SuperSport Schools Plus

Hier is Fichardtpark se Standard Bank Sportdag se bepalings

By Hannes Nienaber , in Rugby | Featured Rugby | News , at 2025-02-24 Tags: , , , , , , , , , , , , ,

FOTO: Dirkie Groenewald

Die Hoërskool Fichardtpark se jaarlikse sportdag sal vanjaar weer soos gewoonlik uit sy nate uit bars.

Dit is die 24ste keer dat die Fichies dié spogdag aanbied. Vanjaar sal Standard Bank die titelborg wees.

Die sportdag word as een van die grootste indien nie dié grootste van sy soort in Suid-Afrika gereken. In totaal sal daar 65 rugbywedstryde hierdie Saterdag, 1 Maart 2025 op die sportdag plaasvind.

Fichardtpark se eersterugbyspan, die Leeus, sal in die hoofwedstryd van die dag teen die Hoërskool Diamantveld te staan kom. Die stryd beloof om ‘n interresante kragmeting te wees, met die Leeus wat hul tuisskare nie sal wil teleurstel nie, maar ook nie te veel van sy planne op die tafel sal wil plaas nie. Die twee spanne ontmoet mekaar later vanjaar weer tydens die Wesgrow-reeks.

In die vernaamste voorwedstryd kom Jim Fouché teen Duineveld van Upington te staan. JF het sy seisoen verlede week met ‘n nederlaag van 12-24 teen Welkom Gimnasium afgekop.

Die span van die Rosestad sal egter nie te ontevrede oor die uitslag wees nie. Die span se agttal het gewys dat hulle die pap dik kan aanmaak as hulle wil. Dit sal dus weer ‘n goeie toets vir hulle wees om teen die Velties arm te druk. Die span van Upington beskik gewoonlik oor gedugte ‘n agttal.

Die Hoërskool Sentraal kom ook weer voor ‘n groot toets te staan. Hy sal teen Marlow Landbou van Cradock sake uitspook. Die Tralies het verlede week met 0-36 teen Grey se tweede span, die Cherries, die knie gebuig, maar in die proses gewys dat vanjaar se groep nie een is wat sommer die stryd gewonne sal gee nie.

Die bepalings is: 

FICHARDTPARK A-VELD

16:10 – Fichardtpark vs Diamantveld
15:00 – Duineveld vs Jim Fouché
13:50 – Sentraal vs Marlow Landbou
12:40 – Louis Botha vs Hoërskool Upington
11:30 – Landboudal vs Welkom Gimnasium
10:20 – Noord-Kaap vs Aliwal-Noord
09:10 – Wilgerivier vs Kalahari
08:00 – Bultfontein vs Hopetown

FICHARDTPARK B-VELD 

16:00 – o.16 – Louis Botha vs Noord-Kaap
15:00 – o.16 – Voortrekker vs Landboudal
14:00 – o.19B – Diamantveld vs Welkom Gimnasium
13:00 – o.19B – Fichardtpark vs Duineveld
12:00 – o.19B – Sentraal vs Marlow Landbou
11:00 – o.19B – Wilgerivier vs Kalahari
10:00 – o.19B – Jim Fouché vs Hoërskool Upington
09:00 – o.16 – Diamantveld vs Welkom Gimnasium
08:00 – o.19B – Louis Botha vs Noord-Kaap

FICHARDTPARK C-VELD 

16:00 – o.15 – Diamantveld vs Welkom Gimnasium
15:00 – o.15 – Voortrekker vs Landboudal
14:00 – o.15 – Louis Botha vs Noord-Kaap
13:00 – o.15 – Jim Fouché vs Hoërskool Upington
12:00 – o.16 – Aliwal-Noord vs Kalahari
11:00 – o.16 – Sentraal vs Marlow Landbou
10:00 – o.16B – Voortrekker vs Hoërskool Kathu o.16A
09:00 – o.16 – Fichardtpark vs Duineveld
08:00 – o.16 – Jim Fouché vs Hoërskool Upington

FICHARDTPARK D-VELD 

16:00 – o.16D – Diamantveld vs Welkom Gimnasium
15:00 – o.14 – Sentraal vs Marlow Landbou
14:00 – o.14 – Louis Botha vs Noord-Kaap
13:00 – o.15 – Fichardtpark vs Duineveld
12:00 – o.15 – Sentraal vs Marlow Landbou
11:00 – o.14 – Fichardtpark vs Duineveld
10:00 – o.14 – Diamantveld vs Welkom Gimnasium
09:00 – o.14 – Jim Fouché vs Hoërskool Upington
08:00 – o.14 – Voortrekker vs Landboudal

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.