragdrieë ingeryg.
Agsteman en kaptein, Rio Tshimbalanga, is ‘n sleutelfiguur vir Marais Viljoen, terwyl die woelige oopkantflank, Lloyd Shoko-Shenck, ook die tuisspan kan laat les opsê by die afbreekpunte.
Die spanne:
Wesvalia t. Die Anker om 12:30 in Klerksdorp:
Wesvalia: 15 Fafa Calitz, 14 Stephan Pelser, 13 Jeandré Snyman, 12 Wian du Preez, 11 Martin Bierman, 10 Eduard Dreyer, 9 Barry Nieman, 8 Franco Dumond, 7 Tiaan de Kock, 6 Quewen Fourie, 5 JP Hattingh, 4 Deacon Kath, 3 Charl du Preez, 2 Fanie Linde, 1 Ulrigh du Preez.
Die Anker: 15 Paul Schutte, 14 Dullon le Roux, 13 Arno Krugel, 12 Edrick Pienaar, 11 Jonothan Jordaan, 10 Danie Smit, 9 Jean Blignaut, 8 Ruben Herbst, 7 Jaydon Steenkamp, 6 Markus Herbst, 5 Brenden van Luuterverld, 4 Gerhard Oosthuizen, 3 Xavier Momberg, 2 Rico Goosen, 1 Branden Sauerman
Potchefstroom Gimnasium t. Wagpos om 12:40 in Potchefstroom:
Potchefstroom Gimnasium: 15 Joshua Pretorius, 14 MJ Potgieter, 13 Jandré Oosthuizen, 12 Elrich Bosch, 11 Rebaone Moalosi, 10 Zandré Da Silva, 9 MJ Viljoen, 8 De Wet Grobler, 7 Rynel Rautenbach, 6 Reuel Potgieter, 5 AP Muller, 4 Dirk Stear, 3 Matt Redelinghuys, 2 Kobus Grobbelaar, 1 Juandré Barends.
Wagpos (moontlik): 15 AJ Nieman, 14 Franco Dippenaar, 13 Pieter Steenkamp, 12 Heinrich Wiehanh, 11 Arrie Joubert, 10 JG Olckens, 9 Myburg Henning, 8 Hendrik de Jager, 7 David van Breda, 6 Dian Coetzee, 5 Dilan Strauss, 4 Wian Botha, 3 Markus Schramm, 2 Adriaan Venter, 1 Armant Botha
Jeugland t. Marais Viljoen om 12:30 in Kempton Park:
Jeugland: 15 Kokets Maphopa, 14 Beya Nyathi, 13 Andrew Khoza, 12 Innocent Vilakazi, 11 Thando Ngomane, 10 King Agbanzo, 9 Zaydene Adams, 8 Jaden Kleyn, 8 Jaden Kleyn, 7 Alec Mohlala, 6 Joseph Ngoma-Ngoma, 5 Nivan Duvenhage, 4 Daniel Wawina, 3 Khumo Maimane, 2 Lesego Moitse, 1 Phenyo Nkoana.
Marais Viljoen: 15 Raynhardt Kruger, 14 Marco Kunz, 13 Juan van den Heever, 12 Jonno Morkol, 11 Kabelo Tlhoaele, 10 Claude do Couto, 9 Ethan Weideman, 8 Rio Tshimbalanga, 7 Tiaan van Huysteen, 6 Lloyd Shoko-Schenk, 5 Clayton Gagiano, 4 Steffan Basson, 3 Sifiso Shongwe, 2 Ondisa Njili, 1 Juan Cooper.