Fichie Leeus sal nie net tande wil wys teen Diamonds tydens jaarlikse sportdag

Die Leeus van die Hoërskool Fichardtpark se Leeus se tande sal reeds Saterdag met sy eerste jagtog baie skerp moet wees.
Die eersterugbyspan van die Fichies kom vanjaar in die hoofwedstryd van dié skool se jaarlikse sportdag teen die Hoërskool Diamantveld van Kimberley te staan. Vanjaar se 23ste Fichardtpark Sportdag word deur Standard Bank geborg.
Volg al die aksie regstreeks op SuperSport Schools (www.supersportschools.com).
Die twee spanne ontmoet mekaar ook later vanjaar in die Wesgrow-reeks. Dié ontmoeting sal op 24 Mei weer op die Fichies se hoofveld plaasvind.
Hoewel die Fichies se twee afrigters, Zandré Pienaar en André-Pierre Burger, nie te veel van hul kaarte reeds met die kragmeting op die tafel sal wil sit nie, sal hul steeds ‘n hele paar planne in plek hê om die Leeus van 2023 na te doen.
Fichardtpark se eerstespan het in 2023 se hoofwedstryd van hul sportdag vir ‘n reuse opskudding gesorg deur vir Diamantveld met 33-27 die loef af te steek.
Diamonds sal egter nie weer so maklik verras word nie. Die span vanuit die Diamantstad word vanjaar deur Philip Molnar en Bok Markram gebrei. Die span het wel ook die kennis van George Whitehead asook Oloff Bergh tot sy beskikking.
Die tweestryd in die middelveld tussen die tuisspan se Junior Titoti en Diamonds se Jonathan Harding beloof om een van die hoogtepunte van die kragmeting te wees.
Indien die Fichie Leeus se agttal sy sterte in die lug kry, kan die voorrymanne, Marko van der Westhuizen en Justin van Eyssen, baljaar in die vastelos.
In die eerste kragmeting van die dag sal die Hoërskool Bultfontein teen die Hoërskool Hopetown te staan kom. Die twee spanne sal nie veel vanmekaar af weet nie, maar kan met opwindende spel die dag aan die gang kry.
Die Bulties het in sy eerste kragmeting van die seisoen teen Wolmaranstad met 7-27 die onderspit gedelf. Bultfontein se skakelpaar, Lucraine Wyngaardt (skrumskakel) en Johan Erasmus (losskakel), sal sy sleutelspelers wees.
Die spanne is:
Fichardtpark Leeus vs Diamantveld om 16:10:
Fichardtpark: 15 Unati Ntuli, 14 Ze Mathese, 13 Divan Martens, 12 Junior Titoti, 11 Robert Popham, 10 Pule Motsilili, 9 JM Rensburg, 8 Lenro Kruger, 7 Janco Dorfling, 6 Josh Neson, 5 Dian Visagie, 4 Buko Mlali, 3 Marko van der Westhuizen, 2 Tjaart Botha, 1 Justin van Eyssen.
Diamantveld: 15 Clinton Brits, 14 JL Fortuin, 13 Jaco Beukes, 12 Jonathan Harding, 11 Driaan Jacobs, 10 Duran Makoni, 9 Ruben van der Linde, 8 Enrique Boshoff, 7 Jayden de Klerk, 6 Louis Fourie, 5 MG van Greuning, 4 Zuan Rautenbach, 3 Dian Ellis, 2 Jaydrian Jacobs, 1 Bernard Daniels.
Bultfontein vs Hopetown om 08:00:
Bultfontein: 15 Handro Conradie, 14 Cristo Mabitso, 13 Caden Storm. 12 Bradley Tesmore, 11 Antonio Pullen, 10 Johan Erasmus, 9 Lucraine Wyngaardt, 8 Thalefo Thobedi, 7 Abrie Oosthuizen, 6 Attie Becker, 5 Dian Smit, 4 JW Coetzee, 3 Zak Knoetze, 2 Johan Steenkamp (kaptein), 1 Christian Wolmarans.
Hopetown: 15 Kabelo Poni, 14 Gerrit Klok, 13 Gino Jood, 12 Charl Bosman, 11 Robin-Lee Eland, 10 Troidan Pienaar, 9 Faithden Jantjies, 8 Henré Wiid, 7 Gums Nhlapo, 6 Hennie Ntlama, 5 Rolando Prins, 4 Josef Maringa, 3 Maxwell Mhlokwa, 2 Jaco Barnard, 1 Eden Wiid.
- Grey College favourites once again to be crowned Champion of Champions - 2025-09-19
- RUGBY | Grey College – 2025 - 2025-09-18
- Witwarm Wilgies sal Prieska se Gadeija moet hokslaan - 2025-08-30