Witbulle voor reuse-uitdaging in Rosestad

Die Witbulle van Hoërskool Monument is hierdie naweek in Bloemfontein om hul grootste uitdaging tot dusver vanjaar aan te pak wanneer hulle kragte meet met Grey-kollege.
Beleef die aksie regstreeks op SuperSport Schools – Registreer nou – Skakel na die wedstryd
Verlede jaar het Grey vir die Bulle in Krugersdorp met 31-10 mak gemaak, maar die Gautengers beleef ‘n stewige seisoen tot dusver en sal hul lippe aflek om die Bloemfonteiners op hul tuisveld te probeer skok.
Grey beskik nietemin self weer oor ‘n brekerspan vanjaar, met ‘n hele paar name wat week na week aandag trek met hul opwindende spel.
Heelagter, Heinz Stockenström, is een van die Grey-spelers om dop te hou hierdie naweek, asook die groot vleuel, Pretroius Ekeji, en hul vurige klein skrumskakel, Philip McLaren. Grey is egter sonder hul kragtige buitesenter, Ethan Adams, maar Thristan Maree bied eweveel gevaar in die middeveld.
Monnas het verlede naweek vir hul bure, Noordheuwel, met 36-33 verslaan en sal op daardie momentum wil voortbou in die Rosestad. In daardie kragmeting was dit die Bulle se vleuels, Kealan Milton en Ernesto Oersen, wat die gevaarlikste vertoon het, en die tuisspan sal moet waak daarteen om vir hulle enige spasie te gun.
Volgende maand sal heelparty van die spelers weer ontmoet op Monument se velde, wanneer hulle vir die onderskeie streekspanne by die jaarlikse Stadio Cravenweek verteenwoordig.
Grey-kollege t. Monument om 15:00
Grey-kollege: 15 Heinz Stockenström, 14 Pretorius Ekeji, 13 Thristan Maree, 12 Pieter van der Merwe, 11 Ruben Cilliers, 10 Alzeadon Felix, 9 Philip McLaren, 8 Liam Santos, 7 Juliun Cosmo, 6 Xander Smit, 5 AJ Meyer, 4 Marcel Coetzee, 3 Danie Kruger, 2 Liam van Wyk, 1 Dian Venter.
Monument: 15 Hanu Fourie, 14 Kealan Milton, 13 Jason Joubert, 12 Theuns du Plooy, 11 Ernesto Oersen, 10 Cruz La Moer, 9 Hanno du Toit, 8 Vincent Robberts, 7 RJ Barnard, 6 Jamaal Feldman, 5 Nathan Erasmus, 4 Jacques Botha, 3 Juandre Marais, 2 Keenan Myners, 1 Wikus Meyer.