SuperSport Schools Plus

Piketberg wil tuisveldvoordeel benut

By Willem Louw , in Rugby | Featured Rugby | News , at 2024-04-26 Tags: , ,

FOTO: FNB Classic Clashes

Die FNB Classic Clashes-kragmeting tussen Hoërskool Piketberg en Hoërskool Schoonspruit vind vanjaar op die “Sebras” se tuisveld plaas en kaptein, Redowan Boois, en sy makkers sal dié voordeel optimaal wil benut om die bordjies te verhang, nadat die Schoonies in 2023 met ‘n enkele punt (13-12) kon seëvier.

Boois voer die tuisspan aan in die afwesigheid van Jasper Smit. Hoewel Piketberg vir Smit sal mis, is die Sebras nietemin in goeie hande met Boois en die hoofseun en onderkaptein, Gabriel Loubscher, aan die stuur van sake.

Na verlede jaar se riller is die tafel gedek vir nog ‘n titaniese stryd wanneer die twee spanne mekaar Saterdag pak.

Beleef die aksie regstreeks op SuperSport Schools – Registreer nou Skakel na die wedstryd

Die tuisspan se losskakel, Reaquen Lesch, het verlede jaar hul enigste drie gedruk, wat grootliks bygedra het tot Piketberg se terugvegpoging in die twee spanne se vorige ontmoeting, en hy sal Saterdag weer ‘n beduidende rol hê om te speel.

Benewens Boois en Lesch, is flank, Xander Jordaan, en vleuel, AB George, die enigste ander spelers wat in verlede jaar se beginspan uitgedraf het, en Piketberg sal taamlik staatmaak op die viertal se ervaring om hierdie naweek die wa deur die drif te trek.

Op die reserwebank is daar egter nog heelwat ondervinding wat later in die stryd ‘n impak kan hê. MJ Visser, Janco Botha en Juan Smit het verlede jaar ook reeds vir die eerstespan gespeel en kan ‘n geleentheid kry om vir Schoonspruit hierdie naweek die stryd aan te sê.

Schoonspruit beskik oor ‘n groot gros spelers, verál in die pak, wat al oorwinning oor Piketberg gesmaak het.

Albei die stutte, Claywinn Jacobs en Nathan Fortuin, het verlede jaar reeds vir die Schoonies verteenwoordig, en só ook Mughammad van der Westhuizen (slot), Wiltino Engelbrecht (flank), Charlton van Schalkwyk (agsteman) en Irlo Liebenberg (losskakel). Rickhano Stuurman kan later, vanaf die bank, ook addisionele ervaring bied.

Die spanne:

Hoërskool Piketberg t. Hoërskool Schoonspruit om 13:00:

Hoërskool Piketberg: 15 Jorgan Strauss, 14 Dwight Esau, 13 Jabin Waanaar, 12 Redowan Boois, 11 Abe-John George, 10 Reaquen Lesch, 9 Ernwill Afrika, 8 Gabriel Loubser, 7 Niel Cooper, 6 Xander Jordaan, 5 Devon Faulkner, 4 Henre de Klerk, 3 Jordan Vilander, 2 Inobubele Xakeka, 1 Zuan Wessels.

Hoërskool Schoonspruit: 15 Aidyn Alexander, 14 Shawndre Diergaardt, 13 Jamian Janse, 12 Brent Julies, 11 Hezron Nel, 10 Irlo Liebenberg, 9 Jayden April, 8 Charlton van Schalkwyk, 7 Wiltino Engelbrecht, 6 Juliano Pietersen, 5 Mughammad van der Westhuizen, 4 Aidyn Pick, 3 Claywinn Jacobs, 2 Charlton Olifant, 1 Nathan Fortuin.

Die bepalings:

Veld A: 08:30 – Piketberg o. 13 A t. Schoonspruit o. 13 A; 09:30 – Piketberg o. 17 A t. Schoonspruit o. 17 A; 10:30 – Piketberg o. 15 A t. Schoonspruit o. 15 A; 11:30 – Piketberg o. 19 II t. Schoonspruit o. 19 II; 13:00 – Piketberg 1ste XV t. Schoonspruit 1ste XV.

Willem Louw
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.