Wilgies nie maklik gestuit in Irawa-liga, maar Curro Kathu kan makietie bederf

Die Hoërskool Wilgerivier van Frankfort sal nie sommer sommer as kampioen van die Kovsiestreekkompetisie se Irawa-liga onttroon word.
Die Wilgies kom Saterdag teen Curro Kathu te staan. Die span van Frankfort het verlede jaar vir St Andrews van Bloemfontein met 71-17 in die eindstryd afgeslag.
Die streekeindstryd skop om 13:25 op Shimlapark in Bloemfontein af.
Volg al die aksie regstreeks op SuperSport Schools (www.supersportschools.com).
Curro Kathu is die kampioen van die Griekwaland-Wes se mediumskole-liga. Hy het vir Hoërskool Douglas in die eindstryd met 31-30 geklop.
Wilgerivier het sy plek in die uitspeelrondes as die Griffons se Platteland-kampioen betree. Hy het vir Hoërskool Ficksburg met 32-15 in dié eindstryd verslaan.
Curro Kathu het vir die einste Ficksburg in die halfeindronde van die Irawa-liga met 36-24 met die kous oor die kop huis toe gestuur. Die Irawa-liga eindstryd behoort dus weer een van die hoogtepunte van die dag se rugby op Shimlapark te wees.
Wilgerivier het in die ander halfeindstryd vir die Hoër Landbouskool Hendrik Potgieter van Reddersburg met 29-19 uitoorlê om sy plek in die streekeindstryd te bespreek.
Die spanne is:
Hoërskool Wilgerivier vs Curro Kathu op Shimlapark in Bloemfontein om 13:25:
Wilgerivier: 15 Marnus Swart, 14 Gerhardu Lourens, 13 Thlompo Motsapi, 12 Onkarabile Mokoena, 11 Pedri Graaff, 10 Wian Muller, 9 HG Muller, 8 Rohan de Beer, 7 Tshepo Nyause, 6 JD van den Berg, 5 Ewert Kleynhans, 4 Drihan Engelbrecht, 3 Hanno Wessels, 2 Louis de Villiers, 1 Juan de Klerk. Plaasvervangers: 16 Estiaan Roodt, 17 Jannie Havenga, 18 Tshwanelo Rametse, 19 PJ Nortje, 20 Bertus Venter, 21 Thato Tsotetsi, 22 Lihan Roets, 23 Bokang Motaung.
Curro Kathu: 15 Damian Matthys, 14 Xavior Leibrandt, 13 Julius Muzaza, 12 Luis Cassumba, 11 Carlo Cupido, 10 Leighton Hopshire, 9 Yibonge Mapi, 8 Unathi Raborife, 7 De-anzo Eilers, 6 Lindzay Peacock, 5 Boitshoko Tlhopile, 4 Motheo Motsitsi, 3 Itumeleng Lekgetho, 2 Liam Pretorius, 1 Ruan Burger. Plaasvervangers: 16 Ethan van Wyk, 17 Caramel Zweni, 18 Phontsho Modise, 19 Louis Jako, 20 Colin Swart, 21 Hlompo Rooibaadjie, 22 Mohau Shuping, 23 Stephan Ludik.
09:40 – o.15 – Hoërskool Kathu vs Wilgerivier
- Grey College favourites once again to be crowned Champion of Champions - 2025-09-19
- RUGBY | Grey College – 2025 - 2025-09-18
- Witwarm Wilgies sal Prieska se Gadeija moet hokslaan - 2025-08-30