Hugies, Hand wil terugkeer na die wenpad

Die Liggies kan hul hande vol hê wanneer Hoërskool Hugenote van Springs Saterdag in Lichtenburg kom besoek aflê.
Beleef al die aksie regstreeks op SuperSport Schools – (www.supersportschools.com)
Die Hugies se kookwaterflank en kaptein, Tyron Hand, en sy span sal weer op alle silinders wil vuur wanneer hulle hierdie naweek weg teen Hoërskool Lichtenburg te staan kom in die SDC Noordvaal Cup se Skild-afdeling.
Hand was een van slegs ‘n handjievol spelers van buite Hoërskool Dr. EG Jansen wat onlangs vir die Valke by vanjaar se Cravenweek verteenwoordig het.
Die span van Springs het kort voor die skoolvakansie hul eerste nederlaag van die reeks, asook die jaar, gely toe hulle met 7-36 die onderspit teen Hoërskool Wesvalia in Klerksdorp gedelf het. Hierdie naweek bied dus ‘n nuwe uitdaging en die Hugies is terdeë bewus daarvan dat hulle hard sal moet werk vir ‘n sege oor Lichtenburg.
Die besoekers het goeie nuus ontvang met hul staatmaker op regtervleuel, Ruan van Biljon, wat terugkeer tot die beginspan, terwyl Hand se regterhandman, Hendrik Eybers, die Akadmieweek ongedeerd deurgemaak het en ook sy posisie op agtsteman inneem.
Die Liggies se hoofbreier, Michael Bondesio, slaak op sy beurt ook ‘n sug van verligting aangesien sy span se verteenwoordigers by die onderskeie provinsiale weke, nes die Hugies s’n, ongedeerd teruggekeer het.
Slegs die binnesenter, Benre Pollard, bevind homself nog op die krukkelys en is vir ‘n onbekende tydperk buite aksie, met die bevoegde, Oratile Sekoto, wat hom vervang.
“Ons het herlaai en die fokus verskuif na die volgende drie wedstryde, aangesien dit ál drie tuis is. Ons hou by dit wat vir ons werk,” het Bondesio vandeesweek uitgelig.
In Heidelberg behoort die skote behoorlik te klap wanneer Heidelberg Volkskool vir Hoërskool Die Anker, van Brakpan, verwelkom. Albei spanne se fisieke spelpeil dui daarop dat daar ‘n klompie seer lywe teen die eindfluitjie sal wees.
Die Volkies se Cravenweek-losskakel, Kayle Venter, sal hoop dat sy voorspelers vroeg reeds die oorhand kan bewerkstellig, wat hom sal in staat stel om die vlugvoetige Kevin Oormeyer die nodige spasie te gun om die Die Anker se verdedigers te fnuik. Oormeyer draf Saterdag op regtervleuel uit, met Marco Botha op buitesenter.
Die Anker verwelkom nie minder nie as drie van sy beseerdes terug. Danie Smit keer terug in die nr. 10-trui, terwyl buitesenter, Sean Schoeman, en linkervleuel, Jonathan Jordaan, ook weer in aksie sal wees.
In Secunda wag ‘n opdraande stryd op die Buffels van Hoërskool Ben Vorster wanneer die Tzaneeners met die tuisspan, Hoërskool Secunda, swaarde kruis.
Die vername uitdaging sal wees om die tuisspan se middeveld aan bande te lê. Secunda se buitesenter, Ryan Erasmus, het ‘n uitstekende Cravenweek vir die onoorwonne Pumas beleef en was verál in ‘n verwoestende bui teen die Westelike Provinsie se XV-tal.
Hoërskool Jeugland durf die lang pad van Kempton Park aan om vir Hoërskool Pietersburg in Limpopo se hoofstad aan te durf. Dit behoort self ‘n fisieke stryd af te gee tussen die twee pakke voorspelers.
Die tuisspan se ervare buitesenter, Hanno van Zyl, sal wil voortbou op sy belowende spelpeil. Van Zyl was een van die uitblinkers vir die teleurstellende Limpopo Blou Bulle by die Cravenweek in Krugersdorp.
Die spanne:
Hoërskool Lichtenburg vs Hugenote van Springs om 13:20 in Lichtenburg
Hoërskool Lichtenburg: 15 Luan Snyman, 14 Lukie Benson, 13 Dundre Dempers, 12 Oratile Sekoto, 11 Rea Motsusi, 10 Albert Joubert, 8 Abrie Coetzee, 7 Tiaan Booysen, 6 Kgolagano Legodi, 5 John Kleynhans, 4 GJ Malan, 3 JJ Jonker, 2 Juan van Rhyn, 1 Donovan Rosato.
Hugenote (Springs): 15 George Lucas, 14 Ruan van Biljon, 13 Vian van Dyk, 12 Dylan Nel, 11 Musa Mahlangu, 10 Corne Pretorius, 9 Thanyani Mokiri, 8 Hendrik Eybers, 7 Tyron Hand, 6 Arne Marais, 5 Xavier Ungerer, 4 Anthony Smith, 3 Henre Oosthuizen, 2 Luan Pretorius, 1 Franko Neuhoff.
Heidelberg Volkskool t. Die Anker om 12:20 in Heidelberg
Heidelberg Volkskool: 15 Theuns van der Merwe, 14 Kevin Oormeyer, 13 Marco Botha, 12 Dean Last, 11 Tiaan Holloway, 10 Kayle Venter, 9 Hein Oelofse, 8 Joshua Munro, 7 Daniel Monro, 6 Pedrie Roets, 5 Christopher Makgongoane, 4 Fourie Jacobs, 3 Botshelo Motsepe, 2 Janco Coetzer, 1 Samukelo Mgwenya.
Die Anker: 15 Paul Schutte, 14 Xavier Erasmus, 13 Sean Schoeman, 12 Brandon Crous, 11 Jonathan Jordaan, 10 Danie Smit, 9 Troy Joubert, 8 Ruben Herbst, 7 Xander Fraser, 6 Duvan Booyens, 5 Brendan van Lutterveld, 4 Branden Sauerman, 3 Damian Boshoff, 2 Siya Shongwe, 1 Zander Nell.
Hoërskool Secunda t. Ben Vorster om 13:10 in Secunda
Hoërskool Secunda: 15 Damian de Beer, 14 Martin Pretorius, 13 Ryan Erasmus, 12 Bismarck Jansen, 11 Brink La Grange, 10 EJ Venter, 9 Jarno Haarhoff, 8 Bakkies Bezuidenhout, 7 Zander Scheepers, 6 Zander van der Merwe, 5 Renier Combrink, 4 Zac Loock, 3 Stefan Bezuidenhout, 2 Rico Schoeman, 1 Nathan Erasmus.
Ben Vorster (moontlik): 15 Caleb Mokgalaotse, 14 Migel Makhubipetsi, 13 Tihandre Reyneke, 12 Aza Mabe, 11 Damian Bye, 10 Pontsho Selowa, 9 Stiaan du Randt, 8 Ewald Kirstein, 7 Joshua van der Mescht, 6 Chifu Banda, 5 Ben Mashele, 4 Raluano Ramano, 3 Makondolele Musekene, 2 Christopher Janse van Vuuren, 1 Thabang Nkuna.
Hoërskool Pietersburg t. Hoërskool Jeugland in Pietersburg
Hoërskool Pietersburg (moontlik): 15 Celliers van der Merwe, 14 Lerish Duba, 13 Hanno van Zyl, 12 Siya Mahlangu, 11 Brydan Retief, 10 Vincent Luckhoff, 9 Divan Brown, 8 Hardus Otto, 7 Tiaan Vermeulen, 6 Keegan Baker, 5 Juan Jansen van Vuuren, 4 Etienne van Jaarsveldt, 3 Elardus Erasmus, 2 JP Moster, 1 Floris Venter.
Jeugland: 15 Thando Ngomane, 14 Lehlonolo Somo, 13 Sinenhlanhla Ndlovu, 12 Alec Mohlala, 11 Oregopotse Shilubane, 10 King Agbonzo, 9 Kenneth Morka, 8 Jaden Kleyn, 7 Joseph Ngomo-Ngomo, 6 Letlala Relebohile, 5 Shamma Nsenda, 4 Sharon Nsenda, 3 Khumo Maime, 2 Siyanda Mbanjwa, 1 Lesego Moitse.